En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.
Wildehont !! Oumense lees…
Wildehont !! Oumense lees hier. Gedra jou.
Heerlike naweek gehad
Dit was n heerlike naweek by Bush n Buck. Ek is nou pootuit...ons het elke aand eers na 12 in die bed gekom
Kompetisie
Die kamp gereg kompetisie was n groot sukses. Was moeilik om wenners te kies tussen al die lekker disse en span gees.
Foto's hier onder was wenners gewees
Chris S....
....volpunte met omskrywing van klepel!!!!
onthou die verdraaide spreekwoord----leë blikke, of klokke, maak die meeste lawaai!!!!![]()
Duitse paartjie
Hierdie duitse paartjie het Donderdag kom kampeer. Hulle ry oral oor die Wêreld met hul fietse. Afgelope 1 en n half jaar het hul al meer as 15,000km afgelê. Hulle het laasweek by OR Tambo geland vanaf Mexico. Eers by Sandton oornag, toe na Hartebeespoort en Donderdag na Bush n Buck. Hulle sou eintlik Vrydag ba Manyane ry, maar na gesels en kuier het hul ook die naweek gebly. Ons het hulle toe gevra om die 3de en 4de beoordeelaar te wees. Van die disse het hul nog nooit geproe nie soos braaibroodjies, biltong pot, skilpaadjies....so was lekker om hul insette te hoor. Die meisie was mal oor die "sandwich with tomato and onion" (verwysend na braaibroodjies)...sy kon nie glo dat die smaak so besonders was nie. Verder het ons lekker saam met hul gekuier en al hul ervarings rn vertellinge geniet van oral oor die wêreld. Hul plan is om tot Nairobi te ry per fiets. Érens moet hul gebruik maak vir n gedeelte per bus....dink dis Zambië. Hulle plaas alles op n YouTube kanaal.
Lekker naweek
Dit lyk na ‘n heerlike naweek Geert. Die mense het omtrent kos gemaak!
So tipies Duitser die sokkies en sandale ![]()
Hulle sien darem vir baie kans. Ek hoop hulle kom veilig in Nairobi.
Daar moet.....
....makliker en veiliger alternatiewe wees, as per fiets deur Afrika.
Goeie hout...
....moet nou nie soos ek maak nie!!!! Gaan kamp man, julle het mos lekker weer, sonder die wit klippe daar.
Mighty men
Ek sien dat die manne bymekaar gaan kom die 1ste November, in Athlone stadion.
Ek hoop dat dit 'n geseënde byeenkoms sal wees, en 'n daadwerklike verandering op die Kaapse vlakte gaan hê.
Bush 'n Buck naweek
Geert, dit lyk of julle voorwaar 'n gesellige kuiernaweek gehad het. Die kampgeregte lyk heerlik en mense het ook moeite gedoen met die aanbieding daarvan.
Die Duitse toeriste - het jy 'n skakel tot hul YouTube kanaal? Dit sal nogals interessant wees om hulle te volg. As hulle van Brits af op pad was na Pilanesberg, is die plan waarskynlik om deur Botswana te ry (trap) na Zambië. Winter sou beter wees - dink net hoeveel drinkwater hulle moet saamkarwei in die vreeslike hitte. Miskien geniet hulle die Afrikason, wie weet...
Geert
Jy sal vir my hier moet help. Ek blaai vorentoe en agtertoe op die video's wat jy hierbo geplaas het, maar vind niks oor die twee Duitsers se toer nie. Gee bietjie rigting asb.
Dankie, sien jy het so pas die skakel geplaas. Sal my Duits 'n bietjie moet opknap - gelukkig is daar prentjies![]()





Klepel?
Is dit nie wat mens die hangende gedoente noem wat teen ‘n klok se kante klap wanneer die gelui word nie?