6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/02/2025 - 08:14

'n Vriend het Saterdag uit Kruger teruggekom. Hy is soheentoe en terug met die R81, wat deur Munnik, Mooketsi en Duiwelskloof loop. 

Volgens hom is dit 'n platter pad as Mogoebaskloof en George's valley om te sleep. Ek het op google maps gaan loer na die roete, maar is bekommerd oor die aantal nedersettings waardeur mens beweeg. Ja ek weet, op R71 is ook 'n paar tot by Moria, maar ek het nog nooit dit sleg ervaar nie. 

Wie het onlangs van die R81 gebruik gemaak, en wat is julle opinie?? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/02/2025 - 09:18

Wessel, ek aanvaar jou vriend ry ook 'n Hilux.

Hoe is dit dan dat julle Hilux ouens bang is vir op- en afdraendes ?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/02/2025 - 10:13

My vriend sleep met 'n Defender of 'n rasegte Land Rover, hang af of hy na besadigde, of rof en onbeskofte plekke, respektiewelik gaan.

Chris S is die naaste aan reg met sy opmerking. Georges Valley was laasjaar onder herstelwerk, en toe is ek Magoebaskloof af. 

Die padoppervlak was toe baie goed, maar verkieslik moet jy nie 'n swaar/stadige voertuig voor jou kry nie.  

Worcester

Wildehont

Mon, 03/02/2025 - 11:13

Toe ons Punda toe was in 2019 as ek reg onthou, het ons die R81 gebruik van die N1 af tot by die Punda Maria hek. Ek het ook in 2013 met die pad gery toe ek vir inspeksies vir tenders in die Krugerwildtuin was. Ek het nie gesleep op een van die twee geleenthede nie, maar daar is definitief nie passe soos Magoebaskloof of George’s vallei nie. Modjadjiskloof kan ek nie onthou dat ek dit al gery het nie. 
 

Wat nedersettings betref, mens ry ‘n lang stuk deur een op die R71 oppad Magoebaskloof toe ook, en ek het nog nooit bedreig gevoel daar nie. Ek dink dis veiliger in sulke relatief landelike nedersettings as in meeste stede. Ons gaan Julie weer via die R81 terugkom van Punda af, en dalk moet ek sommer via Modjadjiskloof Phalaborwa toe ry oppad in. Dis net 24km en 15 minute verder as via Magoebaskloof volgens Google Maps.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/02/2025 - 11:27

Dit is presies soos my vriend nou gesleep het, tot hulle van Orpenhek gebruik gemaak het.

Ons grootmense praat nog van Duiwelskloof ipv Modj.....kloof. Dit spel net makliker, of hoelaugh 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/02/2025 - 17:13

Ek sien vanmiddag 'n inset op die Kavango groep van persone wat oor die Swartbergpas is met 'n Kavango, gesleep met 'n Hilux. Volgens die fotos was hulle vergesel met 'n VW Polo. Ek sal maar sien of die ou meer info gaan deel, het hom gepols.

Nou wonder ek, as die padoppervlak netjies is, wat is die groot probleem wat mens verhoed. Ek is onder die indruk dat die pad altyd, behalwe reentyd, in 'n goeie rybare toestand is. 

Is die pas net te smal, die draaie te kort, of is die afdraendes net te steil vir remme. 

Wat is jou ervaring neef Herman. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/02/2025 - 17:35

... mag daar nie karavane oor die Swartbergpas gesleep word nie?? Neef kan dalk help.

My persoonlike opinie is egter dat dit 'n dom en selfsigtige donner is wat dit wel doen.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/02/2025 - 19:17

Jy is reg Chris. Geen karavane toegelaat nie.

En nie omdat dit nie net ń skegte idee is om op die baie nou pad met baie skerp draaie en steil op en afdraendes met ń sleepwa te wees nie. Waneer jy dalk toevallig nog so sleepsel raakloop, op ń hele paar moelike plekke, gaan julle albei daar sit en wag vir hulp. Geen plek vir aftrek, of  omdraai, of reverse vir ń kombinasie nie.

Kom ry die pad as julle weer hier rond is. Regtig ń fantasiese roete . Sommiges raak net bang vir die afgronde hier langs die kar.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/02/2025 - 06:27

...sal ek dan maar sonder die Kavango aanpak.  Ek wil nie geklassifiseer word as dom en selfsugtig deur forumlede nie. Gaan tyd maak om dit September van Prins Albert af tot bo te ry. Lekker koffie en broodjies inpak om daar te verorber.

Ek sal maar Marie se oge toebind as sy aan die afgrond kant sitlaugh

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/02/2025 - 06:55

Jy kan nie net tot bo ry en weer terug nie. Jy moet bo-oor ry om die hele pas te ervaar. En buitendien, Neef bly aan die Oudtshoorn-kant amper aan die voet van die pas. Jy kan nie dieselfde maniere daar gaan uithaal as wat jy pas in Kleinmond gedoen het nie. Ry mos by 'n mens se voordeur verby en kom groet nie eens nie. A nee a - hoe het 'n mens dit met jou sad

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/02/2025 - 07:35

Wessel, die pas op ry en omdraai, laat jou nie kwalifiseer om daarna te verwys as " Die Swartbergpas ge concour" het .devil.  Jy moet verby die "Top" ry, om by die uitkykpunt van waar die uitsig pragtig is. My plasie lê op die heel vêrste regs in die vallei hier onder jou.

Daar is steeds  pragtige klip keermure wat baie hoog gepak is om die pad te ondersteun aan die Suide kant.

Die omvang van die handewerk laat my altyd in verwondering. Om nie eers te praat van die uitvoervoering daarvan nie. Kan jy dink dat daar baie meters onder in ń kloof, teen ń baie steil helling ń muur gepak moet word, teen ń baie spesifieke hoek, om dan presies, se maar 4 m van ń krans op te eindig waar die padoppv sal wees. En ń paar draaie inwerk dieselfde tyd. Sonder vandag se instrumente tot jou beskikking. Met bandietarbeid!!!

Jy moet dus die pad van beide kante af ry om dit mooi te kan waarneem.

Elk geval. Hier sal bietjie suikerwater wees vir Marie, en ń dubbeltjie om die koffie te versterk.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/02/2025 - 20:03

....dankie vir die uitnodiging om versterkwater te kom inneem.

Ek sal nader aan die tyd weer met jou gesels oor waar ek gaan omdraai.

Chris B: ek sal seker vir 'n maand van sondae aan my oortreding herriner word. Ek wou nie jou van jou middagslapie beroof nie.laugh

Lapskag: Jy wil nou hê ek moet iets leliks kwytraak nê??? Jy kan gerus ook kom saam kamp September in KarooNP, dit praat ons sommer direk lekker met mekaar.wink

Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 16/02/2025 - 20:21

Wessel, dit kan dalk net lekker wees om te kan saam kamp en lekker gesels oor 'n koppie boetetroos. Sal maar sien hoe die beplanning gaan met al die verbetering wat gedoen moet word. Maar Byvoorbaat dankie vir die uitnodiging. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/02/2025 - 07:50

Ek het nou al 'n paar keer die genoemde pas gery in KarooNP. Nou is ek onseker oor daardie klipwerk wat daar gebou is. Is dit ook sonder enige binding [sement] gebou, of is dit ook net sorgvuldig gekap, en los opmekaar gepak??

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 17/02/2025 - 12:07

Swartbergpas is sonder mortier gebou. Word genoem " dry packed" weet nie die Afrikaans nie. Klipspringerpas lyk ook so te wees alhoewel daar dele by die voet is wat blyk of daar ń soort van blad gegooi is waarop die klipwerk begin is. Wat ek wel weet is dat die klippe van buite af ingebring is om die huidige pas te bou. Die mense in charge wou glo nie die park se ekologie versteur deur klippe op te tel nie. Ek dink dit is effe belaglik, maar nou ja.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2025 - 17:44

... wat is jou datums gedurende September in Karoo? Alhoewel ek vanaf 14 Okt vir 3 weke daar bespreek is, kan ek dit dalk oorweeg om te kom inloer - as dit nie te na-aan mid-Okt is nie. En as my ver kinders se September-besoek (wat nog net 'n wens vir hulle is) nie realiseer nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/07/2025 - 13:19

....van KarooNP via Colesberg tot by Bloemfontein?? Julle ouens wat onlangs die pad gesleep het, moet bietjie van julle laat hoor.

Ek gaan met my toer Namakwaland toe die N1 sleep, en by Bloemfontein wegdraai na Kimberley, om by Mokala te kom.

Met die terugkom van die KarooNP af, moet ek nog besluit of ek sommer op die N1 bly, en of ek met N12 terugry tot by Bloemfontein. 

Is daar baie padwerke, met ry/stoppe??  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus