Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 minutes ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -28 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -36 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 14/07/2017 - 05:58

More Dusty.  Ja, ek sien reën en koue word voorspel.  Volgens YR Weather vanaf vroeg vanoggend af al.   Dit is egter nie erg koud vanoggend nie en lyk nog nie na reën nie.  Ons hou duimvas, hopelik kom dit later.   Ons het 'n uitsig oor die see en rowwe see word ook voorspel met groot branders, sal mooi wees om te kyk.

Sjoe, ja, die weke vlieg verby.  Dit voel of 'n naweek skaars verby is, dan is dit alweer die volgende naweek.

Mag almal 'n dag vol liefde en vrede beleef.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 14/07/2017 - 06:35

Goeie more aan al die vriende en vriendinne, dankie Dustie, koffie gaan lekker wees.

Freda, ek hoop julle kry goeie reen daar die aarde kort dit.

Hier is dit sedert gister erg warm, ek het tuinwerk gedoen en sommer vroeg kortbroek en t-hemp gaan aantrek.

Mooi dag en naweek vir almal.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 14/07/2017 - 07:19

Hi

0

More. Vrek koud vanoggend hier in Hermanus en gaan blykbaar ook nie juis warmer word nie. Vanoggend besluit ek gaan met die motorfiets  dorp toe ry voordat die battery groet. Groot fout. Byna gevries. Staan nou voor die verwarmer met koppie koffie. Lekker dag vir julle almal.

0
Port Elizabeth

VW

Fri, 14/07/2017 - 08:48

More More

Vrydag ini Baai, hoop maar die weer is mooi die naweek, maar hulle voorspel koue soos Tant Freda noem.

Kan reen, ons het dit nodig, net nie wind waai en koue nie.

Eish die winter kan nou maar weg gaan, nie ek of my vrou hou van die koue nie, ons is beslis NIE winter mense nie!

Lekker dag en naweek vir al die Kamp Forum maters

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/07/2017 - 03:22

Ek groet julle net na 3 vanoggend.  Hier by ons waai een helse wind en met die geruk van die tent kan geen mens slaap nie.   Ek en Colin sit nou maar en tee en koffie drink.   Dit is veronderstel om te reën ook.   'n Ent van ons af staan 2 tente.  Ek het netnou benoude stemme uit daai rigting gehoor.   

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 16/07/2017 - 07:50

Goeie more Freda!  Ek dink die regte koue is oppad.  Gister het hier 'n eienaardige wind hier by ons ook gewaai.

lekker dag vir almal!

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 16/07/2017 - 11:46

Goeie middag, dankie vir die koffie was lekker.

Ja gister het het Spar toe gery, daai klein I10 het so nou en dan teerpad gevat.?

Glo die koue moet nog kom.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/07/2017 - 12:09

So 5 uur vanoggend het die wind bietjie bedaar en ons toe weer gaan lê.  Ons het 'n paar druppels gehoor maar dit het nie gereën nie.  Slaap toe lekker tot 9 uur en toe waai die wind!   Net soos hy kan waai, hier in die Baai.laugh   Dit het nog nie opgehou nie, word met rukke net erger.  En so uur terug het dit begin reën.   Lieflike, heerlike reën.   Ons tent staan nog en vertrou ons sal nie probleme hê nie.   Die see is lekker rof, met groot branders.  Alles was vanoggend vol stof maar met die reën nou is dit darem weg.

Ek hoop dit reën in die opvanggebeid.  VW, hoe lyk dit daar in die Baai?

0
Centurion

Dusty

Mon, 17/07/2017 - 05:41

Goeie more.

Vanoggend het die temp geval tot 2° hier in Kemptonpark. Verstaan dat dit in Beauford wes gesneeu het.

Tee is vanoggend lekker om die binneste warm te maak. Koffie is ook gemaak.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 17/07/2017 - 06:56

Goeie more almal.   Dusty, ja hy voel vir my so effens kouer vanoggend.  My metertjie het geval tot 2 grade toe ek vanoggend 6 uur kantoor toe ry.

Lekker dag vir almal!

0
Port Elizabeth

VW

Mon, 17/07/2017 - 07:42

More More

Koud ini Baai en lyk my die reen is vir eers weg.

Tant Freda, ons storm sterk wind gekry van so 17:00 Saterdag middag, niks reen. So 4 mm geval in die oggend ure van Sondag, so 04:00 se kant en toe ook weer verby.

Gister was dit heeldag toegetrek en van so 12:00 se kant af het dit lekker gereen, aan en af tot so 16:00, so 8 mm in die tydperk, en toe weer weg. Geen sterk wind gister nie.

Het gedink aan julle Saterdag wat die wind so strek was daar by Willows!

Voorspelling 7 -18 vandag vir PE, so gan koud wees.

1ste koffie is in, sal later weer maak, lekker dag vir alle kampforum maters!

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/07/2017 - 09:29

Hoop almal het so lekker soos ek geslaap.  Mens slaap mos lekkerder as dit so koud is.  Ja, gister was lekker koud en dit het heerlik gereën.   Vanoggend skyn die son, die lug is blou en die koue is weg.   Wonderlike ding, die weer, kom en gaan van een dag na 'n ander.

Ek hoop almal het 'n lekker dag en goeie week wat voorlê.

0
Centurion

Dusty

Tue, 18/07/2017 - 05:30

Goeie more.

Sit reeds en tee drink en die koffie is besig om te prut.

Vanoggend bietjie vroeer in gekom. Kollega gaan die dr vandag sien om te bepaal of sy rib aan gegroei het. Sal vanmiddag hoor of dit reg is.

Lekker dag vir almal

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/07/2017 - 06:44

Dusty, jy staan ook maar vroeg op in die koue.   Ek gee nie om om op te staan in die koue nie, maar dan moet ek my warm japon kan aantrek en in 'n warm plekkie gaan sit.  Maar jy moet aantrek en ry werk toe.   Klink nie lekker nie.no

Nouja, my tee is opgedrink.  Nou tyd vir my koffie.  Lekker dag vir almal.

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/07/2017 - 07:36

Arie, is dit nou al wat jy elke more vir ons gaan sê?  Net more?   Of het jy nog steeds die Monday blues?  laugh

0
Port Elizabeth

VW

Tue, 18/07/2017 - 08:03

More More

Darm nie so koud vanoggend soos gister nie!

Lekker dag vir almal

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus