Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -7 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -8 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -8 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Moresê aan almal. Dankie, koffie was lekker!!!

Johann en Dusty, ek neem waar dat wanneer ek NIE ingeteken is nie, wys julle 2 se plasings 2 ure vroeër. Johann se geval waar hy noem dat tablet bv 07:01 wys, en sy plasing was 07:03 WANNEER ek ingeteken is, maar wanneer ek uitteken, wys dit 05:03 of watookal.

My rekenaar wys NOU  08:09

0
Centurion

Dusty

Wed, 14/06/2017 - 09:01

Frans, jou inskrywing wys 06:05.

Vanoggend was dit nie n stap roete gewees nie, dit was n klim roete gewees. Dit was berg op en berg af

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/06/2017 - 18:08

Hehe, Frans, dis die teken van die tye.

Ek het dit ook nou raak gesien, nadat jy dit genoem het,  ek reken dit is dalk die "server" se horlosie wat so effe haastig is.

Ander ding wat vir my snaak is, wanneer ek ingeteken is, is die tellertjie ook hoër as wanneer ek uit gelog is.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 14/06/2017 - 18:56

Johann, die teller wys net die plasings vir gewone publiek wat NIE lede is, en NIE kan inteken.

Wanneeer ons inteken, is die syfer hoër, OF, dit wys vir ONS as ADMIN hoër as ONS ingeteken is.

Ekke dink oompie Voorie sal beter kan beduie!!!!

Ekke dink ook oompie Voorie sal kan vertel van die "tye", want as ons ALMAL op selfde tydsone ingekryf is met ons profiel se opstel behoort dit selfde te wees.

Maar, ekke dom!!!, EN, tyd pla my nie meer nie!!!, ekke werk wanneer ek wil, ek staan op wanneer ek wil!!!, behalwe tuiningenieur dae, en ek gooi dop wanneer ek wil!!!!, dis alles half verniet!!!

Ek gaan hou  vakansie wanneer ek geld het (en dis BAIE selde).

Ja, die los werkies is baie in en om die huis!!!, ekke sukkel, ek doen feitlik ALLES met linkerhand, regterhand en skouer is MET VAKANSIE!!!!! Seker permanent!!!!, Ek kan NIE nou laat regmaak, ander mense moet eers "opgefix" word, en dit gaan MAANDE vat om die persoon weer aktief te kry!!!!

DIS die TEKENS van die TYE!!!!

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 14/06/2017 - 20:00

Johann en Dusty, ek neem waar dat wanneer ek NIE ingeteken is nie, wys julle 2 se plasings 2 ure vroeër. 

Forum werk nie op jou pc se tyd nie, maar wel op users se tyd zones.  As jy nie ingeteken is nie vertoon tye volgens die default UTC zone. Ons is in JHB +2hr en daarom die 2 ure verskil tussen ingeteken en uit. 

0
Centurion

Dusty

Thu, 15/06/2017 - 06:22

Goeie more.

Vanoggend my laaste oggend. Gaan nou opstaan en koffie maak en dit rustig drink.

Moet maar pak en dan die pad terug huistoe.

Sien daar is vanoggend n groot taxi strike. Al die snelwee en paaie rondom Midrand is gesluit.

0
Centurion

Dusty

Thu, 15/06/2017 - 07:12

Het nounet met my seun gepraat. Hy sit vas by Olifantsfontein. Kan nie werk toe nie en ook nie terug nie

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 15/06/2017 - 07:24

Wie drink al koffie sonder om more te sê?   More almal, ek hoop julle het lekker geslaap en is reg vir die dag.

Die wind het geweldig sterk opgekom hier na 6 vanoggend.   'n Hele rukkie gewaai en toe skielik gaan lê.  Nou val hier groot druppels maar weet nie of dit gaan oorskakel na ordentlike reën nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 15/06/2017 - 08:08

Jammer, jou inskrywing was op die volgende bladsy en ek het by die vorige bladsy ingekom.  Moet leer om na laaste bladsy te gaan.  Ek hoop jy en jou seun kom by jul huise uit!   Al die ontwrigtings maak mens moedeloos....

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 15/06/2017 - 08:13

More sê mense, mooi dag aan almal, dankie koffie was sommer lekker.

Wie op die paaie gaan, wees veilig en rustig, kom veilig en ontspanne by jou bestemming.

Dusty, julle moet veilig ry.

Die stakings en getoi-toi is weer hier ook al heel week aan. Ek is gespanne want my dogter moet elke dag deur die warm kolle ry om by haar werk te kom. Dank Vader sy is nou in die speur tak, en veg nie meer die riots nie. My skoonseun se polisie bakkie het al paar klippe gekeur. 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 15/06/2017 - 08:52

GOEIE MORE weer 'n keer, het hoeka al gegroet, en bedank vir die koffie, amper al weer tyd vir volgende een, my plasing nier deurgegaan nie, OF, dalk op verkeerde draa gewees!!

GOED, soms werk KOP NIE LEKKER, en lag maar !!!!!!

.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 15/06/2017 - 11:57

Dusty ek was nie eers kantoor toe vanoggend nie. Sommer al my meetings van die huis af op skype gedoen.

 

0
Centurion

Dusty

Fri, 16/06/2017 - 07:13

Goeie more aan elkeen.

Klaar koffie en beskuit gehad. Nog rustig en stil hier by my.

Elkeen moet die naweek verder geniet en die wat nog oppad is moet veilig ry

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/06/2017 - 07:24

Hier is ek ook in die koffie kroeg, more almal, ek sit met n groot beker latte, en hier is nog, skink maar as jy wil.

Ja, gister toe klub toe, so jongerige man wat n besigheid hier het het ons genooi vir n braai op sy seiljag. Die man ontmoet deur sy bank, hulle het hom na my verwys vir n uitvoerbaarheidstudie vir uitbreiding wat hy wil doen.

Ek was nie lus vir so baie werk nie, dus het ek toe sommer gratis vir hom gelei dat hy dit self kon doen, maar net gereeld sy syfers nagegaan en seker gemaak alles is reg,

Nou ja om dankie te se is ons toe gister met sy moewiese groot seiljag die diep see in, lekker geseil en sommer daar in die maanlig op die skippie gebraai.

Maar die cherrie op die koek was die pragtige natuurskoon! Die man het drie ander couples ook genooi, en die vier vrouens het blykbaar n kompetiesie gehad oor wie se bikini die kleinste kan wees!

Mense ek het my vergaap aan die absolute wonderlike skoonhede, die natuur bly maar ontsetend mooi, veral met sulke laaaaaang bene ronde boudjies, plat magies en dan sulke lieflike natuurlike melkhouers, en dan.......... Nee wag laat ek hier stop, voor daar weer moeilikheid is!

Dit was n wonderlike aand gewees, lekker klomp kreef gebraai, meer as genoeg garnale gehad vir voorgereg, lekker drinkgoed en baie goeie geselskap!

Ai die lewe bly darem lekker in hierdie pragtige land van ons, ons leef darem nog steeds in oorvloed?

0
Centurion

Dusty

Fri, 16/06/2017 - 07:40

Arie, dit was daar in Richards baai by Meer en see waar ek amper n boot om gekeer het. Ek was agter die stuur gewees en na die eienaar aan die agterkant gekyk inplaas van die see dophou. Die boot het dwars gedraai en die golwe het die boot amper om gekeer

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/06/2017 - 09:50

Ek is laat vanoggend, maar toe ek by my rekenaar kom, was my data gedaan.  Het nou eers weer reggekom.  Het al twee koppies tee en 'n koffie gehad.

More almal.  Hoop julle het lekker geslaap.   Arie, het jy ooit geslaap met die beelde van die mooi natuurskoon in jou kop.  Of het dit jou na 'n droomland van saligheid gestuur?   Sjoe, ek sal nie omgee vir so lekker bederf op 'n seiljag nie, veral met garnale en kreef op die spyskaart.

Dit is omtrent koud hier in Plett vanoggend, die koue windjie byt jou behoorlik.   Ons is van plan om by Lookout Deck te gaan lunch.  Juis sodat ek my lus vir garnale kan bevredig.

Vir almal wat vandag 'n vakansiedag het, geniet dit.  Die wat kamp, kamp 'n hond uit 'n bos!

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus