Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -6 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -7 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Brackenfell

HennieBo

Tue, 05/03/2019 - 05:54

Dankie Stoffel.

Die afgelope 6 jaar was ons alreeds hierdie tyd in Moseelbaai/Hartenbos vir ons jaarlikse verlof (3 weke) maar ons is tans besig met 'n baie groot en kritiese projek by die werk en daarom my verlof met die helfte gesny. Ek hoop regtig ek gaan die wegbreek geniet by Buffelspoort as die bleddie apies net nie gaan amok maak nie. My seun hulle was nou verlede week daar en hulle het maar gepla.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 05/03/2019 - 06:32

Antie, hoopmdie ook se ondersoek het goed afgeloop gister.

Anton geniet daar ander kant by Nam. 

Dit is my Indier se laaste dag by ons. Hoor ons kry samoesas vir afskeids ete. Moet erken hy was n goei werker. Maar ek hon nie by sy nuwe werk se offer van 60% meer kom nie. Sal maar weer vir iemand anders soek.

Henne ek is oor n maand in Hartenbos, gaan ook gewoonlik Maart. Ek hou maar van die plek.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 05/03/2019 - 06:42

Goeie môre kampforum, julle moet jul dag geniet.

Anton, geniet die vreemde kultuur en omgewing, ek verstaan daar is ook mooi natuur, ons soek asb fotos.

Hennie, julle moet ons gunsteling oord geniet, vat maar 'n kettie saam, en skiet die blou rook uit hulle.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 05/03/2019 - 06:45

Môre almal.  Gister het ek so baie rondgeloop, vandag bly ek by my huis.

Harry die slukderm lyk darem nog dieselfde, niks verswak.  So moet hy maar saam met dit leef.  Hulle kan die wonderlikste operasies doen deesdae, maar hul kan nie 'n vernouing in die slukderm regmaak nie.  Gaan my verstand te bowe.   So, my dae van sop kook is nog nie verby nie.laugh

Voortrekker, geniet jou verblyf daar en hoop die besigheid verloop suksesvol.  Hennie skop 'n paar ape onder die g..., sommer vir my part ook.wink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/03/2019 - 08:04

Môre sê Kampforum.

Hennie, julle moet dit geniet.  Het jy een van daai alarempies wat jy onder die tent kan sit as julle gaan swem ?  Dit het vir my gewerk.

Antie, sterkte vir die Oom.

Anton jy moet dit geniet wst nie werk is nie.

Geniet julle dag in vrede.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 05/03/2019 - 08:44

Hennie, julle moet dit geniet.  Het jy een van daai alarempies wat jy onder die tent kan sit as julle gaan swem ?  Dit het vir my gewerk.

Dankie Willem, nee ek het nie. Waar kan ek dit koop?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/03/2019 - 09:14

Sommer by Builders of so.

Ek get so een sonder die twee sensors aan die regterkant.

Ek sit hom gewoonlik aan die middel paal en wys hom na die karavaan.  As hulle onder die karavaan in kruip skree die ding en hulle maak gat skoon.  Wat ook lekker is hy skree vir 'n rukkie en hou dan op maar as daar weer iets hom trigger dan skree hy weer.  Ek het altyd een remote op die tafel gesit en die bure gewys sou hy nie ophou skree nie.

.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 06/03/2019 - 01:50

Die ketel is aan daai moer koffie gaan loop soos stroop dankie van deel van sensors Willem lekke dag vir almal vrede

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 06/03/2019 - 01:59

Werk nie meer skofte al 16 jaar nie Stoffel net soos jy daar se die staar siekte , drink maar koffie en probeer ons nuwe bakkie foto of twee aflaai op my ander draad ja ek sukkel ook maar om deur te slaap

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus