Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -14 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -22 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 day ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 16/11/2018 - 15:11

Dag oom Frans.

Gesie, skande man -julle jong mense het ok g'n idee van beplaning nie, bier en ander drank is die een ding wat daar ALTYD 'n behoorlike vooraad van moet wees. 

Se nou maar daar is 'n helse vloed of brand en niemand kan by die bottelstoor kom nie, dan sit jy heel naweel droe bek.

Ai tog die kinders darem!!!??

O ja sigarette val natuurlik onder dieselfde beginsel, ten minste altyd ses kartone in die kas!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 16/11/2018 - 15:19

Oom Arie, daai sigaret een doen ek darem, koop altyd n hele paar cartons vooruit. Werk ook nie meer so goed nie. Ons het n engelse vriendin, en sy weet daarvan, sy leen hulle klaar. Shame, sy is dierbaar en mag maar, sy gee darem altyd die einde van die maand terug.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 16/11/2018 - 15:20

Arie, ekke stem met die VOORRAAD!!!!!

Al wat ek nog MOET aanskaf is die klein yskas in die motorhuis, en dalkies een in die groentehok!!!!

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 16/11/2018 - 15:21

Jinne, ekke bly julle manne met die siga. . .  nee, wat, kom ons los  dit!!!!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 16/11/2018 - 15:23

Magtag mense dis WARM hier, 43 in die koelte!!

Gaan maar vanaand as almal slaap my nagtlike liefde maak sessie in die swembad doen. Laasnag moes ons opstaan en nuwe beddegoed opsit -tot die matras was nat van ons sweet! En dan vra die mense hoe bly ek so maer, werk hard in die nag!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 16/11/2018 - 15:33

Tannie Freda, ek sal nooit weer na n swembad in n oord dieselfde kan kyk met bostaande inligting. 

Voor ek my kry, loop die wyfie met n klein Arie in haar magie rond. Aarde behoed my. Sy hou baie van swem.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 16/11/2018 - 15:37

Jinne, blikses, hier beginne dit nou so rof raak soos 7de laan!!!! Gee my broek lat ek waai!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 16/11/2018 - 16:22

Ek stem saam, Fransman.   Admin en die moddergooiers sal moet ingryp!   Net jammer die admin en die moddergooiers gaan teen hulself moet optree.  Hie-hie. devilwink

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 16/11/2018 - 18:05

Jipeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!

Ry more vir so kort vakansietjie!!

Gaan bietjie by ons oudste kuier daar in Noord Heuwel Krugersdorp.

Was vrek lanklaas op vakansie, die permanent kamp hou my so vas ons kry amper nooit vakansie nie!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 17/11/2018 - 01:21

Môre Willem, is jy nog wakker?  Ek sien jy is nog aanlyn of het jy met jou tablet (of wat ook al) aan die slaap geraak?   Ek het wakker geword 00.30 en  1.00 het ek maar opgestaan en tee gemaak.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 17/11/2018 - 02:27

Dis nou 'n uur later en na ek nog Milo ook gedrink het, en baie gesels het (met myself) op die forum, sal ek nou maar weer gaan inkruip.

Sweet dreams, almal!smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 17/11/2018 - 02:29

Antie Freda, ek het ook slaap plek gaansoek, toe kom ek maar terug en kuier verder.  Wonder nou na (oor sy tyd) wanneer gaan die slaap pilletjie inskop ?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 17/11/2018 - 03:44

Goeie more. 

Weet nie of die twee al slaap nie. Sien hulle twee is nog aanlyn.

Vandag 35 jaar gelede was 17 November op n Donderdag. Toe is my oudste gebore nogal 02h25 vroeg oggend.

n Paar van ons gaan vandag vir 200 mense vleis braai. Dink dit gaan warm wees om die vuur.

Lekker Saterdag vir ieder en elk

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus