Help my asb. Ek lees op die FB groepe dat woonwa bande n "C" gradering moet hê.
My vraag is dus nou. Is dit werklik nodig?
As ek na n band kyk bv. 175/80/R14 88 T Gee dit vir my die volgende.
175 die breete in mm 80 die wand hoogte in % van die breete en dan die R wat aandui dat dit n "RADIAL" is en die 14 wat dan die "RIM" groote aandui. Die volgende is wat vir my hier belangrik is en waarom ek die vraag vra. Die 88 Gee vir my n draevermoë van 560Kg wat veilig is by die spoed van ( die "T") van 190km/h. met dan ook in aggeneem die maksimum druk.
Ek sleep nooit my wa teen daai spoed nie( dink nie die GWM gaan dit haal nie) ek laai ook nie my wa tot sy volle GVM nie en die bande is nooit so hard gepomp nie.
My wa se volle GVM is steeds onder die gewig wat die band kan dra.
Woonwa Bande ?
Ek sal steed vir die "C" Kommersiële band gaan want hy kan die vrag beter hanteer.
Woonwa bande
Ek stek saam Willem. Veral as jy 'n groter karavaaan het,
ek like ok die comersial…
ek like ok die comersial bande jy kry meer gewig uit om te pak so n ou kan maklik oorlaai sonder laat jy weet en om n R100 of R200 te spaar is dit nie die moeite werd nie n ou kry meer skade as n band sou bars as daai geldjies wat betrokke is
Ek dink dit gaan oor die dra…
Ek dink dit gaan oor die dra vermoe van die "side walls" kommersiële bande kan baie meer punch vat as motor bande.
Ek het altyd in sagte bande geglo, tot ek op ander forum gesien het, en ook in my werk dae by vervoer maatskapy uit ondervinding geleer het.
Betaal eerder daai bietjie…
Betaal eerder daai bietjie ekstra vir C bande, my Fleetline loop op load rating 94/92 (dws 670kg per band) wat basies 300kg bokant die wa se GWM is, ek beskou dit as 'n veiligheids faktor. Ten spyte daarvan het ons laas maand 'n "blow out" gehad op pad af na Scotties toe. Gelukkig geen skade aan die wa self nie (moeilik gewees om te glo as mens die band gesien het daarna). Onthou ook dat wat die load rating van 'n band is dit ALTYD teen die band se maksimum druk is, dws vir die 94/92 C band is dit 670 kg teen 4.5 bar, teen laer druk verminder die dra vermoee ook. Ek self sleep teen sowat 3.6 bar.
Oom Moewiese Wind, lekker om…
Oom Moewiese Wind, lekker om weer van jou te hoor!
Jy is darem baie stil deesdae, lyk kompleet of jy Prolong ingekry het?
Ek het die khumos op my wa…
Ek het die khumos op my wa. 175x14". dit kan 'n vrag van 750kg per band dra. dus 1500kg. Wa weeg met tente en pale 1100kg. ek kan dus 400kg dra maar laai nooit tot daardie gewig nie. Laai die tente en kos in die sleepvoertuig.
Hoe kleiner die verskil hoe…
Hoe kleiner die verskil hoe groter die risiko. Hoe groter die verslik hoe kleiner is die risiko.
Op my ouderdom werk Prolong…
Op my ouderdom werk Prolong glad nie meer nie, dalk moet een van daai pers produkte probeer, dink dit word genoem "Pro Very Long" :)
Op swakker...............
Op swakker, wipperige paaie is die wande van 'n gewone straallaagband geneig om onder die gewig van die karavaan mee te gee. Dit was my ervaring met my Penta terwyl ons in Zimbabwe gewoon het waar die hoofpaaie baie wipperig is. Vandat ek kommersiële bande gekoop het, was die probleem met gebarsde bande iets van die verlede.
Woonwa Bande
Goeie dag Willem (WilSur) en n baie vooespoedige 2018
Ek verneem jy het onlangs nuwe bande op jou woonwa laat sit, wat se bande het jy op gesit? Ek het nou n barsband gehad en dit is tyd dat ek my bande sal mooet vervang.
Groete.
Pieter
Pieter Kotze
More Pieter jy toe reg gekom met bande wat het jy opgesit
Woonwa bande
Ja,hier leer ek ook nou baie.Wat sal dan die regte band wees vir my 1993 Penta?
Môre Tuiste,…
Môre Tuiste,
Nee, nee! ek het nog nie op gesit nie. Ek nog besig om rond te vis, watter bande ek moet op sit.
Tans het ek Firestone CV2000 op, maar moet hulle vervang,
Groete.
Skies Pieter, ek sien nou…
Dankie, Voorspoed vir julle ook.
Skies Pieter, ek sien nou eers jou vraag oor bande.
Ek het 185 x 14 Dunlop SP Endura C8 opgesit. Tyre Mart het my gehelp met bande wat 2017 vervaardig was teen R 3,699.00
Ek het hulle met Nitrogen laat pomp en met die vrag Kaap toe en terug in die hitte het die bande nie warm geword nie.
Op die 3B het ek Hifly Super 2000, 165 x 13 C opgesit.
Dankie Wilsur,…
Dankie Wilsur,
Ek sal kyk na die bande. Die mense hier by Jurgens Woonwaens sê ek moet die CV2020 195 x 14 Firestone bande opsit.
Pieter.........
My 13 jaar oue Exclusive het in 2005 uit die Jurgens Ci fabriek gekom met die presiese Dunlop Endura bande soos in Willem (WilSur) se kommentaar hierbo. Na 8 jaar en 43 000km het ek dit in 2014 met presies dieselfde bande vervang en het nou reeds op die nuwes 'n verdere 22 000km gesleep. As ek weer moet vervang en die presiese bande is nog beskikbaar, vervang ek dit beslis met niks anders nie.





As jou wa se GVM minder is…
As jou wa se GVM minder is as die somtotaal van die 2 bande is jy reg. Maar as jy die hele huis saamsleep is jy gewoonlik oor die GVM, so kyk maar na die marge tussen die twee getalle, as dit net-net reg is gaan eerder vir die C bande