Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -12 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Oktober saamgesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 26/10/2025 - 17:10

Is dit nie wat mens die hangende gedoente noem wat teen ‘n klok se kante klap wanneer die gelui word nie?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 26/10/2025 - 18:03

Ons was paar wat reeds Donderdag deurgery het. Ons het toe Vrydag oggend vinnig iets gaan drink by die stasie restaurant en toe oorkant die pad by Kokoriba n onbyt gaan eet. Van julle sal die man met baard ken....dis Jin, Chuck Norris van die ander forum

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 26/10/2025 - 18:14

Die kamp gereg kompetisie was n groot sukses. Was moeilik om wenners te kies tussen al die lekker disse en span gees. 

Foto's hier onder was wenners gewees

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 26/10/2025 - 18:24

Hierdie span het biltong pot gemaak met BAAAAAIE gees

Ek sal later weer probeer foto's plaas...forum skop my heeltyd uit

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/10/2025 - 19:27

...onthou mens kan slegs 5 fotos per inset laai. Dalk is dit waarom forum protesteer en jou afskoplaugh

Sê tog net per foto na wat se geregte mens kyk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/10/2025 - 19:30

....volpunte met omskrywing van klepel!!!!

onthou die verdraaide spreekwoord----leë blikke, of klokke, maak die meeste lawaai!!!!devil

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 26/10/2025 - 22:26

Hierdie duitse paartjie het Donderdag kom kampeer. Hulle ry oral oor die Wêreld met hul fietse. Afgelope 1 en n half jaar het hul al meer as 15,000km afgelê. Hulle het laasweek by OR Tambo geland vanaf Mexico. Eers by Sandton oornag, toe na Hartebeespoort en Donderdag na Bush n Buck. Hulle sou eintlik Vrydag ba Manyane ry, maar na gesels en kuier het hul ook die naweek gebly. Ons het hulle toe gevra om die 3de en 4de beoordeelaar te wees. Van die disse het hul nog nooit geproe nie soos braaibroodjies, biltong pot, skilpaadjies....so was lekker om hul insette te hoor. Die meisie was mal oor die "sandwich with tomato and onion" (verwysend na braaibroodjies)...sy kon nie glo dat die smaak so besonders was nie. Verder het ons lekker saam met hul gekuier en al hul ervarings rn vertellinge geniet van oral oor die wêreld. Hul plan is om tot Nairobi te ry per fiets.  Érens moet hul gebruik maak vir n gedeelte per bus....dink dis Zambië. Hulle plaas alles op n YouTube kanaal.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 27/10/2025 - 07:53

Dit lyk na ‘n heerlike naweek Geert. Die mense het omtrent kos gemaak!

So tipies Duitser die sokkies en sandale laugh

Hulle sien darem vir baie kans. Ek hoop hulle kom veilig in Nairobi. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 27/10/2025 - 12:01

Baie dankie vir die fotos.

Ons het toe nie gaan kamp.

Maar ek wil n naweek wegbreek voor die lank staan in Onrus.

 

Mooi week.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/10/2025 - 13:26

....moet nou nie soos ek maak nie!!!! Gaan kamp man, julle het mos lekker weer, sonder die wit klippe daar.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/10/2025 - 13:35

Ek sien dat die manne bymekaar gaan kom die 1ste November, in Athlone stadion.

Ek hoop dat dit 'n geseënde byeenkoms sal wees, en 'n daadwerklike verandering op die Kaapse vlakte gaan hê. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/10/2025 - 19:57

Geert, dit lyk of julle voorwaar 'n gesellige kuiernaweek gehad het. Die kampgeregte lyk heerlik en mense het ook moeite gedoen met die aanbieding daarvan. 

Die Duitse toeriste - het jy 'n skakel tot hul YouTube kanaal? Dit sal nogals interessant wees om hulle te volg. As hulle van Brits af op pad was na Pilanesberg, is die plan waarskynlik om deur Botswana te ry (trap) na Zambië. Winter sou beter wees - dink net hoeveel drinkwater hulle moet saamkarwei in die vreeslike hitte. Miskien geniet hulle die Afrikason, wie weet...

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/10/2025 - 20:39

Jy sal vir my hier moet help. Ek blaai vorentoe en agtertoe op die video's wat jy hierbo geplaas het, maar vind niks oor die twee Duitsers se toer nie. Gee bietjie rigting asb.

Dankie, sien jy het so pas die skakel geplaas. Sal my Duits 'n bietjie moet opknap - gelukkig is daar prentjieslaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 28/10/2025 - 07:21

Ai Wessel, as dit so maklik is.  As mama se dit gaan reen dan bly almal by huis.

My tong hang al uit want ek wil die awning uit toets.  Maar nou ja.

Happy wife happy life.

Lekker week verder.

Kan nie wag vir die rugby toetse wat kom nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus