Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -8 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -10 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -15 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -16 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -17 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -18 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/11/2025 - 19:40

.... jy kan daai Sensasie sommer in Dinokeng omgewing gaan beproef. Soek net asb 'n oord waar jy nie die De Wagendrift grondpad hoef te sleep nie.

Ander opsie is Manyane in Pilansberg. Soheentoe sleep jy heelpad teerpad, spoedhobbels en al. 

Rondom Brits is natuurlik ook oulike plekke wat jy gerus kan besoek, Ek besoek dit nie, bloot ompad ek nie eie voertuig kan gebruik om wild te kyk nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 19/11/2025 - 09:50

Nou begin die belangrike goed soos versekering. Ons is tans by Outsurance waarmee ons baie gelukkig is maar dit beteken nie ek sal nie ook na 'n alternatief vir die Sensation kyk nie. Enige voorstelle? Carasure (Natsure)?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 11:23

vir alles--huisinhoud, Grompie en Kavango.

Lanklaas nodig gehad om te eis,  en toe geen probleme ervaar nie. Santam het sonder skroom twee Jettas in 1 maand uitbetaal.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 19/11/2025 - 13:07

Die geel sambreel wil nie 'n karavaan alleen verseker nie, slegs indien dit deel van 'n omvattende pakket is. Vanoggend ook met Natsure (tevore Carasure) gesels. Nie te sleg nie, hulle kwoteer my R431/maand allesomvattend vir die wa alleen wat insluit tent, movers, ander inhoud, lugreëling ensovoorts. Iets waaraan ek nie gedink het nie is dat meeste versekeraars, sou jou wa alleen by hulle verseker is, nie jou motor ook vervoer sou jy gestrand staan (dus twee versekerings wat afsonderlik die wa en voertuig moet hanteer). Natsure hanteer beide al is hulle by verskillende versekeraars. ook vra hulle geen bytaling vir ons gryskop burgers nie!

Outsurance kwoteer my R396/maand, 'n rapsie minder maar aangesien Oom GW al donkie jare by hulle is en dus 25% Outbonus tans elke jaar kry val dit effektief na R297/maand. Sal maar nog bietjie rond kyk maar dit beginne lyk of ek maar by die Groen en Pers mense moet bly!

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 19/11/2025 - 13:11

Nee Wessel, die handelaars is nie te lief daarvoor om ou waens in te ruil nie. Ek gaan maar 'n paar goed wat aandag nodig het uitsorteer en dan uit die hand verkoop. Sal WeBuyCaravans (Cars) vra vir 'n aanbod en dit van daar af verder neem, Ek weet die mense bied nie wonderlike pryse aan nie, maar minstens sal dit vir my 'n begin punt gee.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 19/11/2025 - 20:22

Moet së die We Buy Cars opsie is gladnie ń slegte opsie nie. Die artikel is weg, uit jou hande uit, en niemand wat na 6 maande bel en  vra hoekom die agterligte dan nou ophou werk het nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 21:09

Herman jy roer nou 'n belangrike punt aan. Volgens wet het die koper outomaties 'n 6 maande waarborg as hy by 'n handelaar gekoop het. Die koerante is deesdae nogal vol daarvan hoe handelaars voor stok gekry is, en die koper moet vergoed rakende foutiewe artikels.

Verval dit [6 maande verantwoordelikheid/waarborg] by 'n privaat transaksie waar die verkoper en koper kontraktueel ooreenkom dat die artikel "voetstoots" verkoop word??? Mens is wel verbind om enige defekte aan die koper uit te wys, en nie te verswyg nie.  

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 20/11/2025 - 05:44

Ek het my Toyota Corolla destyds aan Webuycars verkoop. Ek is in n mate spyt oordat die kar nog 100% was en aanbod heelwat laer was as verwag, maar die gemoedsrus was heerlik, veral met vandag se scammers wat daar buite rondloop. Die fondse was al in my rekening en ek moes Webuycars bel na 3 dae om te hoor wanneer hulle kar gaan kom oplaai. Jy het ook die gemoedsrus dat voertuig direk van jou naam af is. Maar ja....hierdie gerief kom met n prys. Deesdae moet jy op sosiale media groepe wees om te adverteer....soos op facebook is daar hordes karavaan verkoop groepe en dan is daar n spesiale Jurgens, Sprite en Gypsey verkoopsgroep wat baie suksesvol is. Vir n ekstra R40k of R50k, is dit miskien die klein bietjie moeite werd. Sterkte en geniet die nuwe spogwa

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/11/2025 - 08:26

Ek het nog al my tweedehandse rygoed uit die hand verkoop en almal vir billike pryse. Handelaars plak maklik R30K tot R70k by sonder om veel te bestee behalwe ‘n duisend rand se valet en politoer. 
 

Ek het ‘n verkoopkoopkontrak (wat ‘n wetlike vereiste is en beskerming vir beide partye bied) as iemand ‘n voorbeeld soek. Voetstoots is nie meer geldig nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/11/2025 - 08:28

Die verkoopkontrak (‘n afskrif) en die NCO vorm wat jy die koper moet laat teken gee jy by die registrasie owerheid in en dan word jy onthef van enige boetes of lisensiegelde.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 20/11/2025 - 09:48

Chris S, as jy vir my 'n afskrif van jou kontrak as voorbeeld kan stuur sal ek dit waardeer, my epos is:

jorglalk (at) gmail.com

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 20/11/2025 - 09:58

Hier is 'n opsomming van my versekering vergelykings

Santam: Stel nie belang nie tensy ek al my voertuie asook huis inhoud ook by hulle verseker

Discovery: Dieselfde as Santam

Natsure (die ou Carasure): R431/maand

Tuffstuff: Vreemde klomp, gistermiddag vir my 'n kwotasie te stuur (R579/maand) net om dit te "retract" 30 minute later. Vanoggend weer vir my 'n kwotasie gestuur wat meer is (R635/maand)

Outsurance by wie al my ander goed verseker is: R396/maand (maar as ek my 25% outbonus aftrek slegs R296/maand)

En die wenner is die mense in pers en groen! Ek weet die outbonus is nie 'n gegewe nie maar Outsurance bly steeds goedkoper, al is dit net 'n bietjie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 20/11/2025 - 10:11

Gistermiddag betaling gedoen en vanoggend kwitansie gekry dat ons nou niks  op die wa skuld nie, dis ons s'n! Tans is die wa in die werkswinkel vir 'n volledige diens (insl. nuwe wiel laers, nuwe bande, verwydering van die sleephaak agter aan die wa asook alles deurgaan en toets vir funksionering, lug reëling, movers, toilet, mikro golf, ligte en en en...). Hoop om oorhandiging te doen in die volgende week, ons is nie haastig nie, gee die werkswinkel mense eerder genoeg tyd om hulle werk te doen sonder enige druk van ons kant af. Ek het gister ook met Romeo Pretorius van AllOutdoors in Centurion gepraat oor die maak van 'n stoep wat met rits sluiter aan die wa se tent vaskom, hy het blykbaar 'n paar al vir Sensations gedoen maar dis 'n projekkie vir die nuwe jaar. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/11/2025 - 10:26

Chris S, as jy vir my 'n afskrif van jou kontrak as voorbeeld kan stuur sal ek dit waardeer, 

yes 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 20/11/2025 - 15:49

Het my woonwaens by Carasure virseker. Ons is ook by Oursurance met ander goed maar het besluit om nie alles by Outsurance te      virseker nie. As jy vir een ding eis verloor jy jou bonus. 

Het 'n eis vir die Classique by Carasure gedoen om die as te vervang. Alles goedgekeur maar het die as se vervoerkoste nie by kwotasie ingesluit nie. Hulle het die R900 vervoerkoste ook betaal sonder enige probleem. Baie goeie diens by hulle gekry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/11/2025 - 13:16

Grootwind, wanneer gaan haal jy nou die wa??? daai manne behoort mos darem nou al klaar met die werkies, remme stel en nuwe bande te wees.

Ek is nuuskierig oor hoe maklik jy dit deur die hek gekry het. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 26/11/2025 - 17:35

Lyk my jy het kontakte in hogere plekke Wessel. Pas die gelees toe bel die handelaar! Die Sensasie is op onse naam geregistreer, padwaardigheid gedoen, diens gedoen. Ook nuwe bande, nuwe battery, neuswiel met 'n nuwe vervang, klomp klein dinge soos 'n kraan wat problematies was uitgesorteer, een of ander deur handvatsel was nie te lekker nie, die is uitgesorteer asook die buite krag proppe vervang met nuwes. Nogal beindruk met die handelaar wat goed gedoen het wat ek nie opgelet het dat dit nodig is nie. Alles getoets en werk. Wanneer is dit die Sensasie en ons hek? Die goewerment is die Saterdag besig met iets en ook (moontlik) volgende Saterdag. So as alles goed gaan haal ons die wa of volgende Saterdag of die week daarna. Ons beplan die eerste toets kamp (in atoom taal, 'n "koue toets"!) erens in Februarie vir 'n week of so sommer by Klein Kariba, dis net iets soos 'n uur en 'n half weg van die huis af...daarna sal ons sien. (Ons was baie lank laas daar so enige wenke van die oord sal welkom wees). Scotties is reeds geboek vir volgende jaar vanaf middel Junie tot einde Julie, 'n hele 6 weke. Dink Scotties sal die "atoom warm toets" wees, moet net seker maak dat ek nie by die Reguleerder vir 'n liksens om "brandstof te laai" aansoek moet doen nie. Daarna is die Sensasie sekerlik behoorlik gelisensieer om die atoom kritieke fase te bereik!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus