6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -42 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Roemenië - 2022

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dit smaak my Roemenië kan dalk vir die Bouchers realiseer. So pas met ons dogter gesels en dinge klink heel positief dat ons voorgenome besoek dalk kan gebeur. Ai, my vroutjie-lief sal haar spreekwoordelike agtertande gee om by haar dogter en kleindogter (en natuurlik ook skoonseun) te gaan kuier. Moet darem sê - ekself ook. 

My dogter stuur intussen die uitnodiging (wat nodig is vir visums). Ek het verlede week gekyk na vlugkostes. Tussen verlede week en nou is daar reeds R1000 verskil (duurder).

Dus - ons hoop maar dinge realiseer. Indien wel, hoop ons om vanaf vroeg Julie tot mid-September te gaan kuier. Ons sou wat wou gee om haar 45ste verjaarsdag môre met haar te kon deel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/04/2022 - 12:55

................nou wanneer neem julle die finale stap om te gaan en wanneer  gaan julle oor tot aksie om dit te realiseer  ?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/04/2022 - 14:11

Ons sou graag so vroeg moontlik in Julie wou vertrek. Maar ons is tot 'n groot mate op my seun-hulle aangewese. Eerstens losiesplek vir Stoffel(ina) en tweedens vir die vervoer lughawe toe en terug. Hulle gaan egter vir die winter-skoolvakansie weg en keer eers terug net voor die skole weer begin. Dit blyk dus dat ons waarskynlik nie voor 18 Julie kan vertrek nie. Die gedagte is om mid-September terug te keer. Ons kleindogter (in Roemenië) se nuwe skooljaar begin mid-September en ons wil nie in die pad wees wanneer hulle gewone huisroetines begin nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/06/2022 - 14:09

.... Chris WH (ek hou van Neef se Wille Chris) se duur wildtuintoer-draad verder te besoedel nie, tik ek eerder hier.

Na vele wik en weeg, dié kant toe en daai kant toe, het ons uiteindelik besluit om die bul by die horings te pak en ons kuier by die kinders in Roemenië te finaliseer. Ou Poetin en sy manewales in die aangrensende Oekraïne maal maar nog in die agterkop en laat steeds 'n mate van twyfel oor wat verder in daardie deel van die wêreld kan gebeur. Maar ons het besluit "tot hiernatoe" - "we're gonna bite the bullet" en gaan vir ons kinders kuier.

Ons datums is nou vasgemaak. Ons vertrek (DV) Maandag 8 Augustus vanaf Kaapstad met Turkish Airlines en keer weer op Vrydag 23 September terug - 6 weke se grootliks somerweer saam met die kinders. Toe my dogter gister laat weet sy't vir ons ook 'n kamer bespreek in 'n hotel in die Transfagarasan (kyk 'n bietjie op Google vir hierdie uitsonderlike bergpas), wanneer sy op Sondag 11 September 'n half-marathon gaan hardloop, het ons daar en dan besluit dat ons gaan - "come hell or high water".

Ons vlugkaartjies kos tussen R21k en R22k. En soos Johann Lock sê - verblyf is verniet, alhoewel ons darem ons bydrae lewer tot die dag tot dag lewenskostes terwyl ons daar kuier. Terloops, ek lees nou die dag op Netwerk24 oor die snaaksigheid dat sommige Johan's se naam met twee "n's" gespel word. Die rubriekskrywer wonder toe sommer waarom kry jy nie Piett, Paull, Jann ens nie. Niks bedoel nie Mnr Slot.

Nou lê die visum-aansoekproses voor - nie altyd die maklikste visumstelsel nie. Nietemin, ons is al voorheen met 'n paar geleenthede daardeur en sal maar weer op die tande byt vir die Roemeense konsulaat-personeel wat nie altyd as die vriendelikste oorkom nie.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/06/2022 - 15:47

Middag Chris B

Ek hoop julle hou van die lekkers, eet dit mos met so klein vurkie. Blykbaar al wat jy op daai vlug, vir daai prys kry.laugh

Is jou genoemde prys per persoon of vir julle beide? 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/06/2022 - 16:32

Ons vlieg graag saam met die Turke - 'n uitstekende redery en Istanbul lughawe is puik. 'n Verdere pluspunt vir ons is die direkte vlug tussen Kaapstad en Istanbul. Die vlug is 'n klein bietjie korter as ander Europese bestemmings, maar slegs 'n uur se vlieg vanaf Istanbul na Bucharest. 

Die eerste paar keer wat ons deur Istanbul gevlieg het, het ons gewoonlik behoorlik op-"gestock" met Turkish Delight. Maar ons het later besluit Beacon se plaaslike produk is vir ons lekkerder as die Turke s'n.

Die koste van ons kaartjies sluit ons beide in. Ek kon dit 'n bietjie goedkoper met Qatar kry, maar jou totale reistyd is heelwat langer as met Turkish. Ons het ook al met BA, Swiss, Iberia (toe laasgenoemde twee nog SA toe gevlieg het) asook Air France en KLM daarnatoe gevlieg. Maar Turkish (ons derde keer Roemenië toe) bly ons gunsteling - en goeie tariewe. Ek het ook vir my werk meermale deur Istanbul gevlieg.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 17/06/2022 - 18:27

🙏  Julle is geseënd en geniet die beplanning wat voorlê.

Vaalpark

Johann L

Fri, 17/06/2022 - 21:15

Baie opgewonde vir julle part Chris, dit is al wat lekkerder is as kamp planneyes

Wat die twee "nn" betref, ek is van Duitse herkoms.

sommige Johan's se naam met twee "n's" gespel word. Die rubriekskrywer wonder toe sommer waarom kry jy nie Piett, Paull, Jann ens nie. Niks bedoel nie Mnr Slot.

Geen probleem nie Chris, ek is super trots op my herkoms.

Vaalpark

Johann L

Wed, 22/06/2022 - 08:09

Chris, hoe het julle die vlieg kaartjies en visums hanteer?

Blykbaar het al die Flight Centres toe gemaak en kan mens nou slegs online bespreek. Ek het nou al vier e-posse gestuur, 25 minute aan gehou op die foon, maar kry geen reaksie uit hulle nie.  

Hier was vroeër 'n toeruste agentskap in Vanderbijlpark, Park Toere, wat ons ook gebruik het met fantastiese diens.

Ons doen gewoonlik die vlieg kaartjies en visums deur een agentskap, maar heelaas, geen diens hier nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/06/2022 - 08:25

Ek het aanvanklik kwotasies deur Travelstart.co.za gekry. Toe't ek sommer deur hulle probeer bespreek. Maar ek kon nie met my kredietkaart-betaling slaag op hulle web nie. Toe't ek direk met Turkish Airlines (op hulle web) bespreek.

Die Roemeense visumstelsel werk bietjie anders as meeste ander lande. Omdat ons by ons kinders gaan kuier, moet my dogter 'n uitnodiging (opgestel en gestempel deur 'n notaris) aan ons stuur - die oorspronklike wat per koerier moet kom. Jy vul jou visum-aansoek "online" in (wat ek nog moet doen) en dan maak die Roemeense konsulaat in Kaapstad met jou 'n afspraak wanneer jy persoonlik moet inkom met al die skriftelike dokumente, waaronder jou paspoort, bewys van fondse, mediese versekering, bewys van bespreekte en betaalde vlugkaartjie en natuurlik die uitnodiging. M.a.w. jy besoek die konsulaat twee keer - om jou dokumente te gaan inhandig en weer jou paspoort met visum te gaan afhaal.

Altyd 'n ou groot schlep vir my. Maar nou ja - as jy vir jou kinders en kleinkinders wil gaan kuier, doen mens dit maar gewillig.

Kyk eers op Travelstart na jou opsies vir vlugte. Inderwaarheid is dit 'n puik webblad. Ek vertrou jy kom reg.

Vaalpark

Johann L

Wed, 22/06/2022 - 09:42

Baie dankie Chris, ek waardeer jou vinnige terugvoer, ek gaan gou op travelstart kyk. Hoop ek kom reg.

Die visums, sover, lyk my ek gaan Pretoria toe moet ry, maar dit is reg, ons verlang.

Vaalpark

Johann L

Wed, 22/06/2022 - 15:57

Ek was nog besig op Travelstart, toe bel my skoonseun, Quntas stel van 1 Nov 2022 weer vlugte na SA in, en hy gaan ons boek op 'n direkte vlug van OR Thambo JHB na Perth. (Retoer gaan so AUD $3500.00 tot $4000 kos - hulle kers geskenk aan ons)

Nou met 'n agent gepraat, hulle vra 'n admin fooi plus die visums se kostes, gaan so bietjie meer kos maar spaar my op en af ry.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/06/2022 - 17:17

.... Kersgeskenk!! Ek's bly vir julle onthalwe as dinge begin in plek val vir die kuier 'doer onder'.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 07/07/2022 - 13:35

... dat ek dalk 'n klomp geld in die water gegooi het. My vlugkaartjies is ten volle betaal, maar die Roemeense diplomatieke missies in SA maak my wiele pap. Ons e-visum aansoeke is ingedien en ek het e-posse ontvang dat dit "Sent for validation" na Kaapstad se konsulaat gestuur is (waardeur ons nog elke keer gewerk het). Teen hierdie tyd moes dit al gewys het "Validation in progress" - maar nog niks.

My telefoniese navrae t.o.v. 'n spesifieke dokument ter ondersteuning van die visum-aansoeke loop op niks uit nie. Ek kry geen antwoord op die konsulaat se telefoon nie. Die ambassade in Pretoria beantwoord hulle fone d.m.v. 'n bandmasjien in Roemeens. E-pos navrae na Kaapstad en Pretoria is onbeantwoord.

My dogter het vanoggend met 'n kantoor in Bucharest geskakel. Ek sal maar nie sê hoe sy haar gesprek ervaar het nie. Die persoon aan die anderkant van die lyn sê dit is onmoontlik dat daar nie antwoord is by die Kaapse konsulaat nie. En daar haak ons vas.

Ons veronderstelde vertrekdatum is eerskomende Maandag oor 4 weke. Ek vertrou maar daar gebeur intussen iets positiefs. Ek het nog nooit die visum-proses vir Roemenië maklik gevind nie, maar hierdie keer is dit vir my 'n nagmerrie.

Pleks ek het maar wildtuin toe gegaan.

Vaalpark

Johann L

Thu, 07/07/2022 - 16:33

Ai Chris, hierdie kant van aandbol is absoluut pateties.

My dogter het alles van haar huis in Australia ( deur die ambasde daar ) gedoen, als het seepglad verloop, ons was vanoggend vir die sg biometrics, vinger afdrukke en fotos.. ons is binne 30 minute in en uit. Sy (my dogter)het eers probeer om die VFS centrum in Pretoria te bel, nodeloos om te sê, sy het besluit Australie gaan werk.

Ek glo julle gaan reg kom, ek hou duim vas.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus