Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Nou staan alles einde se…
Nou staan alles einde se kant toe. Dit begin ook nou mooi lyk
Baie dankie almal
Baie dankie almal.
Ek het al gewonder of dit die regte ding was om te doen, maar na gister betwyfel ek dit nou glad nie meer nie.
Net die mure se verf oordoen. Die mat finish was 'n fout, maar ons gaan nou 'n sheen gebruik eerder vir die skoon maak doeleindes.
Baie mooi. Mens raak…
Baie mooi. Mens raak moedeloos partymal. Ons het niks aan ons wa gedoen die jaar sover sal volgende maand weer begin werk om haar klaar te maak.
Nou wonder ek wat het van…
Nou wonder ek wat het van Gerhard geword? Ek hoop dit gaan goed met julle en dat alles ok is! ![]()
More Anton
More Anton.
Dit gaan goed. Ongelooflik besig. Die 'Ou Lady' staan ook, kry glad nie tyd om aan te gaan met die werk nie.
Hallo Gerhard. Dit is goed…
Hallo Gerhard. Dit is goed om van jou te hoor en ek is bly dit gaan goed.
Alles van die beste!![]()
Gerhard, ons wou jou al in…
Gerhard, ons wou jou al in England gaan soek![]()
Voel lekker...
Voel lekker om die eerste keer in 2 maande weer iets te doen. ![]()
Al die kaste het nou 3 lae verf op. More word die kas deure klaar gemaak en die sleep ligte ook dan.







Spoggerig..........
Spoggerig Gerhard, hoe wend jy die verf aan, met 'n roller en kwas of word dit gespuitverf ?
Dankie oom Len
Dankie oom Len. Ons gebruik 'n spons roller wat 'n gladde afwerking gee. Die kwas word net gebruik waar die roller nie bykom nie.
Ons gaan nou die week nuwe verf kry vir die mure om hulle oor te doen want die mat afwerking en vuil kolle werk nie so lekker saam nie
Baie mooi Gerhard, die…
Baie mooi Gerhard, die eiende is in sig.
Gerhard, nou staan dit einde…
Gerhard, nou staan dit einde se kant toe. Een van die dae is dit klaar en ek gesond dan kan ons saam gaan kamp Begin nou mooi lyk.





Baie Netjies
Baie Netjies