Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Hallo Gerhard,…
Hallo Gerhard,
Goeie werk ! Ek is nuut hier by die forum en nou eers die onderwerp gesien, Het jou wa ook die gladde aluminium sykante ?
Freda het hierbo genoem van my Jurgie, 1969 11a deluxe.
Hallo neef Herman
Hallo neef Herman
Baie dankie. Ek het Jurgie se storie gesien en gelees waar dit geplaas is. Ek het gegoogle en op die storie afgekom. Ek moet ook sê dis baie goeie werk wat op Jurgie gedoen is. Ek probeer om die "Ou Lady", (soos almal hier haar gedoop het) so na moontlik aan oorspronklik hou. Die uitleg bly maar dieselfde maar die mure gaan wit geverf word en die kassies 'n ligte cream en dan moet sy buite weer wit en beidge gespray word.
Dankie sommer aan almal wat hier lees altyd.
Bietjie verf werk ook gedoen...
Neef Herman skies ek sien nou ek het nie gesê nie, maar ja die sykante is die gladde plaat.

Bietjie verf werk ook gedoen vandag. Ek het gister die skuins kassie se deure uitgehaal en vandag begin regmaak so tussen die werk hier by die huis.

Eers die grysplak papier afgetrek.
Gom verwyder met bezine op die oorspronlike kleur
En die eerste laag verf gedoen.
Lekker besig…
Lekker besig...
Ek is ook weer besig met restorasie, maar sal dit op 'n ander forum moet gaan plaas. My amper 20jr oue Wharfedale PA sisteem word heeltemaal oorgebou
nadat dit vir meer as 5 jaar in stof afgeskryf en gebroke was.
Lekker...
Lekker Anton, geniet dit. Altyd lekker om iets te bou.
Ja, Marelize kla ek is te besig en rus te min, ek slaap mos so 5 - 6 ure elke nag
. Ek het die heeltyd iets om te doen en dan help ek nog graag uit in die huis met die werk nou terwyl sy leer vir die eksamens.
Daai skuins kassie
It was pure genius that conceptulised and put that kassie together.... One of the very best cupboard designs I've ever had the good fortune to come across.
The way it slants back at the bottom to give better counter and general space utilisation is brilliant...
UNLIKE... the latest offering from the new bunch of clowns, the Gypsey WIMPY
I had occasion to pop my head into one on Saturday
So, you come in at the door. On the left is an Island bed under the front window.
There is no bedding on the bed which WILL make the bed bigger..... Bear this in mind for a wee while
On the opposite wall is a cupboard at the R corner of the bottom of the island bed.....
All good so far....
The you open the cupboard door and there are 2 little draws at the bottom of the cupboard
So... YOU CAN'T BLOODY WELL OPEN THE DRAWS ! WHY? Because the cupboard door can't open enough because it fouls on the corner of the yet unmade bed!
AND FOR THIS CRAP THEY EXPECT YOU TO SHELL OUT R160 000.00 !!!!!!
So to carry this particular beef one step further....
Anyone got a write-up of either the Jurgen's lite or the Wimpy from Caravan and outdoor magazine?
I'll bet a steakhouse meal that they say it's the best thing since sliced banana-bread and everyone must immediately run out and buy one......
And there people is exactly what is wrong with this industry..... Nobody is prepared to tell it like it is because there is only one player in the field....
Rant over.......................
Sorry GerhardM ....... Jy En Neef het goud beet... Daai waan's van julle is van die beste wat ooiit gemaak is..... Bly om te sien dat U soo veel mooite maak om hom weer te laat blink...
Yskas kassie voorberei vir die blad
Yskas kassie voorberei vir die blad. Kry morê die blad en dan gaan hy volgende week in.
Die kassie is bietjie laag gewees vir die yskas en moes lig, maar ons het besluit om 'n mooi rantjie bo te maak om anders te lyk as die normale kassies. Al die skroewe kry daai plastiek doppies sodra die verfwerk afgehandel is.
Voor die tyd.
Na die tyd
Nou net aluminum op die 2 hoeke bysit
Die einde is al amper insig...
Die einde is al amper insig. Die soliede blad is op die kas en die binne rak is bietjie nuut gemaak.
Voor
Na
Het die vakansie bietjie meer tyd om in die week ook te gaan werk as my werk by die skool klaar is.
Begin nou mooi lyk. Sien jy…
Begin nou mooi lyk. Sien jy het toe die kragprop teen die muur om gedraai.
Vandag se seel werk
Seel al die laste met stonechip oor dit maklik deur die son stukkend brand soos silcone nie.
Voor
Agter
Die maak is Noval...
Die maak is Noval, ek kan more kyk op die bottel presies wat dit is.
In Wierdapark gaan koop vanoggend.
Ek vra want ek het onlangs…
Ek vra want ek het onlangs gekry by chamberlains teen R82 vir 1L houers. Ek dink dit is nie te sleg nie?
Ek het...
Ek het R45 vanoggend betaal vir die 1 liter.
Ek het 'n kwotasie by die plek gekry vir die 'Ou Lady' se verf ook vanoggend. Dis R270 vir 5 liter wit QD verf en R350 vir 5 liter khaki QD verf. Die thinners is R95 vir 5 liter. Ek gaan my bonus se ogies nou druk einde Julie tot hulle traan maar die 'Ou Lady' het haar nuwe kleure teen Desember ook op.
Hulle is in..
Hulle is in winkel 2, 186 Koedoe str. Tesla auto paint.





Dankie
Dankie.
Oom Johan, ek dink oom is reg.