Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -2 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -2 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -3 hours ago

Vrydag se stout grappie

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas

Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .

Centurion

Dusty

Sat, 19/05/2018 - 15:16

Op n klein dorpie was daar twee bejaarde mense wie se kinders lankal uit die huis was. Die huis was groot met heelwat slaapkamers. Die twee nader toe die predikant en sê dat hy maar vir hulle kan uitkyk vir n loseerder want die huis is te groot vir net 2.

So kom dit toe dat n jong onderwyseres bly plek op die dorpie soek. Die predikant neem haar toe na die oumense toe en sy besluit toe om daar te loseer.

Die eerste aan gaan sy bad en sê toe vir die tannie om by haar te kom sit terwyl sy bad dan het sy darem geselskap.

Terwyl die onderwyseres toe bad merk die tannie op dat sy al haar skaam hare af geskeer het. Vra sy haar toe hoekom sy dit gedoen het.

Sy antwoord toe dat sy MBK (menslike beweeg kunde) aanbied by die skool en dit is net beter as dit af geskeer is.

Daardie aand vertel sy dit vir haar man. Hy sê toe dat hy dit sal wil sien. Sy sê toe vir hom dat sy die gordyn die volgend aand effens sal ooplos dan kan hy deur die venster kyk na die kerkraadsvergadering

Die volgende aand doen sy dit ook en die tannie vra toe vir die onderwyseres weer daarna uit. Die onderwyseres vra die tannie toe of n mens daar ook grys word en dat sy dit sal wil sien. Die tannie wys haar toe.

Later die aand in die kamer is die omie baie omgekrap. Die tannie vra wat makeer en of het hy dan nie gekyk nie. Ja sê hy hy het gekyk en was dit nou nodig om haar grys muis vir die hele kerkraad te wys

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 19/05/2018 - 15:25

Ok, so ek wonder wanneur raak n stout blondine grappie te stout, hmmm wonder of ek hier kan vertel, netnou lees aunty Freda die draad ?

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 19/05/2018 - 15:30

Hehe, hierdie is seker dan die oudste  blondie grappie wat ek ken.

Die brunette vra die blondie of sy rook na seks?

Die blondie antwoord en sê: Ek weet nie, het nog nooit gekyk nie. ?????

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 24/05/2018 - 12:03

Volgens Johann se almanak is dit seker vandag Vrydag, so kan ek maar Vrydag se stout grappie plaas!

Jare terug word ek genooi na 'n tema partytjie, almal moes aantrek om iets voor te stel.

Ek daag toe daar op sonder enige klere met 'n glas bottel oor my privaat deel. Gasvrou wil toe weet wat ek nou eintlik voorstel seg ek, "Ek is 'n brandweerman"

Wil sy weet hoe werk ek dit uit, verduidelik ek toe;

In geval van brand, breek die glas en trek die hefboom, ek sal so gou as moontlik kom.

Hierdie word opgedra aan my getroue Durb pal, ek weet as 'n ware Dasie kom hy altyd gou?

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 24/05/2018 - 12:56

Mooiste tannie Freda, aangesien jy nie kon saam praat op die Ford draad nie, het ek maar in voeling gekom met my vroulike binneste [julle het nie geweet ek het ook Metro Man neigings nie] en 'n draad oor modes begin.

Ek vertrou daar gaan jy lekker kan saam praat?

0

Aangesien Arie nou die Vrydag grappie so vroeg begin het het ek gekom so vinnig as ek kon .Die storie gaan oor daai befaamde blou pilletjie wat jou na die sterre laat reik .So word ons nou almal  uitgenooi na n geleenthied waar die uitvinder van die wonderlike produk sy toespraak sou maak .Die hoofspreker van die geleentheid was maar half afgesaag, inteendeel dit het gelyk of hy reeds getrek was en selfs sy vrou het maar half aangeklam gelyk. Met sy skyfievertoning het daar darem ‘n paar koppe gelig.  Na die hoofspreker was daai ou van the Naked Chef aan die beurt, wat gedemonstreer het hoe ‘n mens met die hulp van Viagra, van gewone meel, selfraising kan maak.  Voor hy kon wys hoe maak mens van ‘n rooiworsie ‘n Russian, het  Oom Jorsie Vermeulen opgespring en wou wys hoe mens met net so min moeite bruismeel kan maak, maar is vriendelik die saal uit begelei.  Na die orde herstel is, was die uitvinder van Viagra ook aan die beurt.  Hy het verduidelik dat hy en die pilletjie al ‘n langpad saamkom en dat die eindresultaat nie sonder ‘ups and downs’ bereik is nie.  Wel ek moet sê, die man se besigheid se groeikaart was nogal heel indrukwekkend.   Na ‘n paar minute is hy egter van die verhoog af geboe, want toe begin hy dinge uitrek en ons kon almal sien sy produk het die man grootkop gegee.

Na al die speeches afgehandel is, was daar geleentheid vir vrae en Tannie Marie van Tonder vra toe of mens dit oor die toonbank ook kan kry.  Die man antwoord toe ja, maar dan sal haar man ten minste drie pilletjies moet drink.

Dominee wou weet of hy die goed saam met sy Prozac kan gebruik.  Die man sê ja, dit kan hom seker opbeur, maar dan moet Dominee net beskerming ook gebruik, want depressie is nogal aansteeklik.

Dokter Manie vra wat die effek sal wees van ‘n oordosis.  Die man sê dan sal die Dokter se ore swel, maar dit sal hom beter laat hoor.  Dokter Manie sê die man verstaan hom verkeerd, hy bedoel eintlik oordosis, soos in te veel.  Die man sê “O” –  as daar te veel dosis moet Dokter Manie net meer pilletjies drink.  Nee, sê Dokter, die man verstaan hom nog steeds verkeerd.  Hy bedoel of daar newe effekte sal wees as hy te veel Viagra drink.  Die man sê die enigste newe effek kan dalk ‘n ligte kopseer wees.

Ek vra toe wanneer die goed beskikbaar sal wees, want mense vra al daarvoor by die kêffie.  Die man vra om verskoning, maar die besending is gesteel.  Die polisie soek klaarblyklik na ‘n paar geharde kriminele, maar hulle verwag binnekort ‘n deurbraak, want een van die rampokkers het sy makkers in die rug gesteek.

Oom Sollie Verwey het ‘n klagte.  Die pilletjies is net soos die Mary-go-rounds by die skou as dit besig is.   Jy moet ‘n uur wag voor jy kan ry.  Dan is daar nog die ontrekkingsimptome ook as jy ophou om die pilletjies drink.

Oom Danie Schoeman is weer vol lof vir die produk.  Vandat hy dit ‘n maand terug begin gebruik het, het sy sekslewe ‘n beduidende oplewing gehad.  Nou wat sê die tannie daarvan?- wou die spreker weet.  Nee, sê Oom Danie.  Hy weet nie, hy was nog nie weer by die huis nie.

Daar is ‘n klein afvaardiginging van Supreme Hoenders, wat ook vol lof was vir die produk.  Nadat hulle Viagra ontdek het, groei hul hoenders so vinnig, dat hulle glad nie meer pekelwater hoef te spuit nie.  Hulle voëls is inteendeel nou so groot, hulle oorweeg om die volstruismark te penetreer.

Oom Appie Maasdorp wil toe dadelik weet of hy die goed op sy stoetbulle kan probeer.  Nee, sê die man.  Die bulle sal vir hom doodskop, behalwe as ‘n bul dalk per geluk gay is.

Tannie Elsie van Vuuren is alleen daar.  Sy waarsku die mense om dit tog nie as ‘n setpil te gebruik nie, want haar Oom Fanie lê nou al ‘n week in die bed met hardlywigheid.  Vandat hy die pilletjies eerder drink, lyk dit darem of dinge besig is om los te kom.

Oom Rosenberg van die Joodse kêffie agter die dorp vra of mens net die pilletjie kan lek tot mens reg is en dan die res spaar vir ‘n volgende geleentheid.  Die man sê nee, die oom moet dit asseblief nie probeer nie, want dit lei glo tot vallende siekte.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 26/05/2018 - 06:32

'n Sewentien jarige meisie is verwagtend en haar ouers wil weet wie is die Pa en hom dadelik onder vier oë spreek.   So kom hy op die plaas aan.  Klim uit 'n Ferrari en dra 'n Armani pak.  Hy groet die oom en tannie eerbiedig en val sommer met die deur in die huis:

"Ek kan ongelukkig nie met julle dogter trou nie, maar ek sal vir alles betaal en die res van haar lewe vir haar en die kind sorg.  As dit 'n dogter is, sal ek vir haar 'n plaas koop en R2 miljoen rand gee.  As dit 'n seun is, sal ek 'n plaas koop en R5 miljoen rand gee.  As dit 'n tweeling is, sal ek twee plase en R10 miljoen rand gee.  Nou wil ek net graag weet, as sy dalk 'n miskraam het, wat gebeur dan?"

"Dan spyker jy haar weer, Boetie!" antwoord die pa.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus