Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Nat Dullstroom
Ons het ook baie reën gehad en almal juig. Daan het 'n paar dae gelede met 'n boer gepraat. Hy het in daardie stadium slegs 17mm vir die seisoen gemeet, terwyl hy vir dieselfde tydperk verlede jaar reeds 230mm gehad het. Vandag glo ek lyk sy prentjie heel anders. Op sommige plekke was erge storms. 'n Groot boom het op die R540 na Lydenburg geval - gelukkig geen voertuie betrokke nie. Verder was ons die ganse dag sonder enige selfoonsein en wifi. Miskien het infrastruktuur ook onder 'n storm deurgeloop.
Herinner my asb. om môre 'n reënmeter te gaan koop.....
Maroela, Orpen Tamboti
Volgens my vriend wat in Maroela kamp, het hulle omtrent weggespoel. Genoemde plekke was ook omtrent hele dag sonder elektrisiteit.
Reen
Ons het die naweek by my broer in Orkney gekuier, daar het Saterdag baie lekker reen geval. Hier moes dit ook toe gereen het, die grond was nat toe ons gister by die huis terug is.
Gister namiddag begin dit toe hier reen en met tye baie hard ook, dit is behoorlik nat, die swembad loop oor, en die aarde juig. Vanoggend staan ek op met diep dankbare hart, want dit is basies ons eerste reen die seisoen.
Johan L
Nee, Johan....ek gaan eintlik deesdae bittermin in op die webcams. Daar is n facebook blad waar mense net webcam fotos deel....meeste kry ek van daar af. Onlangs toe ek daai servet en miskiljaat op een foto kon sien by Satara, kon ek egter ook my fotos daar op hul facebook blad kon deel.
Dankie Wessel
😸 Ek het dit so pas op die notisie (dorpslysie) geskryf. Daan het onderneem om die draai te ry vanoggend. Hy gaan seker weer met een van daardie lelike plastiese reënmeters hier aankom - waarskynlik maar al wat beskikbaar is en darem ook prakties. Rondom 2010 het ek vir myself die mooiste meter gekoop by 'n klein geskenkwinkeltjie op Buffelspoort. Dit was 'n uil - buitelyne van dikker ronde yster met so effe detail van dunner rods. Die metertjie was van glas en kon maksimum 10mm reën meet. Dit was vervaardig in die VSA en ek dink die besending het verdwaal - bedoel vir Suid Amerika se Atacama woestyn, en toe in Suid Afrika geland 😉. Dit was vir jare 'n pragtige versiering in die tuin - wel meestal onprakties, maar ek kon darem sê wanneer ons minder as 10mm reën gehad het.
Verlede nag het ons ook nog weer baie reën gekry. Ek hou duim vas dat Babu se meters nie uitverkoop is nie.
Ligkring/Dampkring...
is dit wat mens 'n "halo" noem? Vir eens kon ons ook die son sien.
Mooi gesig - van die son
Kan nie onthou dat ek dit ooit so gesien het nie. Wonder hoe gereeld dit gebeur.












Uitstappies
Wessel ons het nog net gedeeltes van die 7passe wat tans oop is tussen Knysna en George gery.
Kon so bietjie deur die Knysna bos ook ry maar die knie wil nie vir langer as 2ure aaneen gebuig wees nie dan begin die spiere protesteer veral die kuit. Is al wat my nog pla van die knie maar verder gaan dit egter baie goed. Klim leer en stap baie lekker.
Ons Namibië kinders kom kuier en dan sal ons die ander passe gaan doen. Sien tans dat die Swartberg pas in 'n baie goeie toestand is.
Die kanoe pas lekker op die Jimny en met die lekker weer kon ons kort entjies gaan roei.