Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -24 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -40 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -41 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark

Johann L

Sat, 01/08/2020 - 08:41

Goeie môre Anton, en ander, julle moet die laaste masnd van winter geniet.

Ek gaan more 'n navraag uit stuur vir oop oorde in die Drakensberge, tyd hardloop uit vir 'n lekker winter kampie in die sneeusurprise

Wonder wat het van Stoffel geword? Hoop nie die kritiek teen die groet draad het hom weg nie, hy was altyd ons eerste groeter, en altyd op sy pos.

0

Middag vriende

Ek het nounet bevestig, Dube is oop en hulle het nog heelwat oopplekke vie komende langnaweek. More-oggend maak besprekingskantoor oop, en ek gaan bespreek.

Was nog nie daar nie, maar ek sien mens mag met eie voertuig die wild gaan bekyk. Dit is die trekpleister vir my.

Groete

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 02/08/2020 - 11:54

Laaste maand van duur winter krag.

Weer n lekker warm winters  dag by ons.

Geniet julle Sondag en wees veilig

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/08/2020 - 09:13

Goeie môre Frik !  Pasop, ek watch jou.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 03/08/2020 - 14:00

Die krag was van Sater dag aand af hier by ons, gister middag weer aan gekom, glo kabel wat af gebrand het.  Die bure is nie op die selfde lyn nie want hulle krag was aan.

Vanoggend die karavaan probeer skuif want môre kom hulle die nuwe water lyn in sit en daar skuif die movers hom net so 2 tree vorentoe, battery pap.  Sien op hom hy was gekoop 03/2018 so die waarborg is moertoe.  Het hom nou aan die Ford gekoppel en gaan hom dan op die laaier sit en hoop hy is teen môre reg.  Hy was wel gekoppel aan die karavaan en het gelaai van die krag aangekom het tot vanoggend, miskien was dit te min laai ?

Geniet jou dag voluit verder.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/08/2020 - 06:16

Môre sê manne, geniet die dag, hier raak dit nou somer. 

Ek gaan vandag my Penta se dak gas lifts harder laat pomp by Diesel Electric in V-Town.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus