Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 13/12/2017 - 09:56

Goeie môre almal !

Deon / Freda, verskoon my onkunde  :

  • Die 30% reënstorie : Freda (en ek) het gedink as PE  'n 30% reënkans het, het PE 'n 70% kans om nie reën te kry nie
  • Volgens Deon se verduideliking het 30% van die PE area 'n kans op reën en 70% van die PE area het nie 'n kans op reën nie

Daar waar Freda nou in PE sit, wat is haar kans om vandag nat te reën ?  Is dit nie maar ook 30% nie want hoe weet Freda watter area in PE word op voorspel ?

Oudword is nie vir sissies nie, help tog asb om beter te verstaan.

0
Meyerton

Segekok

Wed, 13/12/2017 - 10:27

In reply to by Len Loader

Len dit is maar soos ek probeer verduidelik het.  Die hoof rede is dat niemand dan kan sê die SA weerdienste is verkeerd nie laugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 13/12/2017 - 11:29

Gisteraand se weer op TV het 'n smal blou strook gewys wat gestrek het vanaf die Kaap, verby PE en die Wildekus tot die onderste (suide) van Natal.   Op die hele strook het gestaan 30%.  M.a.w. ek het altyd aanvaar die hele strook het 'n 30% kans vir reën.  Ek verstaan nou volgens Segekok, dat net 'n 30% gedeelte van daardie hele strook beslis reën gaan kry en die ander 70% nie.  PE val dus onder die 70% wat nie reën kry nie.    

So voorspelling is dus niksbeduidend.  Ek stel hoofsaaklik belang om te hoor wat PE gaan kry.

0
Meyerton

Segekok

Wed, 13/12/2017 - 12:15

Freda dit is soos jy sê  die weer VOORSPELLING....   nie weer DEFINITIEF nie  laugh

En ja soos jy dit verstaan van die 30 % van die gebied gaan reen kry is reg.  Maar daar is geen hoeveelhede aan gedui nie.

 

0
Durban

dassie

Wed, 13/12/2017 - 12:22

In reply to by Len Loader

Len en Freda ek vat maar ou Haas Das se weervoospelling .Waar dit nie reen nie sal dit droog wees en waar die wind nie waai nie sal dit stil wees laugh

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 13/12/2017 - 12:47

Vanoggend vir Anton, Voortrekker, in lewende lywe ontmoed, baie aangename persoon.

Net jammer my vrou het hom stom gepraat?. Ons kon nie eers bietjie skinder nie.

Dankie vir die inloer Anton, dit was regtig goed om jou te ontmoed.

0

Johann L dit lyk vir my die baas kom nou persoonlik by sy kliente om ,om te sien dat alles goed gaan .Eers was dit Warren toe Segekok en nou jy jammer ek woon so ver van die Aartappel Driehoek  .

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 13/12/2017 - 14:57

Dankie vir die inloer Anton

Dankie Johan dit was lekker gewees!    Jy het my nou voorgespring, ek wou nog 'n draad skep van die man wat daar langs die vaalrivier woon.

Dadie, ek het al by Len en Wilsur ook ingeloer.wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus