Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -3 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -4 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Môre almal - wees gegroet!

Ag nee man Antie man, nou is ek alweeer honger en vermoed die peanutbutter saammies gaan nie hou tot lunch nie. winklaugh

Geniet Vrydag! Daai klink nou baie lekker hoor!! 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 12/03/2019 - 07:36

Wie drink saam koffie hopelik nie net ekke sien die oos / noord kaap kry lekke reen lekke dag vir almal vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 12/03/2019 - 09:27

Gees, wat gaan aan met jou in die laaste tyd?   Vir wat was jy so skaars?   Ek glo nie dat jy so besig was met werk nie.  En boonop kyk wie se gesig het jy nou.   As nee, sies man, ek trek jou sommer oor my skoot.

Maak dadelik reg, alles wat jy verbrou het!

surprisewink

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 12/03/2019 - 09:30

VET, maar die aunty is so streng! 

Vergewe maar tannie Freda, die wyfie het so twee weke vir haar ma gaan kuier dan ruk dinge maar so bietjie hand uit ! devil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/03/2019 - 10:09

Goeie môre Kampforum-maters.

Dis heerlik om op te staan in 'n lekker koel Kaap en dan lekker lank te stort (met reënwater natuurlik !)  -  alles lekker vars en skoon.  Ons mag dalk teen etenstyd 'n laaste donderbui kry, maar daardie water sal ongelukkig moet straat-af want my swembad is tot net onder die plaveisel vol en die drie watertenks ook.  Ek het oorweeg om 'n 4de reënwatertenk aan te skaf, maar toe dreig my annerhelfte met skeisake en toe los ek maar die idee.

Nouja, geniet maar jou dag want ek gaan myne beslis geniet !

Ns. Ek wou nog sê, my 5 Pougainvillaes groei "verwoed" (soos Noddy altyd sê)  -  ek het nog twee gekoop maar Ma weet nie daarvan nie  -  ek is mos Bougainvilea-bef.............k.

0

Dis heerlik om op te staan in 'n lekker koel Kaap en dan lekker lank te stort (met reënwater natuurlik !)  -  alles lekker vars en skoon.

Len, hier uit lei ek af dat wanneer daar nie reenwater is nie en jy kort moet stort, is alles nie lekker vars en skoon nie.........devil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 12/03/2019 - 16:55

Goeie middag kamp vriende, ek glo julle het die dag geweldig geniet.👍 

Gees, welkom terug, hoe was dit daar in gees wêreld?

Freda, julle moet Vrydag geniet.

Dassie en Arie is kwaad vir ons, hulle willie praatie,  gees het gaan soek na hulle, maar kon nie reg kom nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/03/2019 - 17:22

...................As jy 'n Exclusive met 4 emmers waters kan was, sal jy jouself met 'n kort stortsessie silwerskoon kan was !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus