Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -11 minutes ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Pad Umfula Johann L -1 hour ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Geert enigiets is moontlik. … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Geert... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Op die Ark van Noag

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dan maak hy rusie met dié een dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?"

Een aand klop die padda weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?" "Ek weet nie", sê Noag. "Maar ek sê jou wat! Moreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!" "Oo", sê die padda en bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al daarvan gesê?"

 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus