6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -17 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Arie se kamp program

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!

Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.

Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.

Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?

So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!

Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/08/2018 - 18:24

......" Ek moet ook gaan hang aan 'n paal! ......."

Hemel Freda, ek nie geweet jy kon oppie-paal kom op jou gevorderde ouderdom nie !

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 14/08/2018 - 19:21

Len, 'n karavaan se paal is die naaste wat ek aan 'n paal kan kom!   Om oppie paal te kom, moet daar nog tent opgeslaan word.   Soos Arie sê, die ouderdom ry daai deel bietjie in die wiele.nowink

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/08/2018 - 19:58

Freda, jy het ook 'n goeie antwoord vir alles !  Jy't my weer uitgeboul !

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 15/08/2018 - 08:20

He-he, Len, sien jy hier tussen ons twee se insette,  is daar 'n duiweltjie?   Dis hy wat ons so slim maak op die forum!!   Nee wag, hier is nog 'n paar van hulle.  As jy hier wil oorleef, moet jy weet "if you can't beat them, join them". cheeky

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 15/08/2018 - 10:36

op my tone staan om by te kom

Tannie, ek sien al die prentjie voor my met die wind wat so waai, nie wal tyd aan die tent paal nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus