Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -2 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Lennox Head, NSW

Pierre

Mon, 18/12/2017 - 11:41

Heerlike sagte reën! Ons het 26mm gemeet oor die laaste 2 dae.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2017 - 11:48

Ek het die foto net hier geplaas, maar die ER24  persoon het ook 'n foto geneem.

Het met hulp van 3 ander mans die voertuig omgerol en die deur oopgebreek om die vrou uit te haal.  

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 18/12/2017 - 14:52

Goeie dag almal, mag julle 'n lekker week geniet.

Arrie, dit is goed om weer van jou te hoor, julle moet lekker kuier! Jy moet maar praat as ons na Maart moet help, ek sal jou nuwe tent koop.?

Anton, dit is tragies om so iets te sien,  hoop die vrou is okay?

 

 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 19/12/2017 - 07:05

Goeie more Deon!

Ek het so bietjie later lewe gekry vanoggend. Die verkeer is baie stil oppad werk toe van Centurion tot Kyalami. 

Ek sien vanoggend 6am was dit al 21 grade buite. Gistermiddag 4pm was dit nog 34 grade. Ek dink vandag gaan dit ook weer lekker warm word. 

Lekker dag  vir almal! smiley

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 19/12/2017 - 07:23

More sê  Deon en Anton, en almal van die forum.

Mag julle 'n vreugdevolle dag geniet, ek baby sit van vandag af tot Vrydag, my dogter werk bystand speuder en skoonseun is op skof in die SAPD.

Ek heg gou hier twee fotos van die knapies hier aan?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/12/2017 - 07:28

More almal.  Ek hoop jul gaan 'n heerlike dag hê.   Ons bewolkte lug is vanoggend vervang met 'n blou een en die son skyn helder.  Dit het toe gladnie hier by ons huis gereën oor die twee dae nie, maar wel darem in ander dele van die Baai.

Johann, daai tweetjies gaan nie tot Vrydag so rustig slaap nie.laugh   As hulle daar wakker word, gaan Oupa moet spring!   Hulle lyk te pragtig, geniet hulle daar in die huis.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 19/12/2017 - 09:31

More almal koffie loop soos stroop lekke dag vir almal Johann geniet jou kleinkinders hulle is n blessing

0
Centurion

Dusty

Wed, 20/12/2017 - 05:27

Goeie more,

Onweer vandag by Centurion sowel as in Kempton. Sit in kantoor en tee drink.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 20/12/2017 - 06:57

More almal, en die wat nie hier lees nie, vir julle ook more sê, dankie tee was sommer lekker vanoggend.

Dankie julle, die kleingoedjies is 'n seëning van Bo.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 20/12/2017 - 08:38

Ek hoop julle dag gaan gelukkig en vreedsaamlik en eerbaarlik wees.

Die tuinman is vandag hier om alles netjies te maak om die huis voor Xmas.  Die nennie (dis nou ek!) gaan wasgoed doen.

Wat julle ookal gaan doen, geniet dit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus