Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -20 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -21 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago

Kokoriba Kampforum Saamtrek en Sterre kyk

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

kampforum saamtrek

Ok julle klomp kampers, daar is besluit om twee kamp saamtrekke te hou 25-27 Mei 2018.

  1. Kokoriba  -  R400 per naweek vir staanplek vir 6.
    Hier gaan ons saam met Anton sterre kyk en Saterdag aand na Noddy se uitsending luister.
  2. Bosfontein  -  R 600 per naweek vir staanplek vir 4.
    Hier gaan die kampers saam met Noddy om sy uitsending sit langs die kampvuur.
    Onthou hier is die skakel na die Bosfontein draad - http://www.blad.kampforu…

 

Ek sal die lys met name hier plaas soos julle dit vir my deur gee, hoop daar gaan meer kampers wees as op die stem draad.

google kaart
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 07:18

Wat n verskriklike geraas, ek hoor dit tot hier in Pietersburg. Dit is tentpale wat val, koffie ketels wat kook, vrouens wat  orders gee, kleintjies wat huil en diesel enjins wat rammel soos hul opstart op n koue oggend.

Neewat, so oppak is nie lekker nie.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 07:26

Die tyd van die dag nogsteeds!? Wil eerder nie vra wat het hul aangevang nie. Hehehehe, glo hul is wakker, maar nie lus vir die walk of shame oor gisteraand se kaskenades nie. Aaai tog. ???????????????????????

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/05/2018 - 09:41

All good things come to an end!   Die naweek is darem ook maar gou verby.   Nou wat het julle gisteraand gedoen?   Lyk my julle is net stout as Arie by is.   Wie is die drie manne?   Ek is nie seker of die middelste een Willem is en regs is Dusty?   Maar weet nie wie staan links nie.  Voories, jy is ook maar snoep om die name by te sit.....

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/05/2018 - 09:49

Hello, Segekok en Dusty en Andre.  Hoop julle het die naweek geniet.   Julle moet almal veilig terugry huis toe.   

En die kabouters?    Waar is hulle dat mens hulle nie sien nie?

0
Meyerton

Segekok

Sun, 27/05/2018 - 10:28

Freda ja ons het lekker gekyk. Ek is net jammer dat ons nie in LA was nie. Ek was onder die verkeerde indruk gebring oor die sterre kyk ding.....

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 27/05/2018 - 12:55

Lyk of ons wat ie daar was nie, sleg uit gemis het. 

Bly julle het dit geniet.? 

Ek sal graag fotos ook van die sterre wil sien, of kan mens nie deur 'n teleskoop af neem nie?

0
Centurion

Dusty

Sun, 27/05/2018 - 14:01

Dit was nou n lekker naweek. Alta wou nie huistoe kom nie. Dit het my amper n uur gevat om haar in die kar te kry. Het veilig gereis en is nou tuis. Klaar af gepak.

Dankie vir elkeen se bydrae.

Lekker week vir elkeen

0
Meyerton

Segekok

Sun, 27/05/2018 - 15:31

Dankie aan almal. Dit is lekker gewees om weer n paar ou bekendes te sien en ook kennis te kon maak met die mense wat ek nog nie gesien het nie. 

Darm nou klaar afgepak en reg vir die volgende een....

 

 

Eaar en waneer?

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 27/05/2018 - 15:51

Dit was nou baie lekker gewees.

Baie dankie vir almal wie bygewoon het. smileyyes

Forum lede Cheetah, dit was lekker om julle te ontmoet asook vir Flip Bruwer.   Dan die nuwe lede 'Engelsman en Braam Breedt,  dankie dat julle saam gekom kamp het!

Johan van Heerden en Cora asook Christo en Kleintjie, julle het sommer nog 'n hele klompie mense saamgebring, dit was lekker om saam met julle groep te kamp en nog  'n paar woorde vingertaal by te kon leer -ons sal met die volgende saamtrek moet sit en meer praat smiley

O ja, voor ek amper vergeet, nou het ek darem ook Hendrik se ouers en gesin ontmoet yes , weereens lekker saam met die Kruise en Bothmas gekuier smiley

Dankie almal!  Dit was ' n baie lekker naweek!

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 27/05/2018 - 16:54

So 'n saamtrek beten geweldig baie vir spanwerk, lede wat mekaar persoonlik ontmoed het, kommunikeur makliker op forums. 

Kyk nou maar vir my, hehe ek is weg gejaag op die ingelse forum, hier, gesels ek met 'n aangename groep mense, en niemand "is lelik met my nie, en ek is lelik met iemand nie"?

Ek ken mos vir almal, ek is mos amal se pêl (Dawid Kramer se song)?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 27/05/2018 - 17:32

Ja beslis weer 'n wenner kamp naweek saam met die Kampforum gesin (en hy groei by die dag).  Ons het lekker gekuier en braai Saterdag aand, net jammer Noddy se mikrofoon het nie so lekker saam gespeel nie.  Vanoggend het meeste maar stadig aan die gang gekom wat ons weet wat gebeur dan, niemand was vreeslik haastig nie, net Tannie Hessie en Oom Jan wat so vroeg weg is.

Ons maak binnekort weer so want almal het gevra wanneer is die volgende een en waar.  Party het gevra vir 'n plek om te gaan vis vang, sal later 'n draad begin.

Ek het eers vandag foto's geneem van die plek wat nog moet aflaai, Anton sal ook nog foto's laai sodra hy sy foto's afgelaai het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus