Ek het die titel van die draad verander aangesien ons nou weet dat Oom Len na ‘n paar operasies aan die herstel is, en weer gereeld van hom laat hoor hier al sterk hy nog aan.
Ook Len, jy is n yster. …
Ook Len, jy is n yster.
Sterkte met die herstel proses
Oubaas Len ...
Sterkte met die herstel en vat dit maar rustig, op hierdie ouderdom is die herstel tyd net langer.
Len, jy is n OU yster en…
Len, jy is n OU yster en baie sterkte met jou beterskap!
Het n lekkerlees en Kruger…
Het n lekkerlees en Kruger se dinamika uit n ander hoek. Sal graag wil Postnet stuur vir Lennie. Kan een van sy kennise dalk die inligting vir my epos.
Willem, as n pakkie met…
Willem, as n pakkie met Postnet gestuur word, moet ek dit adreseer aan n Postnet depot waar dit afgehaal word. Die ontvanger se naam en cell no gee ek die kant.Postnet stuur sms sodra dit by hulle land, en dan moet persoon wat dit afhaal, die sms wys en id wys.
So dit kan nie Len wees nie, dalk sy vrou? Foto van boek.
Kan ek sy of haar hommer vir jiu gee ?
Kan ek sy of haar hommer vir jou gee ?
Anders my e-pos is WilSur@TelkomSA.ne
Herman, dit is gaaf van jou…
Herman, dit is gaaf van jou om dit vir Len te doen.![]()
Sterkte Len
Ek wil ook net sê hoe bly ek is dat Len soveel beter is. Hoop die herstel is elke dag 'n bietjie beter en dat hy een van die dae kan teruggaan na sy huis.
Willem het my Lennie se cell…
Willem het my Lennie se cell no gestuur, dankie. Het n Wattsapp gestuur vir hom, maar nog nie reaksie gekry nie.
Boodskap van Len se vrou ...
Die steke is uit by Len. Hy is baie bleek en doodmoeg. Chirurg het die steke self uitgehaal en weer herhaal dat dit n wonderwerk is dat Len hierdie groot ingryp oorleef het. Hy het weer sy woorde herhaal van daardie Dinsdagnag. Dankie Here. Len gaan nou Woensdag die 30ste vir die angiogram wat soos n berg vir hom voorle. Baie dankie vir die omgee. X
Ek hoop Len word steeds by…
Ek hoop Len word steeds by die dag gesonder. Dit kom voor of daar wel 'n krisis was wat hy gelukkig oorleef het. Ek is so bly om dit te hoor. Ons hoop een van die dae kan Len self weer hier lees.
Hoop nie die ou gee om dat…
Hoop nie die ou gee om dat ek die foto wat hy gestuur het plaas nie. Vir my lyk hy perdfris. Hy gaan die boek geniet.






Hopelik word hy more…
Hopelik word hy more ontslaan, volgens Willem se whats app.