Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -16 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -16 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Secunda

Sleep nou

Mon, 10/08/2020 - 09:09

Jy som alles so reg op soms kla ons maar eindlik nie rede tot kla nie ej ja ons dink aan Arie en Petra vir beterskap en sterkte vir jou ook Frieda

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 10/08/2020 - 09:21

Tannie Frieps, gister oggend gesien jy is aanlyn, maar toe ontgaan dit my om te groet sad (swak van my)

Arie, baie sterkte daar vir jou en Petra, ons bid saam vir haar herstel, hou jou hoop om die Vader.

Geniet julle dag voluit in vrede.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/08/2020 - 09:35

Ons het weer heerlike sagte reën deur die nag gehad en aldrie my watertenks is vol  -  baie om voor dankbaar te wees, selfs met ons naderende einde van die winterreën seisoen.  Maar ai, dis ysig koud en 'n ligte windjie wat dit nog erger maak.

Arie, julle bly in my gedagtes  -  baie sterkte vir Petra, maar ook spesifiek vir jou.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/08/2020 - 09:52

Dankie vir die spesiale groet, Chris, Harry, Len, Johann, Gesie, Voories, Shawn en Willem.  Dit is lekker om te weet jul verwelkom my altyd terug met oop arms.heart

Herman en Warren, ek hoop dit gaan goed met julle.

Gesie, gelukkig is dit nog te koud om daardie opsie te kies, maar mens weet nooit, een van die dae is dit somer. wink

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/08/2020 - 11:07

Hello Freda en al die ander. Gister het ons weer vreeslik wind gehad, vandag nie n briesie nie, kon lekker gaan stap. Die veld begin klaar blom, Septemberbossie wat so lekker ruik. Mooi dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/08/2020 - 18:08

Freda, dankie vir die groet-bedanking wat ek nie verdien het nie.  Ek is mos hier op die forum in die sop oor my opmerking dat die gegroet op die Koffie-draad sinneloos is en dat dit nadelige gevolge het op spontane gespreksonderwerpe.  Talle ouens groet net vlugtig, lees nie eers ander se insette nie en waai dan tot die volgende môre.

Maar nouja, ons het mos maar elkeen sy eie streke.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/08/2020 - 08:08

Ai, nou reën dit heerlik saggies hier by ons in Brackenfell en die afgelope paar dae se wind het gaan lê !  Aldrie my watertenks is vol en die swembad nou ook.  Kyk net hoe lekker pomp ek vars reënwater in die swembad  -  wonderlik !

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/08/2020 - 08:31

Môre Len en al die ander lede (en nie lede)

Van dag kom hulle die plaveisel reg maak waar hulle hom gesny het vir die nuwe water pyp.

Wijan is terug skool toe vanoggend.

Julle moet julle dag voluit geniet.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 11/08/2020 - 08:35

Goeie môre al die mense van die kampforum. Na die koeler naweek is ekke weer aan die gang in die kort week en hoop om volgende week te gaan kamp vir so 10 tot 14 dae. Sal later die week finaal besluit vir hoe lank. Ek en my skoonseun het gister so n bietjie gaan lyn natmaak en was heel lekker om net langs die dam te kon kuier. Het darem so 4 gevang maar water was nogal koud gewees. Lekker kort week vir die wat nog werk saam is. 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 11/08/2020 - 11:13

Ek is bietjie laat.

Weer koud hier by ons en daai windjie help ook nie.

Ek het werkie gekry op n erf by die Golf Estate in Clarens. Ek moet gaan opmeet en kyk of een twee bestaande huisplanne, wat geteken is dalk daar gaan pas. Indien nie sal ons kyk na n ander plan of twee. My buurman het geen afmetings van sy erf daar nie.

Dit sal seker Maandag gebeur en gaan my dalk so 3 dae of meer neem. Sal n gat of twee ook moet grou. Dit is nou toevalig dat ek by n Lodge ingeboek is daar naby, so ek het darem bly plek surprise

Hoop nie dit reen nie ander sal ek dalk langer moet bly.

Yvonne gaan saam om die "tape" vastehou

Werk Is Werk

Geniet julle dag en wees veilig

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/08/2020 - 16:45

Wessel ek sal eerder Dinokeng Resort bo Dube verkies want daar is meer vir die kinders.

Ek merk jy het nie 'n gradering gedoen nie ?  Jy kan net jou "post edit" en onder jou gradering in sit.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 12/08/2020 - 07:30

Goeie môre Harry en ander wie / wat (?) nog gaan kom inloer, die "wat" - mense, ek weet dit is korrrjte Afrikaans, maar dit klink net so, dier  / ding-agtig😂

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/08/2020 - 09:23

Johann, dankie vir jou erkenning dat in die sin wat jy hierbo gebruik, die korrekte woord "wat" is.  Wat jou verdere kommentaar betref, daar is baie dinge in die lewe wat dieragtig of dingagtig is en daar is niks fout mee nie.  Byvoorbeeld, alhoewel dinge soos Fords en Toyotas soos mense opgehemel word, bly dit 'n "ding".

Alhoewel onder protes, dankie dat jy erkenning gee vir die korrekte taalgebruik.

Wow, ek sien ons is 17 mense (nie dinge nie) aanlyn vanoggend.

0

Môre Willem en ander

Onthou smaak/voorkeure verskil van gesin tot gesin. Ek was nog nooit in Dinokeng se oorde nie, en het bloot herhaal wat van die ouens by Dube genoem het.

Omdat swembaddens, glybane, putt-putt, skamel geklede meisies winkmy nie aantrek nie, besoek ek veel eerder wildtuine soos Pilansberg, en dan natuurlik Kruger.

Ek wil nog egter Willemsrus, binne Dinokeng gaan probeer.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus