Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Huur Help met kamp beddens en… Geert -2 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -4 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -11 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -12 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -13 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 06/08/2021 - 16:34

Vanoggend nog 'n familie lid aan die dood af gestaan, my neef, dit maak die totaal wat ek persoonlik geken het nou bietjie hoog na my sin. 

Sommige was ge-ent, ander nie. 

Ek sien Dr G Vander Boshen (spelling) sê dat die volgende ronde virus se inenting gaan bots met die huidige entsof? 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 07/08/2021 - 10:07

Ek is bly ek het die entstof gevat, maar is tans so verwart, want mense wat gevat het, en ook nie het nie, sterf rondom ons. Moet my tweede een 6 September gaan kry, nou begin ek twyfel na wat daai viroloog Dr Vanden Boschen gesê het. Hy was betrokke by baie entsowwe se ontwikkeling en reken die een is glad nie genoeg getoets nie. Hy, oa, sê dat die entstof gaan met die volgende rondes bots?

Gelukkig is ek op op 'n ouderdom wat ek kan sê, as ek nog so jaar of wat kan oorleef, sal ek dankbaar wees want ek het 'n goeie lewe gehad,  maar sal graag nog so hele paar wil by hê voor ek gaanwink

Klink seker morbied, maar is nie so bedoel nie!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/08/2021 - 11:43

Die voorblad artikel in ons Saterdag uitgawe van Die Burger het hulle 10 dokters in hospitale se trauma-eenhede wat met Covid-gevalle werk, gevra wat is hulle opinie oor inenting teen Covid.

Al 10 dokters pleit by lesers as hulle nog nie ingeënt is nie, laat doen dit onmiddellik want die hantering van ernstige siek pasiënte aan Covid wat hulle ervaar, toon dat dit die regte en beste ding is om te doen  -  nie net om jouself te beskerm nie, maar ook jou geliefdes en ander mense met wie jy in aanraking kom.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 08/08/2021 - 07:46

Nou is ek nog meer verwart, die Dr het in Maart gesê die entstof gaan maak dat die virus "mutate", is dit nie wat reeds nou gebeur nie? 

Daar is nou reeds 'n nuwe mutasies in verskeie lande, soos bv VK en India waar inenting hoë persentasies behaal het?

Die Delta virus het ook eers na die enting versprei, verder is die nuwe mutasies ook meer gevaarlik as die Alpha en Beta variante??

0
Worcester

Wildehont

Sun, 08/08/2021 - 08:08

Die virus muteer nie vanwee die entstof nie. Dit muteer om verby die teenliggaampies te kom wat ons immuun sisteme maak nadat ons herstel het van die virus. Daardie dokter probeer paniek saai as jy my vra. 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 08/08/2021 - 08:22

Môre Chris, hel ek hoop jy is reg.

Daardie dokter probeer paniek saai as jy my vra. 

Al die verdomde gemors verwar my, een sê sus, en ander so.

Ek is hoegenaamd nie medies gekwalifiseerd nie en maak staat op nuus media, wat, lyk my net so erg soos sosiale media is angry

0
Worcester

Wildehont

Sun, 08/08/2021 - 09:30

Hier is twee artikels; die een verduidelik dat mutasies plaasgevind het voor entstowwe ontwikkel is, en die een waarom en hoe virusse muteer. Die stelling hier onder som die hele kwessie bondig op. 
A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 08/08/2021 - 09:35

Daar is n ou gesegde wat hier kan werk.

As jy niks aan die saak kan doen om dit te verander nie, dan is dit nie nodig dat jy daaroor bekommer nie.

0

.... kerm en kla so oor die Covid, dat julle skoon vergeet die klem in die forum moet val op vakansie en kampering.

Mens sal dink die forum is vir 'n outehuis, al waaroor gesels word is skete en kosresepte.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 08/08/2021 - 18:41

klem in die forum moet val op vakansie en kampering.

Wessel,  nou goed neem vir ons die voortou en kry die forum in dié verband aan die gang.

Met die gemiddelde ouderdom van forum lede.... 

Anton,  voltooi asseblief jou bovermelde sin

0
Worcester

Wildehont

Sun, 08/08/2021 - 20:53

klem in die forum moet val op vakansie en kampering.

Hoe meer mense ingeënt word hoe gouer kan ons weer kampeer soos van ouds. Maskers sal seker bly maar die lawwe inperkings sal hopelik wyk. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus