Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Dusty

Fri, 09/06/2017 - 04:31

Goeie more almal,

Lekker koue Vrydag. Sien die temperatuur het vanoggend tot 0° geval op die pad.

Tee Maak vanoggend lekker warm binne en die koffie masjien is aan die gang. Die koffie gaan ook lekker wees. Het maar min koffie in Botswana gedrink.

Amper naweek en tyd vir 'n breek. Gaan volgende week in Warmbad lekker ontspan

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Centurion

Dusty

Fri, 09/06/2017 - 04:40

Freda,

Dit is hoedat die ripcord lyk.

 

Rubber rek

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 09/06/2017 - 07:32

More, more vanaf 'n baie koue Plett.  Lekker rustig geslaap laas nag, geen wind.  Ek kan nie wag dat die tent moet opgaan vandag nie, sodat my huis weer volledig voel.

Ek en Colin sit gisteraand en dink daaraan.  Toe ons die lang kamp beplan het, moes ons besluit of ons by Buffelsbaai in Knysna of by Forever Plett gaan staan hierdie maand.  Op die ou end het ons toe besluit om hiernatoe te kom.  Sou ons Buffelsbaai toe gegaan het, was ons by die vure en seker in 'n baie slegter posisie as wat ons nou hier was.   

Dusty, ek sal jou foto vir Colin wys.  Dankie vir die moeite wat jy gedoen het om dit op te sit.  Dit lyk goed.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 09/06/2017 - 08:36

Daar is dit toe vandag eers minus temperature by ons. Ek sien LEN praat op ander draad van die elektroniese metr wat hy in wa geinstalleer het, wel, ek het een in slaapkamer by venster, en die een punt, wat normaalweg in jou yskas/vrieskas sou gaan om die temperatuur te meet, sit ook buite, en vanoggend sewe-uur so -3.9, nou nog -1.  Waterbakke van voëls buite solied gevries, NOU is die winter hier!!

Dankie vir die koffie, dit was heerlik.

Freda, julle moet sterk staan!!!!!

.

Spesiaal vir jou!!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 09/06/2017 - 08:49

Gesie, jou kommentaar gister op bladsy 19 verwys :-

Wat senior burgers betref, dit is wat 'n loodgieter en 'n versekeringsagent sou noem   " 'n maatreël om daaglikse lekke en gevolglike verleentheidskade te voorkom" !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/06/2017 - 06:39

Nouja, dit is naweek en boonop Saterdagoggend en hier gaan bittermin aan op hierdie forum  -  ek moet toegee, ook op ander forums !

A-nee-a, hoe is dit dan nou met julle  ??  Hoe sê die jongmense, "get a life man !"

Hier by ons was dit gister 'n regte wintersdag, koud, geen reën of wind nie.  Die voorspelling is nog 'n koue front nader die Kaap  -  fantasties, veral as dit reën vir ons bring !  Hier van ons huis in Brackenfell kan ek sneeu op die bergtoppe van die Stellenbosch-berge sien, iets wat verlede jaar nooit gebeur het nie.  Dit is vir my uitstekende nuus, want as daardie sneeu in die dag se sonskyn smelt, loop dit af in die riviere in die klowe wat vloei na ons damme.  Dus koue en sneeu, kom gerus !

Ons moet mos hier in die Kaap 'n "kombers" oor ons swembaddens trek om verdamping (en weer opvulling daarna) te voorkom.  Myne lê nou al lekker opgerol vir 'n paar dae vanweë die bewolkte weer en hy haal nou weer lekker asem  -  sommer mooi om weer die silwerskoon, blou water te kan sien.

O ja, goeie môre, dit gaan baie goed met my dankie en ek hoop met jou ook  -  ek hoop ook ek hoor van jou.

0
Centurion

Dusty

Sat, 10/06/2017 - 07:05

Goeie more Len en al die ander.

Ek kan voel die winter is hier met ons. Eerste oggend wat ek n trui aangetrek het.

Het darem al klaar koffie gedrink.

Ry more vir n midweek vakansie by Warmbad.

Lekker dag vir elkeen

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/06/2017 - 07:16

Jou rekenaar of forum-profiel verneuk.  Jy kan nie vir my om 05:05 more-sê antwoord as ek jou eers om 06:39 gegroet het nie !   Stoffel, ek het jou altyd jammer gekry as ek sien hoe vroeg jy al op kantoor is, maar nou lyk dit my dit is net jou rekenaar wat ons om die bos lei.

Maar goeie more in elk geval indien ek iewers die saak aan die stert beet het !
 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 10/06/2017 - 08:27

Len is so kwaai vanoggend, ek groet sommer dadelik!    More mense, hoop almal het lekker geslaap.   Ek is nog besig met my tee, sal nou-nou die koffietjie maak.

Eerstens, Dusty, Colin het toe gister iets gekoop wat, as ek dit reg verstaan, soortgelyks is aan bungy-cord en die ringe daarvan gemaak.  Die mense by Duco Hardware het dit voorgestel, dit het ook rek in en het toe goed gewerk.   Ek dink die naam op die pakkie was Bakkie Cord?

Frans, dankie vir my ruiker gister.   Darem lekker om op 'n forum te wees waar ek ruikers kry.heart

Len ek hoop julle kry sommer nog baie reën.  Dit sal goed wees as die hele tuinroete sommer reën om doodseker te wees die vure vlam nie weer op nie.  

Ons het toe gistermiddag ons tent weer opgesit en kamp reggemaak.   Ons TV kon nie opvangs kry nie, toe moet Colin weer Duco toe om langer kabel te gaan koop, aanmekaar te sit hier, sodat die skottel verder weg gesit kon word. Dit was amper 6 uur toe ons uiteindelik tot ruste kon kom.  Vandag moet ons nog windskerms buite opsit.

Johan en Elma (Oom Jeep) het toe ook in die middag arriveer.   Hulle het 'n staanplek gesoek en toe ook begin opslaan, maar die Elegance se tent is groot en baie werk.  Hul was tot donker gisteraand nog besig.   Ons sal vandag mekaar behoorlik kan sien.   Benkie (van die ander forum) arriveer ook vanmiddag hier.

Wel, lekker Saterdag vir almal.   Die van julle wat nog rugby kyk, kom ons hoop die Bokke het 'n goeie wen teen die Franse.  Die All Blacks en Lions se wedstryd vanoggend gaan ook goed wees om te kyk.

O ja, ek moet julle vertel.  Hier naby ons staanplek is 'n Wilde Vyeboom.  Hier is hope Knysna Loeries wat die vruggies kom eet en heen en weer vlieg.  Hulle is te pragtig en hul roep na mekaar iets besonders.   Dit is te pragtig om hul rooi vlerke te sien as hulle vlieg.  Ek kan my verkyk aan hulle.  Soos ek nou hier tik, hoor ek hulle.  Pragtig.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 10/06/2017 - 09:18

Goeie more, ek is maar laterig, maar "so what"!!!, ek staan NET vroeg op as dit wragtag nodig is!!!

Freda, ek is maar 'n blomme-outjie!!! Moet nog bietjie van my eie blommefotos verwerk om hier te plaas - ongelukkig NIE Proteas nie!!!!

Ons het daar by Botlierskop ook klompie loeries gesien, maar natuurlik baie skaam, ek glo so by karavaanparke is hulle dalk mense gewoond, en vlieg meer "openlik".

Hoop almal se sportspanne wen!!!, lekker dag!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/06/2017 - 11:48

Hi Freda, ek voel sommer beter nou dat ek darem drie reaksies gehad het.

Ek is bly julle het nou uiteindelik tot ruste gekom en dat jy nou weer van voëtjies hou  -  dat hulle mis julle tent waar hy nou staan, mis.  Ek hoop nie daar gaan iewers 'n "in flight" glips wees nie !

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 10/06/2017 - 14:48

Seker darem nog nie te laat vir koffie nie, was van vroegdag af buite besig?

Dankie mense, koffie was vroeg al lekker,  maar ek wou nie die mense so vroeg op 'n koue Saterdag oggend wakker maak nie.?

0
Centurion

Dusty

Sun, 11/06/2017 - 06:18

Goeie more almal.

Nog lekker om in die warm bed te le. Alta slaap nog lekker en ek gaan nou nou koffie maak.

Na kerk gou n paar goed bymekaar maak, die kar pak en dan na warmbad ry.

Lekker dag vir elkeen

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 11/06/2017 - 07:35

More almal en oom Len,

Hoe lekker smile ek nou to ek oom so kommentaar hierbo lees. Lekker as mens so fun van mens self kan maak. Die huisie is nou in registrasie en ek kan nie wag nie, ons trek einde Julie uit en in daar.

Altyd, en dit is amper soos n vloek kan mens se. As ek die woord koffie lees of hoor, dan gaan die Cremora advertensie in my brein aan: it is not inside it is onnnnnnnn top, en bly n hele ruk in kop, oor en oor, LOL.

Koffie is heerlik en n lekker dag vir almal.

Groete

Gesie

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 11/06/2017 - 07:37

Ek hoop almal het rustig en warm geslaap.  

Die lewe gaan normaal aan hier waar ons kamp, alhoewel omstandighede rondom ons nie normaal is nie.  Ons staan nou langs die agterste berg by FP en die swart rook van die vure het gister heeldag oor hierdie berg op ons afgekom.  Almal in die kamp begin bekommerd raak of ons nie dalk in gevaar is nie.  Boonop trek hier baie karavane in van mense wat nie verder kan ry nie en hier kom oornag.  Een van hulle het van Addo af gereis en vertel van hoe verskriklik die brande langs die N2 is.  Benkie was vasgekeer vir 3 ure by Sedgefield voor hy kon verder ry na FP.  Hy sê Knysna lyk soos 'n "war zone".  Die N2 naby PE is ook toe agv vure.  Ons het besef om op te pak en ry kan verkeerd wees want waarheen ry jy?   Dit brand oral.   FP se bestuur het ons verseker hulle sal ons op hoogte hou indien enige gevaar nader kom.

Die probleem is vure kan skielik  op nuwe plekke uitbreek.  Colin se seun het gister 'n "voice message" vir hom aangestuur van 'n man wat sê dat twee persone arresteer is met petrolkannetjies wat brand gestig het.  Almal moet op uitkyk wees vir enige iemand wat petrol in kannetjies gooi by vulstasies, almal is op die stadium verdagtes.  As daar mense is wat die vure met opset begin, weet jy nie waar dit volgende gaan wees nie.

Maar, soos ek sê, ons is hier en ons kamp nog.  Gistermiddag het ek kookkos gemaak (skaapboud).  Johan & Elma en Benkie het by ons die Springbokke kom kyk en daarna by ons geëet.  Ons het tot laat gisteraand gekuier.

Ek bid dat ons vandag beter nuus sal kry wat al die vure aanbetref.   As dit net oral wil reën sal dit help.  Ons het gisteraand 'n paar druppeltjies gehad maar daar het niks van gekom nie.  Gelukkig is die wind heeltemal stil vanaf gistermiddag al.

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 11/06/2017 - 07:48

Dit onstel my baie dat mense apsris met petrol kan brandstig in sulke omstandighede, eintlik enige omstandighede, dit is baie boos, hoe met so n mens binne lyk!.

Mense gaan mos doodgaan, dis voorafbeplande moord!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus