Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Rona November 2026 Johann L -8 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Aftrede, O aftrede!!

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Deesdae kyk ek so uit die hoek van my oog na die program op Kyknet (Kykweer), Huppel in jou stap aangebied deur Riaan Crywagen.

Oor 11 jaar slaan ek die sestigs, nou is my vraag, tree jy af op 60 0f 65 of sommer op 55 as jy kan? Nou moet n man gaan kyk na doe pro's en cons van aftrede...

Voordele om nog te werk:

  1. Jy bly besig deur die dag
  2. Jy het n doelwit vir elke dag
  3. Jou brein bly besig
  4. Jou lyf en spiere bly besig
  5. Jy kan nog n paar lekke ponde in die bank gooi
  6. Jy kan vakansies beplan, helaas buite seisoen want die kinders is uit die huis
  7. Terwyl jy werk is dit soos n betaalde rehab - n babelaas by die werk is nie lekker nie

 

Nadele om te werk:

  1. Jou tyd behoort aan jou werkgewer van 8 - 5
  2. Stres

 

Voordele om afgetree te wees:

  1. Jy kan maak wat jy wil wanneer jy wil
  2. Jy kan altyd op vakansie wees
  3. Jy kan n hobby doen
  4. Jy kan seker laatslaap as jy wil

 

Nadele van aftrede:

  1. Maak nie saak wie jy is nie jy gaan n helse nok vat in jou inkomste
  2. Verveeld
  3. Sit en boggerol doen elke dag
  4. Skok op jou lyf, die geen verantwoordelikheid
  5. Sit en wag vir die grim reeper

 

Wat is julle raad en insette op die onderwerp

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 07/02/2020 - 13:55

Ek is seker maar oude doos, maar verkies 'n voertuig wat "stock standard" is, en het die persepsie dat die waarskynlikheid vir probleme net soveel kleiner is.

Ek is 100% eens met jou Wessel. Ek is in elk geval té "mechanically stupid" om ombouings en "performance enhancing" meghefters te waardeer .

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/02/2020 - 14:47

Middag Frikadel

So jy het ook besluit op 'n Land Cruiser 76 reeks;

dis Toyota, dis 'n SUV of dan SNV, en jy kan dit in wit bestel.

Ek verkies egter die sand kleur.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/02/2020 - 13:20

Gelukkig is ek klaar afgetree en ge-"stock" met my twee voertuie.  Dus het ek nie hierdie siele-wroegende besluite om te neem nie  -  eersgenoemde 10 jaar oud en laasgenoemde 7 jaar oud.  Gelukkig is nie een van hulle 'n witte nie !  Om 'n bietjie kleur aan die onderwerp te gee, kyk hier :-

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 09/02/2020 - 13:35

Chris, jy moet eerder sê "lyk soos ons hare ?"

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/02/2020 - 16:39

... klink my jy't 'n hele rits voertuie. As jy net die Navara sou hê, sou jou vloot voertuie 100% silwer gewees het. As jy nog een ander voertuig het wat nie silwer is nie, sou 50% silwer wees. As jy drie voertuie het waarvan 2 silwer is, sou 66,7% silwer wees. As jy 4 voertuie het, waarvan een nie silwer is nie, sou 75% silwer wees. Ek lei af dat jy 5 voertuie op jou werf het waarvan een nie silwer is nie. Dan is 80% silwer. Jou ou ryk swerkater!!winkwink

Ralie se Honda is ook silwer. Dit was nie ons voorkeur-kleur nie, maar ons het 'n baie spesiale afslag daarop gekry. Ek het oor die jare geleer dat met 'n silwer voertuig MOET jy met jou hoofligte aan ry. Hulle smelt net eenvoudig te maklik in met 'n teerpad. Ek vertrou julle wat silwer voertuie ry, doen dit (behalwe as jy natuurlik "day driving lights" as standaard item in jou voertuig het).

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 10/02/2020 - 17:36

Gelukkig is myne swart en dit is 'n probleem as die son sak, maar dan kom die ligte self aan. yes

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 11/02/2020 - 02:32

Op my erf is wit voertuie die meeste. My Ford is wit. My papgooi bakkie is wit. My karavaan is wit. My sleepwa is wit. My dogter sê Honda is wit. En Alta se Ford is silver. 

En al my voertuie moet naar hou tot ek my kop neer lê. Die een met die meeste kilo's op is die papgooi bakkie. Het meer as 800 000 km op die klok in sy 49 jaar

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 11/02/2020 - 07:49

Stoffel met 800 000 km laat weet Nissan /Datsun dis verseker n rekort welgedaan ek se altyd hulle body is ok maar daai enjin hou net aan en aan

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 11/02/2020 - 10:04

Môre Len

Sommer nuuskierig, wat het jy teen wit.?

Ek verkies wit, want indien nodig kan bakpanele makliker tot dieselfde  kleur gespuitverf word. Of is dit ook 'n mite.

Willem: Swart is net vir twyfelagtige politici met blouligte wink

Groete  

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 11/02/2020 - 12:24

Wessel, ek praat (skryf) onder korreksie, maar ek verbeel my 'n paneel klopper het, jare terug, vir my gesê, dat wit juis die moeilikste kleur is om perfek te meng. Ek mag natuurlik verkeerd wees.

Ek verkies wit, want indien nodig kan bakpanele makliker tot dieselfde  kleur gespuitverf word. Of is dit ook 'n mite.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus