Goeie môre mede forumiete.
Eerste dag van die derde maand van die jaar.
Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier.
Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet
Middag sê Kampforum
Ons WhatsApp braai was nogals prettig gewees.
Geniet jou Sondag goluit in vrede.
More almal, dag 4 is op…
More almal, dag 4 is op hande!
Julle moet groot gaan en bly by die huis vir die wat kan.
Goeie môre Frik en ook die…
Goeie môre Frik en ook die ander.
Koffie is weereens lekker vanoggend.
Geniet maar die rustige tyd. Lekker dag.
Goeie môre almal, geniet jul…
Goeie môre almal, geniet jul dag👍
Hier kan mens sien die winter is op pad, blare begin af val, gras groei nie meer nie, en soggens en saans raak dit effens koeler.
Goeiemore! Dit is besig…
Goeiemore! Dit is besig hier by ons. Geniet julle dag!
GM
Goeie môre Kampforum !
Net 'n opmerking : Toe ek die dae begin aftel het na my beoogde Wiltuin-vakansie, word die punt gemaak dat ek "seker niks anders het om te doen nie".
Nou dat die inperking dae kort-kort hier vermeld word, is daar doodse stilte. Miskien geregverdig, want dalk het party ouens nou met die inperking niks anders om te doen nie.
Ns. Ek het opgehou tel want die Wildtuin-besoek gaan heelwaarskynlik nie meer in Mei plaasvind nie.
Het jy klaar gekanselleer…
Het jy klaar gekanselleer Len? Ek raak ook al hoe meer skepties oor my besoek, maar hou nog maar 'n bietjie vas.
Die probleem as jy nou…
Die probleem as jy nou kanseleer, wat waarskynlik sal gebeur is dat jy nou eers weer oor n jaar en half minimum jou plek sal kry in die kampe wat jy graag sal wil besoek, soos Tsendse bv.
Bly maar n vet brommer in die salf.
Chris.....
Chris B, nee ek het nog nie fisies gekanselleer nie, maar my Sanparke-"makelaar" het aanbeveel dat ek my vervangende reisplan gereed hou en dat ons dan op 17/4 besluit of Mei-maand sal deurgaan en of my alternatiewe plan bespreek moet word. My alternatiewe plan skop in op middel Augustus tot einde September en sover lyk dit moontlik presies soos my Mei/Jun-besoek - daar is net by twee kampe 'n paar dae kort, maar ek is seker ons sal dit kan uitsorteer.
Frik, ek glo ek gaan in Aug/Sept regkom presies soos my huidige reisplan daaruit sien.
Goeie môre almal Nog 'n…
Goeie môre almal
Nog 'n dag agter die rekenaar.
Mag elkeen die dag geniet.
Goeie more vriende, julle…
Goeie more vriende, julle moet n lekker dag beleef en hou die blinkkant bo!
Goeiemôre almal! Julle moet…
Goeiemôre almal! Julle moet die dag geniet! ![]()
Lees ek nou dat verskeie dr…
Lees ek nou dat verskeie dr's vra ons moet permanent ons maskers dra, selfs as jy alleen by die huis is.
Dit sal keer dat jy nie al jou kos in die eerste week opeet nie?
More...... is Woensdag.…
More...... is Woensdag.
Skerp Arie.
Dit sal keer dat jy nie al jou kos in die eerste week opeet nie?





More mede gevangenes. Ja dit…
More mede gevangenes. Ja dit voel al soos dag 103!
Het besluit ons gaan vir die volgende 2 weke die tuinroete doen. Week 1 is die voortuin en week 2 die agtertuin.
Het die tent opgeslaan vir die kleindogter en die portable braai staan reg want sy wil kamp.