6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -12 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -28 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Naand Chris B

Hopenlik kry ek fotos gelaai van my hak. 

Jy sal sien regs van die dwarspen is daar 'n boutkop. Weerskante van my stang is sulke boute ingesit wat die male en female aanmekaar hou. Heel voor op die punt sit die locknut, sommer net ingedraai in die male, vervul dus geen funksie nie.

Mens kan my trokkie optel aan die hak, daar is geen speling nie.

Groete 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/04/2021 - 20:33

.... hier kom dit :  aan die man daar van Brits wat my kort-kort kapittel :-

Wessel, is daar 'n tekort aan swart verf in Brits ?

Môre Len

… ek het geweet ek moes eers die bleddie onderstel skoonskrop! Verf gaan nie help nie, ons ry elke dag turf, grond en modderslote nog voordat ons uit die dorp is.

Gelukkig het jy nie die skeur in die plastiek oortreksel raakgesien nie.laugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 09:26

...beslis die skeur in die plastiekdop gesien, maar wou dit laat vir 'n volgende "aanslag".  Ongelukkig het Chris WH my voorgespring.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/04/2021 - 21:27

.... Johann. Ek sit nou hier en ontspan met 'n glasie witwyn na 'n bedrywige dag. Ek het gedink dat met my agtermekaar kry van al die items wat moet saamgaan, sal dit die inpakkery vergemaklik. Ja, dit het - maar dit is nog steeds 'n bedrywige dag gewees. Ek sê netnou vir Ralie: "Wanneer laas het ons 'n gebakte eier op brood vir aandete gehad. Die tyd het net eenvoudig op ons uitgeloop - dus het daar niks gekom van die beplande spaghetti bolognaise nie. Maar (DV) môre-aand se "rump steak" met krummelpap en sous sal beslis gebeur in die Karoo Nas Park.

Ek gaan maar vroeërig opstaan om gou die laaste takies af te handel en as dinge volgens plan verloop wil ek graag poog om teen 08:00 hier weg te kom.

Maar ek sal poog om my mede-forumiete op hoogte te hou van ons vordering asook doen en late by al die wonderlike plekke wat ons gaan besoek.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 22:06

ChrisB, seker nou te laat om jou 'n goeie wegtrek-reis toe te wens, maar as jy môreaand klaar jou rump steak geëet het, sal jy seker darem sien ek het aan jou gedink.

Veilig ry !

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/04/2021 - 05:20

Ek sit nog eers rustig met my oggendkoffie en sal hopelik nou-nou ontwaak as die stortwater oor my val. Die datum (15 Apr) het uiteindelik aangebreek. En dit wil blyk asof die weer gaan saamspeel om lekker te kan sleep. Die gewone roete wag, naamlik Villiersdorp, Worcester (wat ons inderwaarheid met 'n verbyry-roete mis en waar ons by die N1 aansluit), Veldskoen padstal vir 'n laat ontbyt, Touwsrivier, Laingsburg (vir 'n Wimpy-koffie), Leeu-Gamka (Ralie se grootword-wêreld) en dan die oase in die Karoo.

Julle moet mooi ry Chris en Ralie. Onthou die vakansie begin sodra jy uit Kleinmond uit ry.

Worcester

Wildehont

Thu, 15/04/2021 - 09:05

Worcester (wat ons inderwaarheid met 'n verbyry-roete mis en waar ons by die N1 aansluit),

Hoe op dees aarde kry julle dit reg om van Villiersdorp af aan te sluit by die N1 sonder om deur Worcester te ry? Tensy julle via Rawsonville ry is dit onmoontlik, maar selfs dan ry julle deur ‘n deel van Worcester wat ek eerder sal vermy. Daar was al klipgooi insidente op die R43 by Avian Park - die buurt aan jou linkerkant net voor die T-aansluiting waar jy links draai Nekkies en Rawsonville toe of regs Worcester toe. ‘n Veiliger roete wat ongelukkig langer neem is om regs te draai by die tiep (ashoop). Dis die eerste afdraai na Aan De Doorns kelder. Na jy daar afgedraai het ry jy reguit tot in Hoogstraat net verby die SAPD waar jy regs draai tot by Riebeeck waar jy links draai. Van daar ry jy oor die treinbrug, waai skuins na links by die brandweer vir ons (ons huis is op die bultjie) en aan tot by die N1. 
Ry veilig en hou op die swart deel. 

Vanaf Villiers ry jy by Brandvlei verby en by Aan De Doorns draai jy regs. Dan kruis jy so 5 km verder die Worcester/ Robertson pad. Ry die Over-Hex pad tot by die N1.  Jy sluit dus by die N1 aan tussen Worcester en De Doorns.

Worcester

Wildehont

Thu, 15/04/2021 - 10:01

Ek het vergeet dat jy oor Nonna en De Wet kan ry. As ons van Villiersdorp af kom is ons altyd oppad huis toe. Ek het uiteraard al daardie pad gery, dit is ‘n sinvolle verbypad en nogal ‘n mooi stukkie. 

Môre Chris S en Servaas

…. om die plek mis te rylaugh

Ek onthou die pad deur Over-Hex, maar die gedeelte onderom Worcester, Villiersdorp toe, is dus na 1990 gebou.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/04/2021 - 10:47

2021

En daar staan die lotjie, gereed om weg te trek. Ons het toe op die kop 08:00 uit Kleinmond. Tussen Caledon en Villiersdorp tot tussen laasgenoemde en Worcester in taamlike dik mis gery. Ek vergeet toe ons donkiemedisyne in ons huis se yskas. Toe maar eers gou by die koöp in Villiersdorp 'n botteltjie gekoop.

Dankie vir almal se goeie wense vir die reis en vakansie. Ons is tans by Veldskoen padstal vir 'n lekker "brunch".

Dankie Servaas vir jou verduideliking aan Chris WH t.o.v. van die pad om Worcester te mis. Dit is inderwaarheid niks korter nie, maar jy sny Worcester se "hustle & bustle" uit.

 

Worcester

Wildehont

Thu, 15/04/2021 - 11:21

die pad om Worcester te mis. Dit is inderwaarheid niks korter nie, maar jy sny Worcester se "hustle & bustle" uit.

Provinsie beplan nou al baie lank om ‘n verbypad (eintlik een aan elke kant) om Worcester te bou. Die eerste een sou Oos van Worcester verbygaan van die N1 af om by die R60 Robertson toe aan te sluit en die ander Wes van Worcester van die N1 af om by die R43 Villiersdorp toe aan te sluit. Die bestaande twee kruisings op die N1 met verkeersligte sou dan bruê oor die N1 sonder afritte word (sover ek weet is dit die enigste verkeersligte op die N1 tensy daar in Louis Trichardt nog een is). Dit sou al die verkeer wat deur Worcester ry om by die N2 uit te kom en vice versa om die dorp lei en ons baie geraas en skade aan ons paaie spaar.

SANRAL moet egter die wisselaars bou omdat die N1 hulle pad is en hulle weier sedert Kaapstad hulle hof toe gevat en gekeer het dat hulle die N1 en N2 tolpaaie maak. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 15/04/2021 - 18:55

Julle het n' lang pad. Wees veilig en meer as enigiets stop en oornag gereeld. Julle pad is lank.

Die Wildtuin is die beste plek vir ons. Soos n' ander wereld!

As ek my wens het en kon dit bekostig het sou ons permanent in die KNP gewoon het.

Geniet dit!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus