Ek weet heelwat bendelede op die forum hou nie van gesels oor dinge wat dalk effe diep in wetenskap kan wees nie, maar 'n paar van ons geniet dit weer![]()
Iets wat sekerlik Neef en Wessel se belangstelling sal prrikkel is die plaaslike kern gedoentes. Een van my ou kollegas by UP, Prof Andre Buys, was destyds deel van die wapen program en het pas deelgeneem aan 'n nuwe Kyknet reeks wat daaroor handel. Pas die volgende van hom ontvang:
KykNET het 'n dokumentêre reeks getitel "Die Bom" oor Suid-Afrika se Kernwapenprogram vervaardig. Ek het op 4 Mei 'n video-onderhoud met Pieter Steyn (regisseur en skrywer van die dokumentêr) in die Oostvallei biblioteek gehad, waarvan dele in die dokumentêr opgeneem is. Ek was ook op 9 Junie saam met die kykNET-span by die Safari-1 kernreaktor by Pelindaba. Die uitsaaidatum vir episode 1 is op Woensdag, 23 September, 20:00 die aand (DStv kykNET kanaal 144), met episodes 2 en 3 die Woensdagaande daaropvolgend. Die lokprent vir die dokumentêre reeks is hier te sien https://www.youtube.com/watch?v=qKV4VsymLs8.
Ek sal verseker die reeks volg, en ek glo Wessel en Neef ook!





Die Bom
Het gesien daar word op TV voorbrand gemaak vir die dokumentêre reeks.
Sal ook volg want dit lyk na 'n interesante/omstrede onderwerp.
Die Bom
Dankie Grootwind, dit gaan 'n insiggewende TV-reeks wees. Ek sal ongelukkig nie kan kyk nie. Ek hoop en glo dat daar nie erge sensitiewe inligting verklap sal word nie.
Dok Johan Slabber is meer…
Dok Johan Slabber is meer bekommerd dat hulle strooi sal praat in die dokkie...sal maar kyk en oordeel!
Dr Johan....
....ek het groot agting vir hom. Het hom leer ken as 'n man met 'n vêrsiendheid betreffend kernreaktore en die aanwending daarvan.
Ek het hom na sy afwesigheid by Pelindaba weer beter leer ken met die "amper" samewerking met die PBMR brandstof ontwikkeling en toetse program.
Hy mag reg wees met sy siening, want sensasionele TV programme oor so 'n geheime kernprogram kan ontaard in strooi praat en aandik [verdraaiing] van feite.
Dok Johan moet seker naby aan 80jr wees, dis nou as ek sy geboortejaar reg onthou. ek moes baie kere toegang vir hom reël tot gebou..
Jy is reg Wessel, hy is nie…
Jy is reg Wessel, hy is nie meer vandag se kind nie. Maar steeds net so besig met moeilike somme maak as voorheen, hy het glad nie sy vermoeë wat dit aanbetref verloor nie, en steeds besig met een of ander PBMR idee! Hy was my direkte lynbestuurder by PBMR en ons is daarna saam UP toe, hy by Dept. Meganiese Ing'swese waar hy (raai!) kursusse aangebied het in kern ing'swese. Deesdae is hy kamma afgetree innie Kaap. Onse land het meer van sy soort nodig!
Vela insident
22 September 1979..... Ons het die tegnologie, hoekom dan nou nie. Gaan beslis kyk.
Hoop net nie dit raak te tegnies nie. Eerder so lekker Deon Meyer intrige. Met paar ware feite en n lekker storie daarom geweef om dit lyf te gee.
Kern Program
My kern program vir die week is om my karavaan te pak, kos te koop en reg te maak vir die lang naweek kampeer
Kern Program
My kern program vir die week is om my karavaan te pak, kos te koop en reg te maak vir die lang naweek kampeer
Kern Program
My kern program vir die week is om my karavaan te pak, kos te koop en reg te maak vir die lang naweek kampeer
Kern Program
My kern program vir die week is om my karavaan te pak, kos te koop en reg te maak vir die lang naweek kampeer
Skuus
Skuus....website het errors gewys.....gevra of ek wil re-submit....seker verkeerde knoppie gedruk. Miskien te lank stil gewees....stelsel rus nog?
Beginne lyk asof jy 'n…
Beginne lyk asof jy 'n ernstige hakkel aanval beleef!