6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/10/2026 - 10:51

...wens haar dan asb geluk en gee haar 'n klapsoen vir my partlaughlaughdevil

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/10/2026 - 14:07

Ek sien op Sanparke dat die persoon wat die bespreking maak, ouer as 60 moet wees. Hou in gedagte, dalk as jy jonger as die beterhelfte 

Pretoria

Geert

Thu, 01/10/2026 - 16:19

Hi Wessel. Ja, bespreking was oorspronklik op my naam teen R9000. Deposito datum was vandag, so het reeds na haar naam oorgedra. Basies R2500 besparing

Pretoria

Geert

Fri, 02/10/2026 - 08:49

Is hierdie forum stadig besig om dood te loop? Amper 2 weke terug dat probleem ontstaan het. Soos Wessel uitwys is ons maar n handjie vol wat tydens probleem nog ingelog was en kan deelneem. Ek sien tans nie die nut daarvan om iets hier te plaas nie en mense wat wil saamgesels dan, moet vir my persoonlike WhatsApp stuur omdat hul nie kan inlog nie. Die forum het juis die laaste tyd weer lekker spoed opgetel.

Dit sou jammer wees....ons het soos n familie hier gevoel. As iemand kampeer en sy ervaring deel, het dit gevoel asof mens saam toer.....iets wat mens nêrens elders ervaar nie. Selfs die kampeer vooraf beplanning van n lid het die ander opgewonde gemaak.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/10/2026 - 11:23

Ek het vanoggend 'n boodskap van Anton gekry.

"Die website moet van drupal 9 tot drupal 10 opgradeer word. Hy moet egter 'n developer inkry om die taak te doen"

Ek het hom aangeraai om vir ons 'n kwotasie te kry, wat ek dan hier kan plaas. Ons moet dan besluit of ons, soos in die verlede, 'n vrywillige bydra sal maak.

Sodoende kan ons die forum tot sy volle glorie laat herleef, tot genot van almal. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/10/2026 - 11:44

Anton het my nounet ingelig dat hy eers die naweek self gaan probeer om die werk te doen.  Hoewel dit tyd gaan neem,wil hy leer om dit self te doen.

Kom ons hou duimvas dat hy suksesvol is.

Centurion

Voortrekker

Sat, 03/10/2026 - 08:12

Goeiemôre.

Lyk my ek het bietjie vrugte gepluk danksy deurnag se werk om die login probleem op te los.

Maar ons is nog nie klaar nie.  Ek moet nog die hele webwerf opgradeer

Pretoria

Geert

Sat, 03/10/2026 - 08:24

En die " hakkel" is lyk my ook weg! Nou kan ons lekker saam Chris Boucher toer

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 03/10/2026 - 08:46

Dankie vir die laat ure en geluk met die sukses wat jy bereik het Voortrekker. Sal sien of ek ook 'n hakkelaar is en of sake glad verloop wanneer ek nou die knoppie druk.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 03/10/2026 - 10:28

Met die tydelike onderbreking wat ons hier beleef het het ek die forum vriende vreeslik gemis - kon "rooflees', maar almal het skielik so ver weg gevoel. Ek kon ook nie aanteken nie, terwyl dit aangetoon het dat ek aanlyn is. Verstaan nou die begrip "frozen in time"....

Ten einde laaste het ek besluit om my musiek te herorganiseer....duisende musieksnitte. Dit gaan nog lank neem, want interessant is hoe musiekvoorkeure oor tyd kan verander. Die lekkerte daarvan is dat ek myself skoon verloor in jare se herinneringe.

Dit dan waarmee ek myself besig gehou het, maar dis beter om terug te weeslaugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 03/10/2026 - 18:54

Iewers het ek jou inset oor Voolie gelees maar kon toe nie reageer nie. Dankie dat jy ons op die hoogte hou van haar welstand. So bly dat sy 'n goeie maat gekry het. Laat weet asb wanneer die kleines aangekom het. Ek hou styf duim vas dat daar nie 'n Voolie-2 op die vloer beland nie.
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 04/10/2026 - 07:15

Voolie het kuikens uitgebroei Woensdag, en sy is vreeslik woelig met kos aandra. Piet moet die klompie warm hou terwyl sy soek en hy gee die pragtigste sagte geluidjies waneer sy hom opjaag. Hoeveel kuikens daar is kan ek nog nie sien nie, sal moet wag tot hulle  begin kop uitsteek. 

Die ander mossies, vinke, laksmanne , duiwe al die geveerde volkies hier is besig met kinders grootmaak. Hoor ek gister n melodieuse sang soos die van n kanarie. Is dit n " Pinn tailed Wydah" wyfie wat so pragtig sing. Hulle lê hul eiers in ander voēltjies se nessies

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 04/10/2026 - 16:02

Die www sê vir my dat mossies 4-6 eiers lê. Daar kan dan moontlik oor 5 dae (5 is verby) 'n hele paar nuwe  stemmetjies op Neef se werf wees. Ek wag in spanning vir nuwe nuus. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus