Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied? Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? ![]()
Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente! Dan gaan ons lekker kamp!
Omdat swembaddens, glybane,…
Omdat swembaddens, glybane, putt-putt, skamel geklede meisies
Selfs nie as die eerste drie elk met die laaste een gekombineer word nie?
Omdat swembaddens, glybane,…
Omdat swembaddens, glybane, putt-putt, skamel geklede meisies
my nie aantrek nie
Ja, oudword is nie vir sissies nie !
Goeie môre. Guten Morgen …
Goeie môre.
Guten Morgen
Good Morning
Goedemorgen
Ghotsong
Bonjour.
More Johann, WilSur en die…
More Johann, WilSur en die wat nog kom.
Ek is besig om te verander na n Fibre line vir my internet. Ons bestaande wireless lyn in net te onstabiel. Ons het n permanente "back-up systeem" na "cloud" wat heeldag "back-ups" maak, van al ons rekenaars se data en elke keer as ons n "dip" vang, bom hy uit en begin weer.
Fibre is baie meer stabiel. Kyk na so 100 meg lyn, aflaai en 50 meg oplaai. Gaan my amper selfde kos as bestaande lyn, 10 meg op en aflaai.
Lyk my weer na n lekker warmer dag. Met so bietjie Augustus wind later. Die week vlieg, seker oor die vakansie dag wat ons Maandag gehad het.
Geniet julle dag en wees veilig.
More aan almal
Lekke om van die ou lede te sien aangelog geniet julle dag laat loop met die koffie vrede
Goeiedag almal! @ Harry …
Goeiedag almal! ![]()
@ Harry -100Meg is 'n monster!
Môre almal
Ek groete vanuit 'n lekker koue Port Elizabeth. Die son skyn nou maar ons het lieflike reënbuie gehad in die vroeë oggendure. Maar die wind is ysig, moet iewers van sneeu afkomstig wees. my vuilegoeddrom het laasnag omgewaai en daar anderkant gelê vanoggend. Ek het 'n baksteen op die deksel, maar die drom self was leeg. Net gister die sak uitgehaal. So, ek het darem nie met 'n gemors gesit nie. Daar word stormsterk winde voorspel vir die res van die dag.
Voories, is jy nog so besig met jou werk? En hoe gaan dit met die kabouters, gaan hulle skool toe? Wanneer die skool oop is natuurlik, bedoel ek.
"Load shedding, level 2" begin vandag by ons. Dit kan dalk later 3 word. My krag gaan af wees vanaf 14.00 tot 16.30. Ek gaan maar die pad vat daai tyd, weet nog nie waarheen nie.
Julle moet almal 'n heerlike dag hê. Dis alweer amper naweek.
Hi Frieps. Ons is nog…
Hi Frieps. Ons is nog redelik besig en die kabouters ook
hulle is darem die ouklikste goedjies. Ons het vanoggend ons eerste Level 2 gehad.
No ja, trek ek nou 'n Dusty…
No ja, trek ek nou 'n Dusty op myself, Goeie more almal wat not lê en poep ruik.
Julle moet die dag en naweek geniet..
Môre sê Kampforum
Is nog steeds net 5° hier in Pta.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie môre almal, geniet…
Goeie môre almal, geniet julle naweek. Ek gaan my karavaan was en pak, ons gaan vir 2 weke by Eastco Parys uitspan en ontspan, is nou by beurt vir kamp na die lang gewag.
En saam met dit alles, baie…
En saam met dit alles, baie filter koffie, boer beskuit en potbrood eet. Sal aan julle dink vroeg oggende as die voëltjies so gesels met die stroom versnelling in die agtergrond. Ek sal n pasr fotos plaas hoor.
Lekker Lappies
Julle moet dit geniet, miskien moet jy OBS saam vat want ek glo dit kan lekker koel wees by die water ?
Hi Willem dankie, vat sommer…
Hi Willem dankie, vat sommer n ekstra kort broek en n pasr lang kouse saam vir net ingeval. Ja dit word nogal koel daar, was laas jaar ook in die winter daar, wit geryp vroeg oggend masr deur die dag was dit lekker gewees. Ek is seker ons sal dit geniet.





Môre sê Kampforum
Geniet jou dag voluit in vrede.