6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Is jou spaar styf

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Soos julle inpak en regmaak virrie kamp wanneer laas het jy jou voertuig en woonwa , trailer se spaarwiel nagegaan is hy nog styf en reg as jy in nood is. Is jou gas bottle vas is al die gas fittings nog mooi vas. Maak seker en kamp n hond uit n bos

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 21/10/2017 - 09:49

Ek het dit als nagegaan voor ons Wildtuin trip en gevind die Ford se spaar wat ek laas laat nagaan het is weer pap en het hom weer laat nagaan.  Want in 2015 op pad Hartenbos toe was die spaar op die Ford ook pap toe ek nood een moes ruil.

Secunda

Sleep nou

Sun, 22/10/2017 - 07:14

Deon jy trigger nou iets met jou post ek het glad nie n compressor nie ook nie herstel kid nie dis n moet vir ons wat so afgelee plekke en bos toe gaan

Vaalpark

Johann L

Sun, 22/10/2017 - 08:02

Elke keer as ek die wa skoon maak, kyk ek na die spaar wiel se druk en ook die ekektriese en water kontakte punte.

Het een keer met dooie batery gesit omdat die terminals los was, nou gaan ek alles na.

Goeie punt wat jy hier aan raak Shaun.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/10/2017 - 20:47

Alles waar wat julle sê, maar die opskrif laat my ongemaklik voel.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/10/2017 - 21:20

Len, ek kan jou nie op die dispren meer aanhaal nie, maar ek wonder oor jou vraag wat jou bekomerd.  Is dit die spaar of die styf ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/10/2017 - 09:01

.....dis laasgenoemde, maar kom ons los dit liewer !

Secunda

Sleep nou

Thu, 13/12/2018 - 10:07

Stof die draad ook af so baie gaan op vakansie wanneer laas het jy jou voertuig en wa se spaarband nagegaan doen dit voor jy haak en sleep jy gaan jou self net baie ongerief spaar wink

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/12/2018 - 13:24

Shsun, ek toets voor elke rit alle bande, het my eie kompresser en bande moniteer stelsel  op. 

Willem, weet nie of jy al reg gekom hrt nie, met Ctrl + V, sal die oaste ding doen?

  • Len, ek kan jou nie op die dispren meer aanhaal nie
Secunda

Sleep nou

Sun, 24/03/2019 - 06:10

Het laasweek oppad Boksburg toe gesien hoe staan mense langs die pad toe wonder ek kyk ons gereel na die spaarwiel of le hy maar net daar in vandag se tye wil jy nie as jy bande moet ruil n verrasing kry en agter kom jou spaar is pap nie so gaan loer en kyk jou sleep voertuig en wa se spaar dat hy styf is

Middelburg

Noel

Sun, 24/03/2019 - 07:55

Stem Shaun. Dis is  eie nalagtigheid om nie gereeld bande druk na te gaan nie. Ek oorweeg om vir my n bande druk monitor te aanskaf voor ek karavaan of wa se band verloor. Die wat die monitor het, wil ek net weet indien die band begin warm word of begin druk verloor waarsku die monitor onmiddelik  die bestuurder of moet heeltyd dop hou na die monitor terwyl bestuur.

Vaalpark

Johann L

Mon, 25/03/2019 - 08:55

Noel, daar is paar soorte tpms, die meeste is "af" tot daar 'n begin fout gaan, dan beep die monitor om tewys wat fout is, en ook watter band die fout gee.

Hier is iemand in Pretoria wat dit verskaf,jy kan een monitor met soveel as wat jy sensors nodig het by hom kry.

abraham@tireguard.co.za

Sy na verkoop diens is fantasties.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus