Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Baie dankie, dit gaan 'n…
Baie dankie, dit gaan 'n uitdaging wees, maar ek koekeloer lekker hier by Gerhard. Sy Jurgens lyk pragtig.
Dankie Gerhard, ek sal more…
Dankie Gerhard, ek sal more gaan loer, maar alles is pikswart geverf daar. Hou duimvas.
ek sal more gaan loer Ag…
ek sal more gaan loer
Ag lekker - nog 'n projek!? ![]()
![]()
Plesier
Plesier. Ai dit sal regtig 'n jammerte wees as daai plaaitjie toe geverf is. Daai plaaitjie dui ook aan watter model dit is.
Die ander manier is om te kyk op die registrasie papier, datum van eerste registrasie. Ons sin wys daar 01-01-1970.
As ek nou moet reg dink hier is dit darem al wa nommer 4 op die forum. Neef Herman het die 1969 11A, ons met die 1970 500 Deluxe en dan Johan K met die 1972 580A wa.
Dis nes Anton sê kan wag om te sien wat in die projek gaan gebeur nie.
Skep asb 'n draad en laai foto's van die wa, ek is baie nuuskeurig om te sien.
Hier is die link na my ander draad wat wys hoe die "Ou Lady" gelyk het.
Gerhard, "Skep asb 'n draad…
Gerhard, "Skep asb 'n draad en laai foto's van die wa" - Nou daardie gaan 'n uitdaging van sy eie wees. Ek is spiksplinternuut op hierdie tipe forums. Weet nog nie regtig wat om te doen nie. Sal probeer.
Ek het gaan kyk hoe jou "Ou Lady" gelyk het, sy was pragtig, ons Miss Daisy is nie in so 'n goeie toestand nie. Sy was die laaste paar jaar gebruik vir 'n kantoor, so die meeste van die interior is reeds verwyder. Daar is waterskade ook by die voorste synate. Jip, daar lê baie werk en geduld voor, maar wie is bang, haha.
Ek is spiksplinternuut op…
Ek is spiksplinternuut op hierdie tipe forums
Miss Daisy - Kliek hierbo op die HELP knoppie - daaronder is daar allerhande inligitng om jou te help insluitend 'n video oor hoe om nuwe onderwerpe / drade te skep en ook foto's te laai ![]()
Miss Daisy...
Ek het ook waterskade gehad en het al daai mure vervang binne wat vrot was plus die balke wat die struktuur moet verstewig. Die kaste wat ligter geverf is, is maar net sodat die wa binne grooter vertoon en ons nie so beknop voel nie. ![]()
Lekker nog n projek. As die…
Lekker nog n projek. As die plaat buite glad is dan dit pre 1970 en as die plaat geriffel is na 1970. Sal ook seker weer draad moet begin vir volgende projek kinders se wa se onderstel is klaar geseis.
Miss Daisy, ons wag vir die…
Miss Daisy, ons wag vir die foto's. Die onderstel nommer se laaste twee nommers was gewoonlik die jaar model.
Ek het 'n 3B gedoen vir die kinders. Hier is die skakel.
Miss Daisy, ons wag vir die…
Miss Daisy, ons wag vir die foto's.
Ons wag! ![]()
PS. As jy dit te uitdagend vind om 'n 1ste draad te begin
kan jy die eerste foto's en skrywe vir my aanstuur en ek sal dit doen met die grootste liefde! ![]()
Dankie, julle laat 'n mens…
Dankie, julle laat 'n mens klaar tuisvoel. Ek het 'n nuwe draad begin. Hoop ek het dit reggedoen. Dankie Gerhard dat ek hier kon kom adverteer.
Het vanmiddag besluit...
Het vanmiddag besluit dis tyd om die LED ligte terug te sit. Het toe so net voor 19:00 gaan aansit om te kyk hoe lyk dit nou in die aand in die wa.



Gerhard, dit lyk baie nice…
Gerhard, dit lyk baie nice en sien n baie groot verandering binne in die wa en lyk smart !!
Gerhard, soos jy seker weet,…
Gerhard, soos jy seker weet, ek sit tans sonder 'n wa, joune mag net dalk voete kry![]()





Kyk net...
Kyk net na die plaatjie op die disselboom, die jaar behoort daar op te wees.