Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
Anton het jy die foto geneem…
Anton het jy die foto geneem van die ongeluk ?
Ja, na die tyd net voor ek gery het.
Ek sien die selfde foto…
Ek sien die selfde foto pronk op TWITTER ook.. Dit is hoekom ek gevra het. Het jy dit geplaas op twitter
Ek het die foto net hier…
Ek het die foto net hier geplaas, maar die ER24 persoon het ook 'n foto geneem.
Het met hulp van 3 ander mans die voertuig omgerol en die deur oopgebreek om die vrou uit te haal.
ons kan nog lekker leef…
ons kan nog lekker leef solank ons net nie langer as Maart 2018 leef nie?
solank julle dit nog maak tot met ons saamtrek ![]()
Goeie dag almal, mag julle …
Goeie dag almal, mag julle 'n lekker week geniet.
Arrie, dit is goed om weer van jou te hoor, julle moet lekker kuier! Jy moet maar praat as ons na Maart moet help, ek sal jou nuwe tent koop.?
Anton, dit is tragies om so iets te sien, hoop die vrou is okay?
Goeie môre aan almal. Mag…
Goeie môre aan almal. Mag die dag vol vreugde vir almal wees.
Goeie more Deon!…
Goeie more Deon!
Ek het so bietjie later lewe gekry vanoggend. Die verkeer is baie stil oppad werk toe van Centurion tot Kyalami.
Ek sien vanoggend 6am was dit al 21 grade buite. Gistermiddag 4pm was dit nog 34 grade. Ek dink vandag gaan dit ook weer lekker warm word.
Lekker dag vir almal! ![]()
Goeiemore
More almal. Ek hoop jul gaan 'n heerlike dag hê. Ons bewolkte lug is vanoggend vervang met 'n blou een en die son skyn helder. Dit het toe gladnie hier by ons huis gereën oor die twee dae nie, maar wel darem in ander dele van die Baai.
Johann, daai tweetjies gaan nie tot Vrydag so rustig slaap nie.
As hulle daar wakker word, gaan Oupa moet spring! Hulle lyk te pragtig, geniet hulle daar in die huis.
Johann jy moet die "babies"…
Johann jy moet die "babies" geniet
- hulle is te kosbaar![]()
Hello Freda ![]()
Laat maar hy loop
More almal koffie loop soos stroop lekke dag vir almal Johann geniet jou kleinkinders hulle is n blessing
Goeie more,…
Goeie more,
Onweer vandag by Centurion sowel as in Kempton. Sit in kantoor en tee drink.
Lekker dag vir elkeen
Môre Dusty en al die ander…
Môre Dusty en al die ander wat nog gaan kom inloer.
Lekker dag vir almal.
Môre môre alke kamp…
Môre môre alke kamp-skerminkels
Julle moet 'n lekker dag hé!
More almal, en die wat nie…
More almal, en die wat nie hier lees nie, vir julle ook more sê, dankie tee was sommer lekker vanoggend.
Dankie julle, die kleingoedjies is 'n seëning van Bo.
More al die mense
Ek hoop julle dag gaan gelukkig en vreedsaamlik en eerbaarlik wees.
Die tuinman is vandag hier om alles netjies te maak om die huis voor Xmas. Die nennie (dis nou ek!) gaan wasgoed doen.
Wat julle ookal gaan doen, geniet dit.





Anton het jy die foto geneem…
Anton het jy die foto geneem van die ongeluk ?