Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -28 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -47 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -47 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Batterye en dinge

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Tue, 20/08/2019 - 21:08
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 28/08/2019 - 07:26

Lennie het n gadget in wat hy by Brommer gekry het wat die krag na agter afsit sodra die voertuig battery onder n sekere volts kom. Jou plan gaan backfire Johann, jou benadering gaan juis die batterye saam koppel, en die voertuig gaan slegs die naaste battery " sien" waneer dit laai. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 09:23

Herman, ja, jy is reg, ek het baie gegoogle intussen en almal beveel 'n voltage relay soort gelyk aan dit wat Pieter Barnard vir Len gebou het. Ek gaan verseker so iets soek by Midss,  4 x 4 Meca ens voor ek verder gaan.👍

Noel het ook 'n 80 amp fuse voor gestel wat ek gedink het is te hoog,  maar weer is ek verkeerd, 4 x 4 World beveel 'n 100 amp aan, gelukkig het ek 'n 80 amp gekoop soos Noel voor getel het.

Dankie vir jul uitstekende advies, ek waardeer dit baie. 

Pretoria

leeu

Wed, 28/08/2019 - 10:06

Skakel ook vir LED and Beyond, hulle webblad is: http://www.ledandbeyond…. Hierdie plek is baie billik met hulle pryse.+27 (0)62 735 9117 en hulle raad is verniet.

Ek het geen verbintenis met hulle nie, maar voorheen produkte by hulle gekry wat goedkoper was as by ander vervaardigers.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 13:26

Ek het toe vanoggend gaan soek vir 'n veilige "gadget" was by Midas en 4x4 Mega World, hulle kon my nie help nie, maar 4 x 4 MW het my met goeie advies bedien, (die winkel se eie voorraad was uit verkoop),  en het ook sommer met 'n skets van die hele bedradrading verduidelik wat om te doen, en na Outdoor Warehouse gestuur vir die "intellegente selonoide" wat hy self gebruik.

Selenoid
Ek glo ek is nou op die regte pad met die intelligent selonoide.

 

Pretoria

leeu

Wed, 28/08/2019 - 13:39

Jy is nou op die regte pad, Johann. Het jy plek om hom in die enjin kompartement te sit? Instaleer hom naby die battery, dis gewoonlik die koelste plek onder die kap.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 28/08/2019 - 15:27

Ek gebruik dieselfde eenheid (Luna solenoid) soos jy gekoop het in Froggy.

Dink hy werk nou al meer as 8 jaar sonder probleme.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 19:32

Ek gaan die selonoide naby die batery aan die bakwerk vas sit, dit moet regop staan,  daar is plek naby die batery. Die eenhrid het 'n eie "fuse" in,  maar ek gaan steeds die 80 amp "fuse" in lyn sit.

Diagram vir selonoide
Diagram van basiese installasie.

 

Middelburg

Noel

Wed, 28/08/2019 - 21:40

Johann, gaan jy ook die negatief 16mm draad installeer ? Ek sal dit aan beveel soos die skets aandui.  Gaan jy die 16mm drade binne onder die matte langs die kante of heel onder op die chassis deur loop. My bakkie was maklik. Ek het 2 x 16mm drade binne in plastiek gorrelpype deurgetrek en op die chassis tot heelagter met cable ties vasgemaak. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 22:21

Noel, ja, ek gaan twee 16mm drade deur trek tot by die Andeson plug, dan verder tot by die Penta se batery. Ongelukkig gaan ek eers oor meer as 'n week daarby uit kom. Ons ry Vrydag Ramsgate toe ns 'n vakansie huisfrown

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 11/09/2019 - 08:53

Ek het gister begin met die in sit van die drade en selonoide, en eers gestop,  dit is 'n hengse taak in die Kia. Daar is nie genoeg spasie by die batery nie en ek sal goed (lug filter se deksel en nog ander kleiner goed). moet verwyder om by die "firewall" te kan in kom waar die selonoide gemonteer sal moet word. Die fuse gaan ook nie lekker werk nie,  sal moet gaan soek vir iets anders.

Die drade gaan ek binne die kanale van die bak van die kar in sit. 

Ek begin dink om liewer na 'n auto elektriesien te gaan,   dit sal vir my meer gemoedsrus gee,  veral omdat die kar nog onder waarborg is. 

Pretoria

leeu

Wed, 11/09/2019 - 10:16

Hi Johann, ek sou ook na auto elektrisien toe gaan as my voertuig onder waarborg is. Die in lyn "fuse holders" is baie klein, maar soos gewoonlik 'n probleem omdat 16mm draad so dik is en is moeilik om "lugs" op te sit wat in die "fuse holder" kan vas skroef. Aangeheg vind soos bespreek. National Luna vervaardig die soort.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 11/09/2019 - 11:32

Leeu, ek het Kia gekontak,  hulle beweer dat as ek dit self doen, loop ek die risiko dat die waarborg sal verval. Kia beveel een Auto electric in die Vaaldriehoek aan, en ek het hom hom reeds gekontak.

My kar moet môre oggend 07:30 daar wees, moet sê, ek voel in werklikheid verlig want ek was bang die waarborg kom in gedrang al kos dit my nou 'n klomp geld.

Hoe meet mens gemoedsrus itv geld?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 11:10

Nico, ja gelukkig gaan hy dit gebruik👍

Sit ek nou hier en dink, waarom moet jy 'n diep siklus batety op jou karavaan sit as 'n gewone lood suur kar (cranking batterry) vir onderstel is om die hoë vraag beter te kan hanteer? 

Pretoria

leeu

Fri, 13/09/2019 - 11:15

Hi Johann, ek is glad nie 'n kenner op die gebied nie, maar dink die diep siklus battery kan jy meer ontlaai as 'n lood suur battery.....kom ons kyk wat sê die ander.

PRETORIA

Leeutemmer

Fri, 13/09/2019 - 14:49

Manne net vir inligting, beste batterye gaan kyk op HAWKER BATTERYE se WEB. Bietjie duurder maar die beste batterye. Word oor die algemeen in vliegtuie en vir militere doeleindes gebruik .

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 17:49

Okay, my kar is terug en als wat gedoen moes word is gedoen.

 Ek het probeer om 'n foto van die selonoide te neem, maar dit is tussen die batery, en die "grill" geinstalleer, en baie moeilik om die foontjie daar in te kry, maar darem netjies gedoen.

B/H prop
Brad Harrson prop agter op due sleep stang.
B/H prop
Die in lyn "fuse", jammer die foto is nie duidelik nie.😀 

 

Die in lyn is soos die een wat Leeu voor gestel het

 

Pretoria

leeu

Fri, 13/09/2019 - 18:50

Dit lyk goed, Johann, dit kos nou bietjie meer as wat jy net 'n draad na agter ingesit het. Dit sal baie goed werk. Hy skakel seker af as jy die motor afsit?Kan jy darem met jou hand by die NL eenheid uitkom, kan hy nie gestel word nie?