Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.
Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Het gister nag 10mm 🌧 gehad.
Geniet julle dag voluit. 👍
GM !
Goeie môre kamp-vriende !
Dis maar 'm mislike, winderige môre vanoggend hier by ons, maar daar is darem die uitsig van nog 'n bietjie reën teen Sondag. Ek het ongelukkig geen interessante nuus om met ander te deel nie en hou dus maar my oë en ore oop vir iemand anders om iets op te dis.
Grap van die jaar : Die foutiewe berekening van die petrolprys ! Wat 'n skande ! Ek wonder watter ander regering berekeningsfoute kwalifiseer om vir hierdie benoeming te kwalifiseer ?
Dit laat n mens wonder…
Dit laat n mens wonder hoeveel ander berekende foute daar is wat ons nie eers van weet nie, soos by Jan Tax byvoorbeeld.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, gaan die Ford vandag haal en sy een keel ook oop maak.
Geniet jou dag voluit.
Willem, onthou om vir Syd's…
Willem, onthou om vir Syd's Suspension te sê jy verjaar vandag en wat gaan hulle daaromtrent doen ?
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, is op kalender nou ouer. ☹
Die Exclusive moet nou uit want het paar dinge om klaar te maak met die 3B se pak en kamera. Maandag oor 'n week wil ek sleep as als goed gaan met die "familie toespraak".
Het gisteraand 5mm 🌧 gehad.
Geniet jou Saterdag. 👍
Exclusive nog by jou?
Hello willem
Ek dog die wa is reeds onder jou voete uit.
Wessel, ek sien jy groet net…
Wessel, ek sien jy groet net vir Willem vanmôre - seker omdat hy gister verjaar het. Moet ek nou tot Julie wag voor jy my ook gaan groet ?
Willem, sterkte met die koebaai-sê van die Exclusive sodat jy die sage agter jou kan sit. Ek aanvaar die kopers se finansiering is toe goedgekeur en afgehandel.
Kampmaters : Goeie môre almal van julle. Bewolk hier by ons vandag en gelukkig het die suid-oos wind darem gaan lê, vir hoe lank weet ek nie. Daar is darem die vooruitsig van 10mm reën môre hier by ons.
spesiale woord van welkom.....
...aan my vriend onder in DA-land, genaamd Len.
Ek het die gewoonte om die persoon waaroor my inset gaan te addresseer. Dit is oop vir kritiek.
Jy gaan nog so wag, dan sleep ek volgende jaar daar by jou "upmarket" tuiste in, vir 'n kuier.
Dit sal...
Dit sal baie welkom wees Wessel, hoop nie dit gaan in Meimaand wees as ek in die Wildtuin sit nie !
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Het 65mm 🌨️ gemeet. 👍🏻
Geniet julle dag verder.
Brits is nat
Môre alle forum vriende
Ons het ook goeie reen deur die nag gehad, 32mm. Vir die hele November darem 99mm gemeet.
Sal jou kontak
Môre Len
Dankie, maar lyk my dit gaan nie realiseer nie. My dogter trou vroeg in Mei, as Covid dit gaan toelaat, wat beteken ek gaan voor die 5de Mei in Hermanus aankom.
As jy nou in die wille tuin bly tot laat in Junie'22, kan ons mekaar dalk raak kamp. Die laaste deel van my wildtuin besoek, is in die suide.
Goeiemôre! Heerlike…
Goeiemôre! Heerlike rustige dag hier in Centurion en die reën basies onophoudelik sedert gistermiddag 5 uur. (vanoggend 42mm uitgegooi)
Ek vind myself alleen by die huis aangesien my vrou en die 2 latte se Desember vakansie al blykbaar begin het en hulle vir die volgende maand op Zaagkuil kuier.
Ek is darem nie stoksiel alleen nie. Hier is 'n liefdevolle worshond, 2 budgies wat hou van gesels asook 'n baie oulike skilpad wat nou vir my loer en wag vir haar sondag pampoen.
Die water moet maar val sodat die pienaarsrivier lekker kan oorloop vir wanneer ek my skerpioen deur die rivier moet vat wanneer ek 16 Desember die vleilande gaan aandurf. Dan sal ek ook sommer kan kyk hoe my nuwe wranglers die modder hanteer in vergelyking met die vorige HT duelers ![]()
O gaats - ek moet gaan want dit klink of die pampoen oorkook....
Spog !
Ek wil net gou spog :-
Sondag 5 Desember om 16:40 bel ek Stad Kaapstad om 'n waterlek by my watermeter aan die munisipale kant te rapporteer. Ek kry die keuse om op Engels, Afrikaans of Khoza bedien te word. Net daarna antwoord 'n vriendelike dametjie my op Afrikaans. Binne 'n minuut na ons gesprek kom my verwysingsnommer deur op my selfoon. 45 Minute later is daar 'n klop aan die voordeur : dis 'n loodgieter van Stad Kaapstad om te kom kyk wat gedoen moet word. Ek word gevra of dit in orde sal wees as hulle môreoggend die herstelwerk kan kom doen en of el daarvoor sal instem.
Dis nou wat ek noem puik dienslewering !
GM !
Ek het ook regte soos wat tans deur duisende in ons kele afgedruk word. Ek is 'n tipe 2 diabeet en het gister besluit dit is my reg om 'n sjokolade-blok te eet ten spyte van die resultaat wat dit tot gevolg gaan hê. Gou vanoggend my suikervlak getoets en sal maar liewer nie daaroor spog nie. Die mediese wetenskap het my gewaarsku van die risiko wat hierdie mensereg van my op my gesondheid het, maar ek wou nie luister nie.
Dog ek sê maar net. O ja, goeie môre !
Goeie more uit ń baie nat…
Goeie more uit ń baie nat bosveld!
Mag almal die dag hê wat hulle oor gedroom het!





krismis
Môre môre! Krismis is hier!