Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -2 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -13 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago

Braai met 'n Weber

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê. 

Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.

'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.

Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.

Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai). 

Brackenfell

HennieBo

Mon, 09/09/2024 - 07:28

Geert - ek moet sê, dit lyk lekker, veral die video clip van die meer gaar sosaties wat jy aangestuur het en wat ek hoop om môre hier te kan plaas.

Ek heoop hy bederf julle met die eind produk. Ek het dit op FB gesien en waar daai gadgets besig was om te werk op die weber. Hierdie man weet van kosmaak. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 09/09/2024 - 09:04

Al nadeel van daai sosatie stokkies is,  is dat dit van stainless steel gemaak is en baie warm is om aan te vat as jy direk vanaf vuur wil eet

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 09/09/2024 - 10:36

Die ouman se kop haak seker maar vas vanoggend. Ek kry nie Geert se kort video clip van sy sosatie-rotisserie vanaf You Tube hier na die forum gelaai nie. Maar ek sal aanhou probeer.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 09/09/2024 - 11:25

Ek kry nie Geert se kort video clip van sy sosatie-rotisserie vanaf You Tube hier na die forum gelaai nie.

Vra vir Geert om dit te doen 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 09/09/2024 - 12:23

Vra vir Geert om dit te doen 

... nie op die forum gelaai nie. Toe het ek dit vanaf sy WhatsApp aan my gestuur na my e-pos sodat ek dit op my You Tube "rekening" kan laai (wat ek el gedoen het). Maar ek kry dit nie vanaf my You Tube "rekening" na die forum gelaai nie.

Ek kry aanmekaar hierdie boodskap: Could not find a video provider to handle the given URL.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/09/2024 - 14:30

Dalk wil dit nie werk nie omdat dit ‘n YouTube Short video is. Ek plaas die skakel na die video hier. Hopelik werk dit. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 09/09/2024 - 15:40

lyk yummy!!! Geert, indien jy dit oorweeg om van beroep te verander, ons kan vir jou 'n permanente pos aanbied. Die enigste vereiste is dat jy 366 dae van die jaar aan diens sal moet wees. Ek vermoed dit gaan 'n bietjie bots met al jou baie kampeerplannefrown

Wanneer Daan vanaand hierdie video sien glo ek dat dit die volgende item op sy aankope-lys gaan wees. Dankie vir die deel daarvan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 09/09/2024 - 16:00

Jy's beslis meer gekonfyt met sulke plasings as ek.  Ek het gewonder of dit nie te doen het met die feit dat dit 'n "short" video is nie, maar het nie geweet (en weet nog steeds nie) hoe om die "link" hiernatoe oor te dra nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 10/09/2024 - 08:06

... die verskriklike smaak het seker alles in die vleis ingetrek.🤪

0
Pretoria

Geert

Sun, 15/09/2024 - 08:35

Ja Hennie....daai braaimat werk fantasies vir burgers. Gebruik jy ook een?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 12:15

....werk net so goed om roosterkoek gaar te maak op 'n rooster. Die ou deegie loop nie so om die roosterdrade om te vervorm in 'n ou koekie deeg wat mens sukkel om af te haal of om te draai nie.

Ek sal my weerhou om nie vêrder met enige woordspeling rondom deegies, koekies en tertjies, voort te gaan nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus