Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -27 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -35 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Baie Welkom 500ste lid Bolander!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Baie welkom by kampforum Bolander.     Dit is lekker om nog 'n kapenaar hier by ons te hé! yes

Ek hoop jy gaan lekker saam kuier en kamp hier smiley

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/04/2018 - 21:17

Weet nie wat jou naam is nie maar welkom hier op ons lekker kuier Kampforum.  Vertel ons van hoe en waar julle kamp en gesels lekker saam Bolander.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 10/04/2018 - 21:20

Weet nie wat jou naam is nie 

 dalk is dit iemand wie ons ken 

0
Worcester

Bolander

Tue, 10/04/2018 - 21:34

Baie dankie ,sal graag wil saampraat.Ek ken gelukkig heelwat foremlede by hul forumname, ek is Karoo Klong.Wil net  die progammering van die forum baasraak en dan my geskiedenis op rekord plaas

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 10/04/2018 - 21:53

sal graag wil saampraat

 Karoo Klong?  dit klink vir my bekend.   Was dit op die weggesleepte forum?

Laat weet as jy vrae het oor die forum platform yes

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 11/04/2018 - 05:19

Ek ken tog vir Bolander!   Ek weet ook wat sy naam is maar sal nie sê voor hy my toestemming gee nie.smiley

Baie welkom hier by ons.   Ek hoop jy gaan dit, net soos ons, geniet om hier te gesels.   Hier is baie lawwigheid maar ons kan regtig ook ernstig raak.    So hier en daar is iemand wat maar verskoon moet word, maar ek is darem nie een van hulle nie.   Ek is die soet tannie op die forum.wink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/04/2018 - 06:32

Nou weet ek ook wie is hy .

wie is hy?   Ken ek hom?   

Karoo Klong van die Boland

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 11/04/2018 - 06:43

Welkom en lekker saam gesels.

Dit wil voorkom of hier net so 10 mense op die forum is wat saam klets.

Die ander is redelik stil en luister (lees) seker lekker saam.

Kom mense laat julle  gesels sodat ons ook julle persoonlikhede kan leer ken. He He

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/04/2018 - 06:43

Ek onthou net 1 Dirk van die ou weggesleepte forum wat van die Boland is en dit is mnr Crafford?    Ek sal hom nie vergeet nie want ek het altyd gedink hy was 'n ou werks kolega van my.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/04/2018 - 06:59

As ek dit nie verkeerd het nie, was jou weggesleepte avatar nie van jou op 'n seiljag nie?  

Baie Welkom Dirk!    Dit is nou sommer rede om fees te vier, 500ste lid is Dirk Crafford van Wegsleep forum smileyyes

Watse Browser gebruik jy?  Onthou chrome werk die beste vir hierdie forum en Internet Explorer word nie aanbeveel nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 11/04/2018 - 08:11

Dirk gee altyd net mooi kommentare.   En hy raak gladnie betrokke by faaaaiiitts nie.   Net wat ons nodig het, iemand wat al die faaaaiiitts hier stopsit.  laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus