Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -47 minutes ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -1 hour ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -1 hour ago
Hierdie is natuurlik 'n Toep… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/07/2026 - 20:56

...............baie dankie vir die inligting en jou aanbeveling.  In my geval sal dit dus die tonnel-pad wees oppad Malelane-hek toe.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 21:07

ek vertrou maar dat dit tans die beste aanbeveling is en is bly dat jy dit raakgelees het aangesien julle toer ook binnekort afskop.

0
Pretoria

Geert

Fri, 10/07/2026 - 21:32

Dankie Rona.....waardeer. Ons gaan ook maar tonnelpad neem, alhoewel ons baie lief is vir Schoemanskloof. My broer het Woensdag terug gekom vanaf Skukuza....hulle het voor 10 gery en was eers 6nm in Pretoria agv baie padwerke. Ook baie ophou gehad by Hazyview, Bosbokrand....maar daai pad ry ons nie meer nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 22:11

Ek het gedink dit kan moontlik help in jou besluit oor die vorige aand se oorslaap bestemming.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 21/07/2026 - 13:10

Ek sit en tob oor hierdie berig sedert gisteraand en weet nie waar om meer inligting te kry tov. datums en tye van skietwerk (blasting) nie (N4 Trac??). Indien iemand kan help sal dit miskien goed wees. Met Len in gedagte wat op die 6e Augustus daardie roete aanpak is dit dalk nodig om meer inligting te hê. Hoe lank die sluiting duur weet ek ook nie, maar as tyd fyn gesny word kan hulle moontlik die eerste aand in B&D skoon misloop.

N4

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/07/2026 - 13:47

...sekerlik behoort SANRAL meer info te hê. 

Gelukkig sien ek in afrikaans die woorde "die Poort". anders het mens geen idee waar dit gaan plaasvind nie, volgens beskrywing in geel. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 21/07/2026 - 22:05

Verder gaan soek, en dit is wat ek kry:

"Live updates: track daily operations on TRAC N4 Toll Route Facebook Page"

Self nie op FB nie, en moet ook dieselfde roete ry tot uiteindelik by Malelane kamp. Met nog ander stoppe ook, dink ek mens moet genoeg tyd toelaat - die ongeveer 60km gaan nie net 'n uur neem nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/08/2026 - 13:35

As mens braaf is, kan die volgende ook werk;

KarooNP tot by Bloemfontein [Reynecke park] ----539km

Bloemfontein na klein Kariba-------------------------560km.   

Dit is effe langer op die pad, maar net vir oorslaap,  maak dit nie saak nie. Dis elkgeval net stop, dak optel, kosmaak en slaap.

Rustiger opsie is egter ;

KarroNP na Gariep----363km

Gariep na Kroonstad---398km

Kroonstad na Klein Kariba---360km.

Ekskuus Chris, ek hou van roetes bedink en beplan, elke ou maak mos soos dit hom pas. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/08/2026 - 14:09

... ek sal maar volstaan met die laaste opsie wat jy noem. Ek dink daaraan om dalk Onze Rust in Colesberg te gebruik i.p.v. Gariep. Ek ken laasgenoemde baie goed - en die privaat-ablusie reg voor jou karavaan is 'n absolute bonus. Maar ek ken mense wat elke jaar ook gaan lank kamp by Eiland - komende van Bellville. Volgens hom oornag hulle al vir baie jare by Onze Rust. Dalk net vir 'n verandering dit probeer. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/08/2026 - 16:05

Ek het nou bietjie gegoogle oor hierdie plek. Kry nerens fotos nie, maar daar is wel goeie terugvoering van publiek oor hoofsaaklik die chalets op Booking.com...8,6/10 gemiddeld van 102 resensies. Voordeel is dat dit maar 900m vanaf Wimpy/ Engen garage op N1 is, so is nie ver vanaf mens se roete nie....so kan die oggend sommer lekker vroeg afskop met n Wimpy brekkie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/08/2026 - 17:18

Ons het eenkeer, toe ons in 'n Lekkeslaap-plek oorgebly het, gou-gou by Onze Rust gaan inloer. Nie sleg gelyk nie. Die "ratings" op CPC lyk heel goed.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 12/08/2026 - 21:15

As dit die dorp in Colesberg is staan heel aand en nag wag bu jou wa.  My hele gadgets van ekstra krag kabels en oranje drom het daar voete gekry... Dit was so R 2 000 skade.  30 meter krag kabel,,

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/08/2026 - 13:46

...het ons meestal koud getref, en meestal alleen. Ten minste weet mens wat om te verwag. Ons het nog elke keer warmwater gehad, en ek het nog nooit onveilig daar gevoel nie. 

Ek oorweeg dit om volgende jaar oppad na Mokala, eerder by Bloemfontein [Reynecke park] oor te slaap. Dis net so 480km van Brits af. Vandaar na Mokala is dan net so 250km, kom dan heelwat vroeër daar aan.

Terug huistoe is dit beter om by Aldam oor te slaap. Lekker kort [375km] en dan tref ek JHB verkeer op stiller tyd.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/09/2026 - 19:29

Ek sien nou op die nuus dat swaar/lang trokke nou 'n oorlas is in Swartbergpas. Die trokke soek 'n alternatiewe roete omdat Meiringspoort toe is.

Nou wonder ek, kan van daai verveelde niksdoen verkeerspersoneel nie maar rustig in koelte voor die pas, aan weerskante, gaan sit en die trokke wegwys nie.  

Dis mos nou 'n luilekker takie. 

NS: Herman, jy moet dalk aanbied dat Pointer aan jou kant, kan diens doen, met selfoon om versterkings in te roep. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 06/09/2026 - 20:07

Aan die Oudtshoorn kant is daar beheerpunt wat trokke en wat nie mag nie laat omdraai. Weet nie van die Prins Albert kant nie, maar ek glo dit is in plek omrede die pas baie bedrywig is en nie onlangs gesluit was nie die afgelope paar weke nie.

Ek glo stellig die artikel waarna jy verwys Wessel is na die wat glo hulle die onmoontlike kan trotseer.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 04/10/2026 - 12:03

Kyk gerus na video in vandag se Rapport oor die ophoping van trokke by Lebombo grenspos. Lees ook die artikel.

Op 'n slegte dag dam die trokke op tot selfs Malelane dorp. ek wil beslis nie in daardie trokverkeer en roekelose trokdrywers wees nie.Sommige van hulle het geen ontsag vir mede padgebruikers nie. 

Bruikbare toegangsroetes Kruger toe word al hoe minder weens trokke, misdaad, zama-zamas, vrot paaie en betogings.  

0
Pretoria

Geert

Sun, 04/10/2026 - 13:18

Trokke maak reis onplesierig. Die N4 wildtuin toe en N3 af see toe is vir my heerlike roetes om te ry, maar die hoeveelheid trokke maak dit uiters onplesierig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/10/2026 - 13:32

Ek lees in Maroela/Netwerk24 media dat Meiringspoort gedeeltelik vir verkeer oopgestel kan word teen Desember '26. Dit sal seker met ry/stoppe en hier en daar grond ompaaie wees, maar die verkeer gaan vloei.

Afgesien van die' groot herstelwerk, maak die administrasie ook goeie vordering met etlike ander roetes, soos die 7 passe. 

Dit wys mos wat gedoen kan word, met goeie bestuur aan bewind. Ek lig my laphoedjie vir Wes Kaap administrasie!!! 

Ek begin sommer opnuut uitsien na my toer na Baviaans en Tuinroete volgende jaar.

0
Pretoria

Geert

Fri, 16/10/2026 - 14:37

Dit wys mos wat gedoen kan word, met goeie bestuur aan bewind. Ek lig my laphoedjie vir Wes Kaap administrasie!!

Ja...dis groot skade. Ek dink nie ek sal omgee om Stop-Go daar te doen nie....meer tyd om die mooiegheid te geniet en waardeer.

Lyk nie soos manne met rooi overalls en groot neusgate nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus