6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Desember 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.

Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 02/12/2021 - 09:18

Goeie môre kamp-vriende !

Dis maar 'm mislike, winderige môre vanoggend hier by ons, maar daar is darem die uitsig van nog 'n bietjie reën teen Sondag.  Ek het ongelukkig geen interessante nuus om met ander te deel nie en hou dus maar my oë en ore oop vir iemand anders om iets op te dis.

Grap van die jaar :   Die foutiewe berekening van die petrolprys !  Wat 'n skande !  Ek wonder watter ander regering berekeningsfoute kwalifiseer om vir hierdie benoeming te kwalifiseer ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/12/2021 - 17:05

Len, ek het vergeet. ☹

Moes vra of hulle ook pensioen afslag gee.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 04/12/2021 - 09:48

Nou ja, is op kalender nou ouer. ☹

Die Exclusive moet nou uit want het paar dinge om klaar te maak met die 3B se pak en kamera.  Maandag oor 'n week wil ek sleep as als goed gaan met die "familie toespraak".

Het gisteraand 5mm 🌧 gehad.

Geniet jou Saterdag. 👍

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/12/2021 - 10:47

Wessel, ek sien jy groet net vir Willem vanmôre -  seker omdat hy gister verjaar het.  Moet ek nou tot Julie wag voor jy my ook gaan groet ?

Willem, sterkte met die koebaai-sê van die Exclusive sodat jy die sage agter jou kan sit.  Ek aanvaar die kopers se finansiering is toe goedgekeur en afgehandel.

Kampmaters : Goeie môre almal van julle.  Bewolk hier by ons vandag en gelukkig het die suid-oos wind darem gaan lê, vir hoe lank weet ek nie.  Daar is darem die vooruitsig van 10mm reën môre hier by ons.

...aan my vriend onder in DA-land, genaamd Len.

Ek het die gewoonte om die persoon waaroor my inset gaan te addresseer. Dit is oop vir kritiek.

Jy gaan nog so wag, dan sleep ek volgende jaar daar by jou "upmarket" tuiste in, vir 'n kuier. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/12/2021 - 12:11

Dit sal baie welkom wees Wessel, hoop nie dit gaan in Meimaand wees as ek in die Wildtuin sit nie !

Môre alle forum vriende

Ons het ook goeie reen deur die nag gehad, 32mm. Vir die hele November darem 99mm gemeet. 

Môre Len

Dankie, maar lyk my dit gaan nie realiseer nie. My dogter trou vroeg in Mei, as Covid dit gaan toelaat, wat beteken ek gaan voor die 5de Mei in Hermanus aankom. 

As jy nou in die wille tuin bly tot laat in Junie'22, kan ons mekaar dalk raak kamp. Die laaste deel van my wildtuin besoek, is in die suide.

Centurion

Voortrekker

Sun, 05/12/2021 - 11:34

Goeiemôre!    Heerlike rustige dag hier in Centurion en die reën basies onophoudelik sedert gistermiddag 5 uur.  (vanoggend 42mm uitgegooi)    

Ek vind myself alleen by die huis aangesien my vrou en die 2 latte se Desember vakansie al blykbaar begin het en hulle vir die volgende maand op Zaagkuil kuier.

Ek is darem nie stoksiel alleen nie.   Hier is 'n liefdevolle worshond, 2 budgies wat hou van gesels asook 'n baie oulike skilpad wat nou vir my loer en wag vir haar sondag pampoen.

Die water moet maar val sodat die pienaarsrivier lekker kan oorloop vir wanneer ek my skerpioen deur die rivier moet vat wanneer ek 16 Desember die vleilande gaan aandurf.  Dan sal ek ook sommer kan kyk hoe my nuwe wranglers die modder hanteer in vergelyking met die vorige HT duelers smiley

O gaats -  ek moet gaan want dit klink of die pampoen oorkook....

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 05/12/2021 - 17:28

Goeie middag kampeer-maters !

Wessel, hoor of jou dogter nie die troue kan uitskuif nie !  Ons gaan mekaar mis, ook in die Wildtuin want einde Mei is ons al terug by die huis.

Ns. Nog 148 dae !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 05/12/2021 - 17:44

Ek wil net gou spog :-

Sondag 5 Desember om 16:40 bel ek Stad Kaapstad om 'n waterlek by my watermeter aan die munisipale kant te rapporteer.  Ek kry die keuse om op Engels, Afrikaans of Khoza bedien te word.  Net daarna antwoord 'n vriendelike dametjie my op Afrikaans.  Binne 'n minuut na ons gesprek kom my verwysingsnommer deur op my selfoon.  45 Minute later is daar 'n klop aan die voordeur : dis 'n loodgieter van Stad Kaapstad om te kom kyk wat gedoen moet word.  Ek word gevra of dit in orde sal wees as hulle môreoggend die herstelwerk kan kom doen en of el daarvoor sal instem.

Dis nou wat ek noem puik dienslewering !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/12/2021 - 05:54

Ek het ook regte soos wat tans deur duisende in ons kele afgedruk word.  Ek is 'n tipe 2 diabeet en het gister besluit dit is my reg om 'n sjokolade-blok te eet ten spyte van die resultaat wat dit tot gevolg gaan hê.  Gou vanoggend my suikervlak getoets en sal maar liewer nie daaroor spog nie. Die mediese wetenskap het my gewaarsku van die risiko wat hierdie mensereg van my op my gesondheid het, maar ek wou nie luister nie.

Dog ek sê maar net.  O ja, goeie môre !

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus