Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 03/03/2019 - 04:05

Goeie more almal.

Tyd om koffie te gaan maak.

Johann, dit is n spesiaale braai waar ek net gaan sit en daarna kyk hoe dit gedoen word

Mag elkeen n rustige Sondag geniet.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 03/03/2019 - 05:23

Goeiemôre Stoffel - dit sal lekker wees dankie.

Ek moet nog my tas pak en 'n paar eposse uitstuur en dan 10:30 die Gautrain Lughawe toe neem vir my vlug Vietnam toe.  surprise

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 03/03/2019 - 06:17

More Stoffel , Anton en die ander wat nog moet wakker word.

Stoffel,dit  is altyd lekker om te kyk hoe ander braai, by my gebeur dit bitter min.

Ons het gister n Pizza aand gehad hier by my huis en ek moes al die Pizza oondjies beman. Elkeen het sy eie Pizza gepak. Ek het sommer met al die oorskiet een gebou vir vandag.

Anton geniet jou "Nam" trippie. Wat gaan jy daar maak ? werk ?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 03/03/2019 - 06:19

More almal geniet dit daar oor die see Anton skink daai koffie WP het gewen vrede

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 03/03/2019 - 06:38

"Nam" trippie. Wat gaan jy daar maak ? 

 Ja 'n man moet werk!   Ek gaan alleen.    Ho Chi Minh (Saigon) , Can Tho en Da Nang toe.  Is volgende Sondag weer terug.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/03/2019 - 06:52

Goeie môre kampforum, geniet jul Sondag.

Anton voorspoed met die Vietnam trip, glo dit gaan suksesvol wees.

Stoffel, kan ons maar sê "baie geluk met jou verjaardag"?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 03/03/2019 - 08:09

Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend.  Dusty geniet die verjaarsdagbraai.  Voories, geniet die trippie en veral die Vietnam kos!laugh

Lekker dag vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 04/03/2019 - 01:59

Goeiemôre , ek drink vanoggend my koffie hier op Singapore lughawe.  Nou 7:55 en ek het nog niks geslaap nie.  Dit gaan 'n lang dag wees surprise​​​​​​

Lekker week vir almal! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus