Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 hour ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -13 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -14 hours ago

September 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So het September ook aangebreek. Gesels gerus saam, nuwe lede, ou lede en die wat lae profiel handhaaf. 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 08/09/2025 - 21:37

Die foto mag misleidend wees, maar hoe keer mens dat die reënwater opdam op daardie plat dak? 

Ja, Wildehont...dis die nadeel van die awning, hy dam water op. Ek het al paar maniere gekry om daai probleem hom te slaan. Die maklikste wat  vir my werk is om die een hoek paal te laat sak as dit reen

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/09/2025 - 14:41

Arniston is ‘n mooi plekkie. Geniet julle kuier daar. Gaan julle Waenhuiskrans toe?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 09/09/2025 - 21:06

Geniet die week daar in die mooi wêreld. 'n Paar meer foto's sal in orde wees, dankielaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 10/09/2025 - 14:15

Jy kan mos nou nie so geheimsinnig wees nie. Ek staar na die foto hierbo, weet wat ek sien, maar verstaan nie...... Vertel asb. bietjie meer.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 14/09/2025 - 08:31

Ek het oor die naweek youtube videos gekyk van die kampeer van hierdie plek. Dis langs die N3 naby Escourt. Dit lyk na pragtige natuur omgewing. Ek gaan hom op my lys sit as ons weer see toe ry.

Was iemand al daar?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 14/09/2025 - 18:02

Om te antwoord omtrent Lulu en Ou Grote. Die hawe lê nog heel paar van die " Chukies" die skuite is so genoem. Lulu is die Omie se bynaam. Hy is 76 jaar, en wragties een van die beste vir sy ouderdom wat ek nog gesien het. Hy het Ou Grote geërf by die blanke man vir wie hy die skipper was sy lewe deur. Goed voel storie. 

Hawe

Ons het waenhuiskrans toe gestap, tegtig ń pragtige en ongerepte strand. Die gety was nog effe hoog, maar kon die grot mooi sien.

Grot So effe van ń draai gery na Agulhas, en by " Die Mond" natuur reservaat aangedoen. Die kantoor het gesê dit is so 1,5km tot by die mond, wat maklik vir ons is om te stap. Dit was egter veel verder, ons het 1,5 uur heen en weer gestap, so ek glo dit is nader aan 3km tot daar en weer 3km terug. Maar weereens pragtige strandmeer om te sien. 

Meer

Ouma Vonnie naby die mond van die Heuningnesrivier. Pragtige natuurskoon op die wandelpad soontoe.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/09/2025 - 07:34

Ek het oor die naweek youtube videos gekyk van die kampeer van hierdie plek. Dis langs die N3 naby Escourt. Dit lyk na pragtige natuur omgewing. Ek gaan hom op my lys sit as ons weer see toe ry.

Was iemand al daar?

Die damwal is met n helling gebou wat oorleun na buite. Daar is n wandelpad onder teen die damwal....as jy daar stap staan jy tussen die damwal en water wat oorloop oor wal. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/09/2025 - 07:46

Daar is n wandelpad onder teen die damwal....as jy daar stap staan jy tussen die damwal en water wat oorloop oor wal. 

Dit klink na ‘n lekker ervaring. Ons sal seker eers weer na aftrede in daardie deel van die land uitkom.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/09/2025 - 09:34

Ons het waenhuiskrans toe gestap,

As ek reg onthou is dit ‘n entjie se loop deur die sand. Ons kon darem tot daar ry en net die laaste entjie af klouter . Dit was laag gety en ons het in die grot ingegaan. Wel, ek het vir Chris Jnr gevat. Kara was toe nog baie klein en het bo saam met Salomien gewag. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/09/2025 - 10:58

Gedink daar moet iets meer agter die foto skuil - selfs gewonder of Neef Herman die diepsee aangedurf het, maar sonder 'n bleek Neef met 'n vis in die prentjie kon die gedagte ook nie water hou nielaugh

Dankie, nou is dit opgeklaar - goeie storie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/09/2025 - 11:18

Ons was self ook nog nie daar nie maar ek het gaan loer en glo dit kan lekker wees om daar oor te staan.

Planne om weer Natal toe te gaan, Geert? Ek het 'n nuwe reënjas om te skenk vir wanneer julle onder die damwal gaan deurloop (spesiaal vir watervalle)laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/09/2025 - 17:36

Ja, beplanning is om Januarie weer te gaan. 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/09/2025 - 18:41

Mooi video van 'n baie mooi plek, Geert. Ek dink mens kan jouself vir 'n paar dae besig hou in daardie park. Hoop die dam loop oor wanneer julle beplan om soontoe te gaan - dit moet 'n belewenis wees om agter so 'n digte watergordyn te staan.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus