Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Heidelberg GP

StephanS

Sun, 29/03/2020 - 12:57

More mede gevangenes. Ja dit voel al soos dag 103!

Het besluit ons gaan vir die volgende 2 weke die tuinroete doen. Week 1 is die voortuin en week 2 die agtertuin.

Het die tent opgeslaan vir die kleindogter en die portable braai staan reg want sy wil kamp.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 30/03/2020 - 06:38

Goeie môre almal, geniet jul dag👍

Hier kan mens sien die winter is op pad, blare begin af val, gras groei nie meer nie,  en soggens en saans raak dit effens koeler.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/03/2020 - 11:39

Goeie môre Kampforum !

Net 'n opmerking : Toe ek die dae begin aftel het na my beoogde Wiltuin-vakansie, word die punt gemaak dat ek "seker niks anders het om te doen nie".

Nou dat die inperking dae kort-kort hier vermeld word, is daar doodse stilte.  Miskien geregverdig, want dalk het party ouens nou met die inperking niks anders om te doen nie.

Ns. Ek het opgehou tel want die Wildtuin-besoek gaan heelwaarskynlik nie meer in Mei plaasvind nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 30/03/2020 - 12:57

Ek is ook bekommerd oor ons Junie trip,sad

0

Die probleem as jy nou kanseleer, wat waarskynlik sal gebeur is dat jy nou eers weer oor n jaar en half minimum jou plek sal kry in die kampe wat jy graag sal wil besoek, soos Tsendse bv.

Bly maar n vet brommer in die salf.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/03/2020 - 20:10

Chris B, nee ek het nog nie fisies gekanselleer nie, maar my Sanparke-"makelaar" het aanbeveel dat ek my vervangende reisplan gereed hou en dat ons dan op 17/4 besluit of Mei-maand sal deurgaan en of my alternatiewe plan bespreek moet word.  My alternatiewe plan skop in op middel Augustus tot einde September en sover lyk dit moontlik presies soos my Mei/Jun-besoek  -  daar is net by twee kampe 'n paar dae kort, maar ek is seker ons sal dit kan uitsorteer.

Frik, ek glo ek gaan in Aug/Sept regkom presies soos my huidige reisplan daaruit sien.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 31/03/2020 - 07:38

Lees ek nou dat verskeie dr's vra ons moet permanent ons maskers dra, selfs as jy alleen by die huis is.

Dit sal keer dat jy nie al jou kos in die eerste week opeet nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus