DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 669 views
More Frieps, more Dusty …
More Frieps, more Dusty
Ook 'n heerlike oggend hier by ons. Lekker dag vir almal!
Freda ,Dusty, Anton
Freda hoop julle kry goeie reen duty hoop koffie loop , Anton julle moet lekke kamp en julle ander gaan groot ons is bevooreg nog n dag gesien waar son op kom. Die koffie loop soos stroop
More almal.....
More almal.....
More-more almal, beker tee…
More-more almal, beker tee was lekker, ketel kook vir koffie.
Goeie more…
Goeie more.
Sien die weervoorspellers reken dat ons vandag gaan reen kry. So ook more en Saterdag. Daar by Freda moes dir verledenag dan ook gereen het.
Sit klaar en tee drink en die koffie is besig om te prut.
Geniet hierdie dag tenvolle
More Dusty en ander, besig…
More Dusty en ander, besig met beker tee, sit hier op die stoep en kyk hoe dit sag reen, heerlik verby.
More almal. Lekker dag. …
More almal. Lekker dag. Hier het ons darm nou so n paar druppels reen gekry.
More allemal mense! Die…
More allemal mense! Die reen het nou lekker hier by ons begin val in Kyalami. Ek sien hulle sit 'n GROOT stage en rig hier op - lyk na 'n moewiese party wat kom.
Lekker dag vir almal!
Goeiemore
Nee, ons het geen reën gehad in die nag nie en vanoggend is 'n sonskyn blou hemel dag. Ons is besig met 'n vieslike werk hier by die huis. Die hele oopplan leefvertrek se plafon word geverf. Alles word geskuif, gordyne af (en later weer terugsit). Klink nie so erg nie maar dit is 'n gedoente! Gister het voorbereiding begin, vandag en more verf, hopelik teen die naweek agter die rug.
Lekker dag vir almal en onthou, hou die blink kant bo!
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Gister lekker gereen. Is dankbaar daarvoor.
Vrydag het alweer gekom. Dit voel soos gister toe ek moes oppak by die kamp en nou is dit 'n week later.
Anton julle moet veilig ry en dit baie geniet.
Lekker dag en naweek vir elkeen
More almal.
More almal.
More maatjies! Ja die…
More maatjies! Ja die einde van die week het aangebreek en kan ons nou uiteindelik gaan KAMP!
Lekker dag vir almal!
More almal
More julle almal lekke reen gehad die laaste 24 uur in Secunda Anton julle moet mooi ry en geniet die koffie loop soos stroop vanoggend
More vrinne
Ek hoop almal het lekker geslaap.
Ja, die naweek is alweer hier. Voortrekker julle ry seker al. Hoop julle bly veilig en gaan alles baie geniet. Al die ander, of jy nou kamp of by die huis bly, lekker naweek hou.
Ons verwery is amper klaar, net die kombuis vandag. Lyk tog te mooi, die moeite werd.
Freda ons ry eers moreoggend…
Freda ons ry eers moreoggend - ek is nog op kantoor tot vanmiddag.
wonder ek nou wanneer beplan Koos Mol om daar deur te kom? Ek dink hy het gese die 8ste?
More, more, die naweek is op…
More, more, die naweek is op ons en die Kampblad kook.
Lekker man, geniet die naweek!
Môre almal. Lekker dag
Môre almal. Lekker dag
D.................
Dagsê almal !
Ek wonder hoe gaan dit met Willem-hulle in Shingwedzi met gisteraand se groot veldbrand daar naby ? Dit kon moontlik 'n beheerde veldbrand gewees het, maar die sterk wind kan lelik lol.
Koffie?
More more julle. Reen lekker in Jo hies. Kom skink n koffietjie. Ek en ma gaan va oggend na a Mahindra Jeepie kyk. Ons oorweeg dit om die woonwa maar te hou. Hy is nog nie verkoop nie. Mooi dag vir jou





More almal
Ja, Dusty, die weekbreker is alweer vinnig op ons. Dit is bewolk by ons vanoggend, hopelik lei dit tot bietjie reën later vandag.
Have a good day!