Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 minutes ago
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Centurion

Voortrekker

Tue, 26/09/2017 - 19:14

Daar het ek nou rustig kon sit en koffie drink na 'n lang besige dag, en kyk hoe die son agter Tafel Berg sak.  

Ek is opgewonde want more gaan ek gedurende die loop van die dag met Len kennis maak!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/09/2017 - 20:08

O genade Freda, dit is darem baie gevra  -  netnou dink die knaap snaaks van my  -  onthou, ek is nog net een maand  "swanger" !

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/09/2017 - 20:14

Freda en Len ek lees nou eers julle insette -  Nee Len mag nie vir my 'n stuiwe drukkie gee nie - ek sal snaaks dink

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 27/09/2017 - 05:41

Goeie môre almal !

Dis nog fris buite, maar alle aanduidings is dit gaan 'n lekker dag wees hier in die Kaap.

Lekker dag vir almal wat hier lees en deelneem (uitgesluit ouens wat net lees en nie saamgesels nie).

0
Centurion

Dusty

Wed, 27/09/2017 - 06:06

Goeie more Len en al die ander.

Hier is dit ook wolkloos op die oomblik. Gaan ook n lekker dag hier wees.

Geniet die dag voluit

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 27/09/2017 - 06:36

Goeie more almal.  Soos Len se, dit lyk soos 'n heerlike dag innie Kaap. Die gastehuis se kamer koffie is nie lekker nie, hoop om iets beter te kry met ontbyt.

Lekker dag vir almal!

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 27/09/2017 - 07:54

Dit is alweer Woensdag, mense, die weke vlieg regtig te vinnig na my sin.  

Voortrekker en Len, geniet jul kuiertjie saam.  Ek weet julle is albei baie voorbeeldige mense, so daar sal nie ongewenste insidente wees nie.   OK, die drukkie is uit, maar ons soek 'n mooi foto van julle twee op die koffiedraad.   Len sê mos altyd, as daar nie 'n foto is nie, dan het dit nie gebeur nie.

Dusty, ek hoop jy kamp lekker, my vriend!

My teekoppie is koud, nou tyd vir 'n koffie!

Lekker dag vir almal.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 27/09/2017 - 08:14

More almal lekke kamp by huis / see /bos /huis waar ook al ek is dankbaar dat ek nog n werk het en kan kamp en gesels met julle. Koffie loop soos stroop

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/09/2017 - 04:28

Goeie môre alle Kampforum mense !

Ek is 'n bietjie vroeg vanoggend - het  boekhouding en BTW van een van my kinders se besighede om af te handel vandag.  Ek hou nogal daarvan om dit vroeg in die oggende aan te pak en het net gou hier ingeloer.

Die 9de maand van die 12 maande van 2017 is amper op sy rug  -  tyd het gevlieg.

Dit lyk of ons darem 'n lekker dag hier gaan hê  -  geniet julle s'n ook !

0
Centurion

Dusty

Thu, 28/09/2017 - 06:16

Goeie more Len, Deon en die ander.

Jip. dit lyk na nog n lekker dag hier ook. Sien die mense hier begin nou so stuk stuk wakker word. Twee bure aan my linkerkant begin oppak. Verlaat die oord vandag. Het hulle geselsies geniet.

Koffie klaar gedrink so saam met beskuit.

Lekker en geseende dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 28/09/2017 - 06:25

Ek hoop julle almal voel vars en fris en gesond vanoggend.

Ons het elke dag baie dinge om voor dankbaar te wees.  Een daarvan is 'n goeie nagrus.  Daar is baie dinge wat mense wakker hou in die nag.   Bekommernisse, stres, pyne, slaapprobleem, ouderdom, wat ookal.   Wees bly as jy lekker geslaap het.

Ons het 'n gas in die spaarkamer wat 8 uur die pad moet vat en ek moet nou vir hom gaan brekfis maak.   Lekker dag vir almal.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 28/09/2017 - 06:52

Goeie more wesens!

Heerlike oggend in die Kaap.  Nog so 'n paar vergaderingtjies en dan klim ek weer 4pm op die plane terug na die beloofde land toe.

Nog 8 slapies dan haak ons Bloem toe!

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/09/2017 - 07:12

More se vrinne, mooi dag vir almal.

Dusty, geniet die kamp, Anton geniet die terug vlieg, elkeen, geniet wat ook al julle doen 

Ek het ook net gou kom more sê, dit is heeltemal toe getrek hier vandg, dit beloof heerlik reën??, dus beter ek my voete laat raas agter die grassnyer voor die reëntjie kom.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus