6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -12 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -28 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Vaalpark

Johann L

Sat, 17/04/2021 - 15:21

Nee, nee Len, moet nou nie af raak nie. Chris gaan voort met jou vertellinge, Len is net afgunstiglaugh

Len, jy gaan tog seker nie heel dag, elke dag sukkel met die stort nie, dit neem mens paar minute, en die res van die tyd kan jy weer jou beurt benut om ons afgunstig te maak.

Hello Chris B

Die foto waarna ek verwys, wat die ekstra boute toon in die sleepstang, is tevore op die draad geplaas.

Hopenlik kan iemand die modifikasie vir jou ook doen.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/04/2021 - 18:09

Ons was maar die grootste gedeelte van die dag net sleg hier in en om die karavaan - ons skakel nog af. Laatmiddag gaan kyk ons toe by die park se winkel vir 'n brood, maar hulle het net witbrood - en ons Boucher's is vol strooi, ons eet net bruinbrood. Ons besluit toe om maar gou in te ry Beaufort-Wes toe waar ons toe gaan bruinbrood koop. Ons plan was om met die terugkeer sommer die Lammertjieleegte sirkelroete te gaan ry. Maar toe ons by die park se hek inry, besluit ons toe om eerder reguit kamp toe te ry a.g.v. die son wat al laag was en wat dit moeilik gemaak het om wild te soek.

Maar ons sien toe 'n paar voertuie en entjie op die Lammertjieleegtepad en besluit om wel te gaan kyk. En daar sien ons vir slegs die 4de keer gedurende die afgelope 31 jaar wat ons dié park besoek 2 swartrenosters. Ongelukkig was die kalf agter haar ma en kon ons nie die twee tesaam afneem nie. Hier is die swakkerige foto.

Karoo

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 17/04/2021 - 19:51

....ek het nog nooit 'n renoster in die Karoo gesien nie  -  om nie eens te praat van 'n nie-blanke een nie !

Chris, streng gesproke mag ons nie 'n renoster se plek openbaar maak nie, maar jy het seker vergeet.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 18/04/2021 - 08:41

Ons kamp al vir jare in hierdie park. Hier was 'n paar jaar gelede 'n alleenloper-bobbejaanmannetjie wat hier en daar kom gesig wys het in die kampeerarea. Maar hy is voortdurend verjaag dat hy seker maar later besluit het om ander spreekwoordelike weiveld te gaan soek.

Maar gisteraand, net na sonsaktyd, hoor ek my bure oorkant die pad 'n geraas maak soos wanneer 'n aap of bobbejaan verjaag word. Dit ís toe 'n uitgegroeide blou-aapmannetjie wat hulle uit my bakkie verjaag. Ek het die agterklap van die kappie laat oopstaan ter wille van die Snomaster wat daarin staan. Ta het seker iets te ase gaan soek (en daar is baie kos in plastiekkratte agterin), maar is gelukkig gou deur die bure verwag.

Ralie het op daardie stadium gestaan en skottelgoed was toe die kalant verby haar kom en in 'n doringboom gaan sit. Hoe sy hom ookal verder wou verjaag, het hy haar ongehinderd aangestaar - totdat ek met die kettie uit die karavaan kom. Toe laat spaander hy.

Vanoggend is Ralie vroeg ablusie toe en laat die karavaandeur oopstaan. Ek sit op daardie stadium en lees op dié forum. Die volgende oomblik kom die boggher doodluiters in die karavaan in. Ek weet nie wie't die grootste geskrik nie, maar hy't dadelik laat spaander toe ek hom met 'n luide "Jou bliksem" groet.

Ek hoop die bestuur maak gou 'n plan met hom. Dit was nog altyd 'n park waar 'n mens in vrede kon kamp sonder enige vrese vir primate wat amok maak.

Vanoggend is 'n lieflike oggend sonder daardie kouerige byt wat daar gisteroggend in die lug was. Maar ek dink ons gaan bietjie warm kry later in die dag.

Lekker dag vir elkeen wat hier lees.

Vaalpark

Johann L

Sun, 18/04/2021 - 08:53

Môre Chris, ja daai ape kan 'n pes raak, hoe gouer hy verstaan dit is 'n taboe area, hoe beter vir homself voor hy uit gewis moet word. Jy moet hom sommer met 'n klip in die kettie skiet, hy sal gou leer.

Hoe dit ook al sy, geniet jul verblyf daar en maak maar alles toe. Ons het ook nog geen las gehad daar nie, ek glo die manne daar sal vinnig op tree.

Ralie sal maar versigtig moet wees, die primate is chauvanisties van aard.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 18/04/2021 - 18:33

Chris, vra asseblief die vriendelike vriend-veldwagter om 'n plan te maak met daardie blouaap voor ons kom  - ek is nie lus vir sulke nonsens nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 18/04/2021 - 19:34

Ek sien die weervoorspelling sê môre Maandag en Dinsdag reën vir B/Wes.  Hou maar dop vir die oppak van 'n droë tent.

Nelspruit

Koos Mol

Sun, 18/04/2021 - 20:01

Julle moet julle lang toer geniet en veilig ry.  Onthou dis vinnig om die rooi tapyt uit te rol sou jou roete verander. Groete aan Ralie.

Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 18/04/2021 - 20:28

Klink vir my daar kamp 'n "boelie" in die Karoo wat blou apies rond jaag, arme goedjies, seker ook hanger. Sommer net 'n grappies, ons het die klein arrogante blikskottel gesien voor verlede week en hom ook spoed gegee. Daai week gesien hy klim sommer in 'n karavaan in en as jy hom verwilder dan loop hy maar rustig verder asof niks gebeur het. Baie soos onse inheemse volk. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 18/04/2021 - 22:09

Na nog 'n rustige (en nogal warm) dag het ons eers weer laatmiddag 'n kort draaitjie gaan ry - Klipspringerpas uit en weer terug. En weereens het die klipspringers nie teleurgestel nie. So ook die bergkwaggas, koedoes, bobbejane, rooihartbeeste en 'n enkele vaalribbokram. En ons het etlike minute gekyk na 'n bleeksingvalk wat sy prooi uit 'n digte Karoobossie wou skoffel met sy voete, maar uiteindelik moed opgegee het.

Ter wille van Len wat navraag gedoen het oor die Rooivalle, sluit ek 'n foto of twee in wat ek vandag geneem het. Die son was net baie lastig.

Karoo

Karoo

Karoo

Karoo

Karoo

Karoo

Nou begin ek bekommerd raak - die tyd loop uit. Vanaand reeds die 4de aand van 6

Môre Chris B

Geniet julle insette tot hede.

As ek so lees van Karoo NP, dan sal ek 'n besoek daar moet beplan. Dit is darem vir my ook oppad na die kinders toe in Hermanus.

Veilig reis, en moenie bekommer, solank daai dwarspen sit in die hak, sal die wa nie loskom nie.laugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/04/2021 - 10:04

Ek weet presies van Rooivalle en daardie uitkykpunt, maar die naam Rooivalle moes my ontgaan het.

Dis vir my altyd so opvallend dat die bergkwaggas se lyfstrepies (veral die wit strepies) is baie nader aanmekaar as die meer bekende kwaggas.

Ek wonder of daardie nie-blanke renosters nog in dieselfde omgewing is waar julle hulle nou die dag gesien het.

Dankie vir die mooi fotos.

Môre Len

….vra jy? Ek weet jy hoop eintlik dat jy die renosters ook gaan raakry, maar jou navraag klink na 'n stroper se skimplaugh

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/04/2021 - 10:32

Die weer is darem maar wonderlik. Die vorige 2 dae het ons maar lekker gebak hier in die Karoo - en dit nadat ons die eerste oggend die verwarmer in die karavaan aangeskakel het. Vanoggend (04:30) is ons wakker gemaak deur die plons van groot druppels op die karavaan se dak. Maar dit was van korte duur - skaars stof natgemaak.

Tans is dit heeltemal bewolk met 'n koelerige windjie wat liggies waai. Dit is eintlik lekker na die twee (nie uitermate) warm dae.

Maar ons bly maar lekker sleg. Ons ry net in die namiddae sulke kort draaitjies. Ek wou aanvanklik gister in die rigting ry waar ons die renosters die vorige dag gesien het, maar die begeerte om eerder met die pragtige Klipspringerpas na die middelplato te ry, het die oorhand gekry.

Ek was nog die hele oggend besig met e-posse om my kliënte in kennis te stel dat ek finaal aan die einde van Junie heeltemal uit diens tree. Dit is iets wat nog moet insink in my kop, want dit sal uiteraard 'n paar veranderinge teweegbring in ons leefstyl. 

Ons sal eers later besluit of ons wel na die renosters gaan soek. En dan moet ek ook nog wik en weeg oor die stoeptent se afslaan of nie. YR wys 'n klein bietjie reën môre.

Hello Chris B

Gelukkig strek julle vakansie oor die aftree=datum van einde Junie. Dit sal hopenlik help met die aanpassing.

Tog snaaks die sielkunde ding---mens weet dat aftrede vir almal wag, en tog vang dit mens. My datum van einde Augustus storm ook op my af, en ek het nie eers 'n stokperdjie nie.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/04/2021 - 11:11

Aftrede : Nou nie juis van toepassing op Chris se Wildtuin-draad nie, maar omdat hy betrokke is, net gou :-

Ek is nou 13 jaar afgetree en dink terug aan my laaste dag terug van Angola toe ek in die vliegtuig sit oppad Kaapstad toe, huis toe  -  dit was die wonderlikste gevoel wat ek nie in woorde kan beskryf nie.  Ek het my 43 jaar loopbaan in bankwese geweldig geniet en sal dit nooit anders wou gehad het nie, MAAR genoeg is genoeg !  Die jongetjies moes maar oorneem en die spulletjie bestuur soos hulle goed dink.  Ek het nooit 'n vrees vir aftrede gehad nie, net dankbaarheid vir 'n wonderlike loopbaan en nou 'n nuwe lewensfase wat voorlê.

Sterkte vir die ouens wat voor aftrede staan  -  dis wonderlik !

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus