6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -41 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

So paar diertjies by Mabalingwe

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Renosters by Maba

So lyk die wild by Mabalingwe

Waar my wa staan

Arie

Sat, 24/03/2018 - 17:07

Dit wil so al lyk of die diere hier ook baie bly is om weer son te sien?

Vandag sien ons omtrent alles wat hier is en ons vir die laaste ses weke glad nie kon sien nie!?

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 24/03/2018 - 18:27

Baie dankie, Arie.   Dit is baie mooi foto's.  Ek het nie besef daar is al die soorte diere by Mabalingwe nie.   Dit is mos 'n lekker plek om vir so lank te bly.   Pragtige sonsondergang.  Wanneer trek julle daarvandaan?

Waar my wa staan

Arie

Sat, 24/03/2018 - 19:40

Tannie Freda, hulle het die root vyf hier!

Anton, nou wie dink jy neem die fotos??

Lolla, ek is net spyt dat ek nie vir julle die mooi kon wys nie, ek het darem hard probeer, skielik vandag is hulle net nie meer diep in die bos nie.

Moet erken het vandag bietjie die ver gedeeltes van die 25,000 hektaar gaan ry, aan die anderkant van die berg. Daar kom maar min mense daar en dit maak dalk die verskil.

Die plek is ongelooflik groot mens kan heeldag hier rondry en jy is soms maar net gelukig! die een wat ons nog net nie kan kry nie is die Luiperd, weer sy spoor bo-op die kop agter die Seekoei dam gekry, maar sy spoor verloor op die rots banke. Ek vat maar so bietjie kanse en ry waar mens nie eintlik mag ry nie, sal maar die boete betaal as hulle my vang.

Jy sal onthou toe ons by die Huilboom dam was het ek vertel dat mens gewoonlik die Olifante dieper in die kloof kry, vandag toe maar daar af gery en toe gelukig gewees!

Hierdie bly maar een van my top oorde!! 

Vaalpark

Johann L

Sat, 24/03/2018 - 21:47

Dankie vir die deel van die mooi fotos Arie, ons het darem met ons eerste besoek daar in Mabalekkerkuier ook meer gesien as die keer.

Die diere is altyd 'n bonus, om in die natuur te wees is om te lewe.

Centurion

Voortrekker

Sun, 25/03/2018 - 12:06

Jy oortref jou self ? 

 Jy moet hom sien Willem, as hy 'n foto wil neem, dan sit hy die pajero in super low range, klim uit (terwyl Petra boek lees en whatsaap) en dan neem hy die foto's - ja -  terwyl die pajero ry.   Daai ding gaan mos enige plek en hulle kan nie breek nie.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 25/03/2018 - 13:42

Kyk dit is 'n YSTER, sal 10 Toy's en 12 Nissan's oorleef, en dalkies so 2 Fords.

Ek neem haar soms vir 'n stappie, sy loop in low range en ek stap langs haar.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 25/03/2018 - 17:31

Ag as ek die dag lus is kan ek nogal?

Eintlik is dit maar die kamera, het maar so paar jaar terug my sak geskud en vir my 'n ordentlike ding gekoop, tot 'n "dom" ou soos ek kan goeie fotos met die ding neem.

Probleem is net dat ek gewoonlik vergeet om die ding saam te dra, as daar iets die moeite werd is om af te neem dan le die ding in die wa, en ek kan nooit onthou dat 'n tellefoon deesdae mos ook fotos kan neem?

Waar my wa staan

Arie

Sun, 25/03/2018 - 17:35

Daai kameelperd wat so buk om water te drink, nog net twee keer in my lewe gesien, vorige keer was ook hier in Mabas.

Ek ken maar 'n kameelperd wat so wydsbeen staan om water te drink, vir my is die vreemd maar die wildbewaarders hier reken dit is nogal algemeen??

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus