Goeie môre mede forumiete.
Eerste dag van die derde maand van die jaar.
Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier.
Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet
Goeiemôre almal! Ek het…
Goeiemôre almal!
Ek het gisteraand eers redelik laat by die huis gekom, omtrent so 7:45 na 'n lang dag en vele vergaderings om paar dinge in plek te kry vir die lockdown periode en ons maatskappy se planne om oop te bly. Die paaie was vreeslik besig daardie tyd van die aand. Ek dink baie mense en Maatskappye is vreeslik bedreiwig om dinge af te handel. Vandag gaan moontlik nog meer bedreiwig wees. Hou julle self veilig asb.
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die laaste dag van vrye beweging, wees veilig en hou maar by die reels van die lock down👍
Net 21 dae, dit is nie ewig nie.
More en sterkte
Sterkte almal geniet jou koffie by my loop hy soos stroop vrede
Dagsê, was verplig om vandag…
Dagsê, was verplig om vandag dorp toe te gaan, een van die manne vertel vanoggend groot-oog dat baba se melkformule klaar is. En dit nadat hulle herhaaldelik gevra is om genoeg te kry, het hulle ñ voorskot gegee. My lekker gatvol gelaat om in die supermark te gaan, so gedruis het Oudtshoorn PPay nog nooit gehad nie. Lus vir vloekwoorde Arie.
Ek was ook verplig om dorp…
Ek was ook verplig om dorp toe te gaan- wil self ook vloek!!!!!
Lees ek vroeër dat sigarette nou skielik vir een of ander duistere rede nie ń noodsaaklikheid is nie, dus van vannag GEEN sigarette te koop nie.
Nou ek koop my vooraad altyd aan die begi van die maand vir die hele maand. Ek het dadelik my vooraad gaan kyk en sien ek het net genoeg vir 10 dae!!!!
Dadelik ingery dorp toe en in heel hengse que gaan staan, presoes 3 uur en 16 min later daar uitgekom met 4 maande se voorraad, ek wou nie ń kans vat nie!!!!
Nou stem ek met Warren ons min van gesondheid is beslis nie goed gelwalifiseerd nie, waar kom mens daar aan dat sigarette nie ń noodsaaklikheid is nie!!!!👹👹 Nee man daai ou kort ń noodhulp kurses wat hom leer om babas te vang, Dan sal hy weet van rook en dalk ook van honde stap.
Sjoe hulle praat van panic buying, julle moes my vanoggend gesien het. Ek sou bereid gewees het om Musina toe te ry vir daai gifpyltjies.
Noudat ek weer kalmer is het…
Noudat ek weer kalmer is het ek besluit om maar altyd 4 maande se vooraad aantehou net maandeliks optop.
So gaan ek nie weer gevang word nie, magtag ek het amper n ineenstorting gehad, moes in ń sak asem haal vir hyper ventilation!!
AAaaaaa Arie
Nou lekker gelag, ja, nee kyk, jy kan sonder alles wees maar as daai pyle kort kom is daar moeilikheid!!
Neef reken, as die SAP vir…
Neef reken, as die SAP vir Frikkie in die pad vra waar loop hy rond, kan hy nie " ek gaan twak koop" mee wegkom nie. Maar dat arme Frikkie nie n kraantjie saam n halwe brood, en sy pakkie twak kan koop nie, druis in teen sy menseregte.
Die verkeer op die pad was…
Die verkeer op die pad was woes gewees vandag. Orals waar ek was, was daar lang toue motors. Jy staan vir kilometers in die tou. Op die pad sowel as by die sentrum.
Begin van môreoggend af vanaf die huis werk. Werkstasie klaar opgestel
Goeie môre almal. Dag een…
Goeie môre almal.
Dag een van die afsluiting. Koffie is lekker vanoggend. Wie gaan saam drink?
Lekker dag vir elkeen.
Goeie more huis bound…
Goeie more huis bound kampers, ja my koffie is al klaar, nou besig om te teug aan my Baroccatjie. Ek is maar altyd vroeg op en in elkgeval moet die Tannie werk.
Lekker dag.
Goeie môre kampforum-vriende…
Goeie môre kampforum-vriende, wat jul ookal doen, doen dit met oorgawe.
Môre sê Kampforum
En so gegin ons die 3 weke kamp in en om die huis, sterkte en voorspoed.
Geniet jou Vrydag voluit in vrede.
Goeie môre almal. Mag die…
Goeie môre almal.
Mag die dag vir elkeen geseënd wees





Goeie môre hier op die…
Goeie môre hier op die laaste oggend voor die "lockdown".
Geniet die dag voluit en gelukkig kan ons nog steeds gesels vanaf die huis.