6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -31 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Desember 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.

Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 06/12/2021 - 06:55

Steeds bewolk hier in Pta.  Lyk nie of dit veel deur die nag gereën het nie.

Vandag kom die ouens vir die plaveisel om die swembad.

Geniet jou dag.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/12/2021 - 19:54

Willem, ek raai dis Johann Lock wat weer begin inloer.  Op die ouer insette verwys Unknown dikwels na sy Penta en antwoorde van verskeie ouens spreek hom aan as "Johann" met twee n'e.

Irene

Grootwind

Mon, 06/12/2021 - 19:56

Iemand wat voorheen hier was en padgegee het? Dink as jy "bedank" word jou handvatsel outomaties verander na "Unknown", oftewel man/vrou sonder naam, amper soos in BZN, Band Zonder Naamlaugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/12/2021 - 20:07

Ek dink my raai is in die kol.  Met 'n bietjie speurwerk kom jy af op die draad "Vriendelike debatvoering" wat destyds deur Johann begin is.  Deesdae staan daar Unknown Sasol om ons te mislei, maar dis natuurlik Sasolburg !

Vaalpark

Johann L

Tue, 07/12/2021 - 05:47

Uitstekende speur vernif, dit is ek, Johann Lock, en ek lees sou dan en wan hier, maar die lis vir deelname ontbreek nog totaal en al. Teveel politieke snert en geen kamp verwante gesprekke.

Vaalpark

Johann L

Tue, 07/12/2021 - 05:49

En o ja, ek het my rekening delete, maar iemand het onlangs vir my 'n e-pos gestuur om my rekening te aktiveer, wat ek toe gedoen het. Maar kan nie my naam op die forum verander (herstel) nie.

Môre Johann

Bly jy is nog deel van ons. Ek sien jy kla oor " te min kamp verwante gesprekke". 

Dan moet jy mos gaan kampeer, en verslag doen. laugh Ek vermoed ons almal is hartlik g...vol om so effe aan bande gelê te wees. Hopenlik gedurende Desember en Januarie gaan die kampeer insette vermeerder. 

Waar gaan julle die seisoen kampeer.?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 08:18

Goeie môre Kampmaters, insluitend Johann.

Ek is baie trots op my herwonne speurvernuf  -  in my bankdae jare gelede was bedrog, vervalsings, diefstal en bankrowe deel van die portefeulje wat ek bestuur het.  Het sommer soms selfs ingespring om ouens en ouhinne aan die pen te laat ry.  Miskien moet ek my dienste by die Valke gaan aanbied want ek sien adv Shamila Batohi van die NVG sukkel maar met deeglike ondersoekwerk deur die Valke.

Te min kampverwante gesprekke :  Dit is natuurlik 'n feit omdat weens verskeie realiteite kamp ons almal heelwat minder en sal die gesprekke hieroor krimp.  Maar vriendskappe behoort nie noodwendig oor hierdie gebrek verbreek te word nie en soos wat vriende maar maak, begin dan maar geselsies aanknoop oor die dinge waaroor ons almal deesdae om kampvure (al is dit by die huis) praat soos politieke gebeure, finansies, Covid-19 en les bes, inenting of selfs die Ford / Toyota sage.  Of 'n ou daarvan hou of nie, dis prominente gebeure in die land wat 'n besliste invloed op ons kampering het, waaroor gepraat word en wat ons lewens (insluitend kampering) beïnvloed.  Hoekom sal ons as vrinne nou kwaad wees as ons daaroor wil praat ?

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 07/12/2021 - 09:15

Dagse aan almal, van die speurders tot stoepsitters. Ouma se gisteraand, ons gaan nou begin muf van al die nattigheid, en... die peste en plae gaan floreer. Kan al klaar sien hoe slaan die roes op die groente uit, en Wildehont se spinnekoppe teel aan by die miljoene.

Met die onlangse wynkooptrippie n ou fiets saamgebring wat in suster se tuin gestaan het. Karring al jare aan haar vir die fiets, maar wou niks weet nie. Wel toe maak ek haar n mooi kopstuk, vir dubbelbed, van rommel wat sy hier aangebring het, en toe gee sy in. Die fiets blyk hier uit die 30s te kom met die meganiese remme.  Het so met die nat weer dit uitmekaar gehaal, en gaan net poleer en die laers etc weer smeer. Moet oorspronklik en gebruik lyk.

fiets

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 09:28

'n Tipiese vroumens-fiets toe 'n meisiekind nog betaamlik 'n fiets bestyg het.  Deesdae se meisies gooi sommer been oor die saal, alhoewel hierdie fiets se saal 'n bietjie hoog sit !

Vaalpark

Johann L

Tue, 07/12/2021 - 11:09

Dankie Anton, ek het reg gekom.

My proleem is nie so seer die gebrek aan kamp verwante onderwerpe nie, ek kamp elke maand. My lis is geblis vir al die persoonlike aanvalle op anti-vaxers en vaxers. Kom ons laat die son skyn oor elkeen se kop en respekteer elkeen se besluit.

My vrou het ook intussen laat ent, ek het haar nooit ooit probeer oortuig hoe "dwaas of wys" sy was en of sy nou is nie. DIT WAS HAAR BESLUIT!

Andersins, was ek verkeerdelik, dalk, ook onsteld oor die teen my geloof aanvalle, maar het besluit dat ek nooit weer hier op die forum daaroor sal praat nie. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/12/2021 - 06:50

Welkom terug "Oom Slot"

Hier is dit steed bewolk maar het geen reë deur die nag gehad nie.

Die 3B se yskas is aan om hom te begin pak.

Die plaveisel om die swembad moet ook klaar kom.

Geniet julle mid week.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/12/2021 - 07:08

.... Johann. Ek deel van jou sentimente waarom jy tydelik onttrek het. Ek het ookal só gevoel by geleentheid. Dan mis ek later die ou klomp donners wat my so vies maak sóveel dat ek maar weer terugsluip.

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/12/2021 - 07:20

Dankie vir die positiewe insette, dit word waardeer yes

Willem, ek glo daai opgewondenheid is al erg daar in Daspoort, veral met al die teenspoed wat julle ervaar het die af gelope tyd, sterkte en gaan geniet die weg koms vol uit, julle verdien dit.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus