Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 08/03/2019 - 13:58

Hallo Len.  Ek is bly die operasie was 'n sukses yes​​​​​​

.. En wat ' n voorreg om saam met Lappies te kon koffie drink! smiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 08/03/2019 - 14:36

Len, ons is bly dat alles goed af geloop het,  nou lê die pad na herstel voor.

Baie dankie dat jy ons op hoogte hou, sterkte vir jou annerhelfde.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 08/03/2019 - 14:43

Len ,is bly saam mey julle dat dit goed af geloop het. Glo dat dit nou net beter sal gaan.

Hier in Kempton het nou 'n woeste bui reen uit gesak. Ek hoor nog steeds hoe lekker dit val.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 08/03/2019 - 15:44

Len, dankie vir die laat weet.   Sjoe, dit was 'n lange operasie.   Dit was dus nie sommer kinderspeletjies nie.  Siestog, hulle kan haar maar vandag nog laat rus het.   Sê asb vir haar almal op Kampforum stuur groete en beste wense vir 'n spoedige en volkome herstel.   

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 08/03/2019 - 20:58

Net om te wys ons was daar. Wat n voorreg om Len te ontmoet en saam hom bly dat dit goed gaan met Annatjie. Nou net die volgende paar weke se herstel wat baie belangrik. Dankieaan ons Hemelse Vader vir al sy Genade.

Sterkte vir julle Len

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 09/03/2019 - 05:58

Ek het baie lekker geslaap, dankie.  Hoop om dieselfde van julle te hoor.  My tee was heerlik en nou gaan ek aantrek en gaan stap, dit moet nog net bietjie ligter word buite.   En as dit lyk of die reën nie gaan val nie.

Ons het darem al heelwat reën gehad, alhoewel dit nie aanmekaar hard reën nie.  Daar word nog heelwat reën vir vandag en môre voorspel.   Ons is tog te dankbaar en hoop net die damme kry heelwat water.

Laat ek nou eers my lot by julle bekla.  Kyk, dis nie maklik om op te hou rook nie.  Die afgelope twee dae gaan dit weer swaar!   Nee, swaarder as swaar!    

Lekker Saterdag vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 09/03/2019 - 06:23

Sterkte met die ophou rook Antie.  Ek het ook na baie jare se sukkel om op te hou dit kon regkry deur die God te vra vir hulp, toe ek besef ekself kon nie, en eerste ding elke oggend, selfs voor koffie, 'n stilte tyd, hoofstuk uit die Bybel en gebed, die verslawing / behoeftige drang na' n rookding oorkom smiley

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sat, 09/03/2019 - 06:41

Môre almal. Heerlike reen hier gehad gister maar met n hengse wind saam.

Takke het van bome afgewaai wat die kragtoevoer ontwrig het. Ons was so van 15h00 tot 22h00 sonder krag.

Gelukkig het ek vroeer gister al besluit om Eisbeins te braai wat ons toe maar by kerslig genuttig het. 

Dit is weer dig bewolk vanoggend so ek dink ons kan moontlik weer reen kry.

Sterkte vir die dag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus